Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

GOD BEANTWOORD ELKE VRAAG DEUR DIE HART
Deel 2: B.D.7859 - 27 Maart 1961
Dat die mense so maklik ten prooi val tot die dwaling lê daaraan, dat hulle houding teenoor My nog nie heeltemal in orde is nie, ook, al het hulle die wil daartoe, dit wil sê, as hulle in die wil lewe om My te dien. `n Voortdurende verbinding met My, sal hulle waarlik teen dwaling bewaar, dit wil sê, hulle sal dit as sodanig herken.
Hierdie band is egter nog nie diep genoeg nie, en sodoende dring hulle gedagtes wat nog altyd aards is, op die voorgrond, en wat met die verstand aangeneem en oordink word.
Die verstand vra egter dikwels die medemens om raad, en hy kan, as hy ook nie innig genoeg met My verbonde is nie, ook verkeerde raad gee. Daarom kan Ek ook maar selde die suiwer waarheid na die aarde stuur, omdat die innigste verbinding met My daartoe nodig is, wat alle tussenbeide kom van ander kragte verhinder. En daarom behoed slegs die mens wat hierdie innige verbinding met My tot stand gebring het, homself van verkeerde invloede of dwaling en sal iedere invloede van buite af afwys, en sal slegs luister na wat Ekself vir hom sê deur die hart.
Wel is dit My Wil dat u mense, u verbind in liefde, dat die een die ander versterk en ondersteun in die geloof, dat u as broeders teenoor mekaar staan en gesamentlik na My as u Vader streef. Maar Ek wil ook dat elkeen persoonlik kontak met My maak. Ek wil dat u self by My om raad kom vra, dat u self met alle geestelike en ook aardse bedes na My toe kom - sodat Ek dit vir u kan vervul.
Ek wil `n direkte verbinding met My hê, as dit om persoonlike vrae en wense gaan. Terwyl Ek andersyds vir u My tussenpersone en bodes stuur wat u moet aanhoor; as u geestelike onderrig moet ontvang wanneer My evangelie tot u gebring moet word. Begryp dat Ek deur My werktuie tot u sal spreek en dit altyd sal doen, as dit daarom gaan dat `n geestelike kennis aan u oorgebring moet word, omdat u self nog nie in staat is om so `n leer of diepere wyshede direk aan te neem nie. Dan sal Ek steeds sê; luister na My bodes en vervul My Wil.
Maar nooit sal Ek u leringe deur u medemens laat toekom, behalwe die met geestelike inhoud nie, omdat u met elke persoonlike versoek self na My toe moet kom. U moet leer om onderskeid te maak tussen die "stuur van My Woord" en die "persoonlike aanspreking" wat elkeen kan ontvang wat self innig met My verbind is, terwyl My woord `n spesiale tussenpersoon of opnamehouer nodig het om as stroom van die Gees daar te kan invloei. En u moet daarom ook oplettend wees en weet dat u maklik in die valkuil (van die dwaling) kan stort, want waar My teenstander nog `n menslike swakheid bemerk, kan hy maklik binnesluip en dit self tot sy nut gebruik. Maar u kan hiervan seker wees, dat Ek My woord sal beskerm teen elke dwaling, teen die invloed van My teenstander omdat Ek u mense na die waarheid wil lei.
Maar u moet nie elke Woord ligtelik glo wat u tegemoet kom, as dit geestelik oorgebring word nie. U moet ernstig ondersoek of die inhoud slegs van geestelike aard is, of dit die ryper word van u siel ten doel het, of dit dan van My af, vir die heil van u siel gegee is, en bestempel is. Maar u eie begeertes moet u self aan My toevertrou en Ek sal ook u dan self aanspreek deur die hart en u sal dan ook weet wat u moet doen of laat staan.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205