Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

SELFONDERSOEK VAN `N TUSSENPERSOON
B.D.8783 - 18 Maart 1964
Ook dit sal u eens tot seën strek, dat u die verleidinge weerstaan het, dat u u toevlug tot My geneem het in alle nood en innerlike benouenis en dat u weer `n wilsproef mag aflê, oor dit wat die heerskappy oor u verkry het.
Ek moet alle versoekings toelaat, want slegs deur stryd kom u tot die oorwinning en elke versoeking is `n beproewing van die sterkte van u wil, om daarvoor uit te kom wat u as die waarheid insien. Verblindende skynligte sal steeds weer u oë verswak. Weer word u in innerlike twyfel gedompel of duik daar vrae op, maar aan uself lê dit nou tot wie u uself wend om alle twyfel op te los en op alle vrae `n antwoord te ontvang. En geseënd is u as u uself dan altyd slegs tot My wend, u God en Vader van die Ewigheid, wat die Waarheid is en hierdie waarheid wil Ek skenk aan elkeen wat die waarheid begeer.
En weer moet Ek vir u sê dat die vrye wil van die mens die verklaring vir alles is. Hy word nie gehinder om `n rigting in te gaan wat van die waarheid afwyk nie; en elke mens word vanuit die geestelike ryk beïnvloed, ooreenkomstig sy geestestoestand. En so sal sy denke ook min of meer volgens die waarheid wees. En op sy gedagtes bou hy vir homself nou `n sienswyse op, maar hy is nie daarvan seker of dit uit die Ewige waarheid afkomstig is nie.
En wederom word die wil van elke mens afsonderlik beoordeel of hy sy medemens iets wil skenk, of hy hulle wil help en of die motivering van sy algehele doen en late goed is, of hyself dus liefdevol is en sy medemens gelukkig sou wil maak. En ooreenkomstig daarmee sal hy ook korrek dink. Hy mag egter nie reeds self `n basis geskep het waarvan hy nou uitgaan nie.
En daar moet u besonder baie belang aan heg, dat die oorsprong van sy opvattings vasgestel word. Want 'n hele berekening kan nie klop as daar reeds in die begin `n berekeningsfout ingesluip het nie. Daarom is slegs die suiwer waarheid steeds gewaarborg, wanneer dit homself in `n leë houer kan uitstort, wanneer Ekself die Bron is en die kragstroom van My liefde kan laat binnevloei in `n houer wat totaal geledig is. Dan kan Ek `n mens van die grond af onderrig en dan is sy verkeerde gedagtes uitgesluit, want dit kan nie naas die suiwer waarheid uit My bestaan nie, dit word onmiddellik as vals herken en dit word daarom nie aangeneem nie. En so 'n selfondersoek moet elke mens in homself verrig wat as tussenpersoon tussen My en die mensdom werksaam wil wees en haar die waarheid sou wil laat toekom.
Vir die geesteswêreld staan alle moontlikhede oop om hulleself van `n mens Heer te maak, sy wil aan hulle te onderwerp en dan deur die mens te werk, of dit nou in `n goeie of in slegte sin is, dit beslis die mens self wat homself aan geestelike kragte oorlewer - dat hulle hulleself deur hom kan uiter.
Daar bestaan in die geestelike wêreld soveel verskillende grade van ontwikkeling, dat die mededelinge daaruit ook heeltemal verskillend is. En u, mense, het nie altyd die gawe van onderskeiding wat nodig is om seker te wees van die waarheid nie. Daarom sal u steeds van die kant van die ligwêreld daarop gewys word om uself so te omvorm, dat die werksaamheid van die Gees in die mens moontlik is. Dat Ekself, as die Geestesgees van ewigheid, deur die geesvonk in u, My kan uiter. Dan kan u daarvan verseker wees dat die suiwer waarheid vir u gestuur word.
Ekself dui u steeds die kenteken van die werksaamheid van die goddelike Gees aan, dat u opheldering gegee word oor Jesus Christus en Sy verlossingswerk. Want u, mense, leef almal vergeefs u aardse lewe as u die weg nie na Hom gaan vind nie, Wie u alleen kan bevry uit die mag van My teenstander, Wie alleen die oersonde kan delg wat bestaan uit die afval van weleer van My en wat alleen die krag om vry te word, kan skenk deur Sy, aan die kruis verworwe barmhartigheid om u wil te versterk. Eén bring u tot `n val en Een kan en sal u verlos en weer tot Homself ophef. Hierdie Een moet herken en erken word as Verlosser van die wêreld in Wie Ekself My beliggaam het, en die verlossingswerk vir die mense volbring het.
As die kennis daaroor nog nie helder en duidelik vir u ontsluit word nie, is u ook nie deur Myself onderrig nie, en u dwaal solank in die duisternis van Gees tot u die lig gevind het, wat regstreeks van My uitstraal en elkeen word vervul wie sy hart maar open en aanneem wat Ek self aan hom probeer oordra - direk of indirek. Maar hy moet ook uit die diepste van sy hart na die waarheid verlang, dan sal hy dit ontvang en ook die volle insig verkry vir dit wat hom uit die geestelike Ryk aangebied word.
Ek kan nie anders as om My woord direk aan u, wat die suiwer waarheid is, te laat toekom nie. Dit staan u vry om dit aan te neem of om vreemde geestelike leringe u eie te maak, wat u weliswaar ook sal aanspreek, maar altyd verblindende ligte sal bly wat geen effek sal hê op u siel nie. Sodra u uself egter opreg tot My wend, dat Ek u gees kan verlig en u die korrekte gevoel kan gee vir wat waar en wat vals is, sal u hierdie bede nie vergeefs uitgespreek het nie, want Ek behoed elkeen teen dwaling wat ernstig na die waarheid verlang. Maar Ek hinder ook nie My teenstander nie, wat alles sal probeer om u denke te verwar en u idees en opvattinge in oorweging te gee wat teenoorgesteld is van die waarheid. Want tot die einde toe sal hy teen die waarheid veg, aan die einde egter, sal Ek u ook `n lig stuur wat u geloof bevestig en u salig sal maak.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205