Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

DIE BARMHARTIGHEID OM DIE WOORD TE ONTVANG, LÊ VERPLIGTINGE OP,
B.D. 7878 - 25 April 1961
... ten eerste, die deurgee van wat van bo tot u kom; en ten tweede - die instaan teenoor die medemens vir dit wat u as waarheid insien. Dit dien tot niks wanneer u, wat My Woord in ontvangs neem, self tevrede is met die kennis wat u toekom. U self moet die kennis in alle oortuiging deurgee aan u medemens wat dit kortkom. En u moet u nie in die war laat bring deur teenwerpinge nie, want dit kom altyd van mense, terwyl Ek Self u tog die suiwer waarheid verskaf, en wat altyd sal standhou teen sulke bedenkinge. Sodoende het Ek wilskragtige dienare nodig, wat self instaan vir dit wat hulle ontvang. En hulle sal ook altyd duidelik kan beoordeel waar daar dwaling is - en sal daarteen ingaan, omdat hulle in My diens hierdie plig het as getroue knegte in My wingerd.
Ek stuur daarom die waarheid na die aarde toe, omdat u mense lig nodig het, omdat u in duisternis rondgaan, omdat u baie misvattings aangebied word en nog steeds aangebied word. Slegs die waarheid voer u na saligheid, die dwaling verleng die weg na die doel, want dit sal steeds hierdie weg verduister - sodat u, mense, op syweë gaan en daar `n langer tyd vir u nodig sal wees, totdat u op die regte weg na omhoog aangekom het, op die weg van die waarheid, waar die lig u verlig wat na die aarde straal, terwille van u heil.
Verheug u tog dat u helder lig mag ontvang en gebruik die lig. Gaan die weg wat u gewys word, hou u aan My Woord wat van bo na u gebring word; wat My dienare vir u bring in My opdrag en waar hulle met reg ook voor kan instaan as suiwer waarheid aangesien hulle dit van My ontvang het.
En waar u, mense, nou 'n duidelike werking van die Gees kan vasstel, daar is die suiwer waarheid uit My. En neem dit aan, maar vermeng haar nie met leringe waarvan die oorsprong twyfelagtig is nie. En omdat Ek wil dat die waarheid uit My onvermeng behoue sal bly, maak Ek dit ook tot `n plig vir hulle wat haar van My af ontvang, dat dit wat van My uitgegaan het, met alle standvastigheid uitgedra word. Want hulle sal ook weet dat hulle My daarmee dien, omdat hulle die oorgrote barmhartigheid insien van hulle wat dit ontvang deur My Gees.
Wanneer die suiwer waarheid dus in gevaar is, om misvorm te word, moet dit deur waaksame oë behoed word, want My teenstander benut elke geleentheid wat homself aan hom voordoen, om die waarheid uit My magteloos te maak. En hy slaag, sodra vreemde opvattinge en idees toegevoeg word wat deur die menslike verstand bedink is – en wat nie as die inwerking van die Gees bestempel kan word nie.
My Woord moet wel verbreiding vind, maar in alle suiwerheid moet dit so vir die medemens aangebied word, asof dit van My Self uitgegaan het. En dat die woord suiwer sal bly, daarvoor sal My knegte sorg dra, in soverre dit in hulle mag lê. Want die saaigoed moet nie verontreinig word nie, sodat dit goeie vrugte kan afwerp.
Wie Ek egter `n amp gee, hom gee Ek ook die krag om dit uit te oefen. En daarom sal Ek u ook steeds so lei dat u oog gerig word na waar u werk nodig is, waar u u amp kan uitoefen. Ek sal u gedagtes korrek lei, sodat u werksaam sal wees in My Wil. Want om My woord te ontvang is `n barmhartigheid van die grootste betekenis, en wie My wil dien, die sal ook altyd My ondersteuning ondervind, hy sal steeds die weg gaan wat volgens My Wil is.
Ekself sal hom lei, Ekself sal sy denke korrek rig en Ek sal hom die krag gee om volgens My Wil werksaam te wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205