Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

GEESTELIKE WERKSAAMHEID MAG NIE VIR MATERIËLE GEWIN AANGEWEND WORD NIE
B.D.6391 - 4 November 1956
Wat u aan barmhartigheidsgawes gestuur word, dien slegs tot voltooiing van die geestelike in u. Dit is geestelike goedere wat op geen enkele wyse `n uitwerking het om aardse gewin op te lewer nie, omdat al die opwaartse strewes dan ongegrond sou wees as hierdie geestelike goedere terwille van aardse voordeel ontvang of deurgegee sou word.
En slegs hy sal vir My `n ware dienaar wees, wat homself vry van alle materiële verlange, hom daarvoor insit om dit verder aan die medemense deur te gee. Want die suiwer geestelike mag nie met aardse doeleindes vermeng word nie, omdat dit vir die geestelike `n verkleinering sou beteken.
Verlossingsarbeid moet in liefde plaasvind. `n Liefderike hart moet geestelike goedere ontvang en dit met `n liefdevolle wil tot hulp deurgee, dan eers sal dit `n uitwerking hê op die mense. Elke materiële samehang met geestelike kennis het `n nadelige uitwerking, want iets wat uit die hoogte kom, verdra geen materiële strewes nie, omdat dit eerste van sy Gees ontdoen word.
Maar onthou dit goed, dat Ek weet wat by u mense ontbreek en dat Ek waarlik niemand, wat vir My onbaatsugtig werksaam is, gebrek sal laat ly nie. En so sal Ek ook altyd helpend ingryp waar materiële hulp nodig is om geestelike leringe en opvattinge na die mense te bring. Dog dit moet vir u maar altyd slegs My sorg wees. U sal daarom ongehinderd besig kan wees, solank dit u wil is om slegs My en die verlossingswerk te dien. U sal dan steeds die korrekte weg gaan. U maak dan ook `n begin met die korrekte arbeid. U kan u dan op u gedagtes verlaat, wat na mate van u ywer om te werk, gelei word. Ek kan slegs mense gebruik wat belangeloos afstand gedoen het van die aardse as dit daarom gaan om My Woord uit die hoogte te ontvang en te versprei. Elke materiële gedagte in verband daarmee bring hierdie arbeid in gevaar. Die volste vertroue op My hulp bevorder egter hierdie arbeid en verseker u tewens `n sorgvrye aardse bestaan, omdat Ek dit self vir u kan bied as u volkome vertrou. U moet weet dat u volle wil `n buitengewone magtige faktor is, wat alle hindernisse uit die weg ruim. U moet weet dat u geestelike arbeid iets teweeg kan bring, waar oorgrote materiële skatte nie teen kan opweeg nie.
Daarom mag angstige gedagtes om die aardse voorsienigheid hierdie liefdevolle wil nie verswak nie, waar in geestelike opsig mateloos baie van afhang. Wat is dan wel die kort aardse lewe teenoor die ontsettende kwellinge van wesens, wat u kan beëindig?
Opgewonde en met vreugde sou u offer, as u wesens in hulle toestand en hulle smekende gebare hulp sou kan aanbied. Die armsalige lewe wat u lei sou u onberoerd laat - en u sou steeds net wil dien en help. En u kan hul deur liefde help. En Ek berei vir u `n vreugde wat u waarlik beloon; want slegs die liefde is die middel om te verlos. Die liefde tot My gee u lig en krag en die liefde tot die onverloste wêreld gee nog verder lig en krag en trek ook tallose siele uit die diepte omhoog. Dit is bewustelike verlossingsarbeid wat u verrig en wat daarom nooit sonder sukses bly nie.
Hierdie sekerheid moet u verbly, en tot `n steeds yweriger arbeid aanspoor. U moet u van alle aardse sorge ontdoen en nooit op `n aardse gewin deur u geestelike arbeid hoop nie. Wat u nodig het, gee Ek u. Dat Ek u onbegrensde geestelike kennis stuur moet vir u egter ook die bewys wees dat u dit nodig het, omdat u daarmee weer tot seën in die arbeid kan wees by die wat onverlos na die ryk hierna heengegaan het. Gebruik wat u besit en maak u nie besorg oor dit wat u ontbreek nie; want alles wat u vir liggaam en siel nodig het, word vir u deur My gestuur.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205