Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

"EK BLY BY U TOT AAN DIE EINDE VAN DIE WÊRELD"
B.D. 7681 - 24 Augustus 1960
Ek wil u My Trooster stuur, die Gees van die Waarheid. U almal het die vermoë om die stem van My Gees in u te verneem, want `n deeltjie van My Self, `n Geesvonk van My goddelike Gees, wat die Liefde is, lê in u en Sy sal Haarself ook steeds met My kan verbind. My Woord sal deur Haar in u binnestraal, want hierdie Geesvonk is `n uitstraling van Myself wat u doeltreffend sal raak as u daarop voorbereid is. Solank u uself geïsoleerd hou van My, hou hierdie Geesvonk haarself ook in u stil. Verbind u uself met My, dan staan die Geesvonk ook in kontak met My en sy kan u alles oorbring wat nou van My aan lig en krag uitgaan. Sy kan u die suiwer waarheid uit My laat toekom, en u kan deur die ontvangs van hierdie waarheid toeneem in insig, dus uit die donker van die nag na buite tree in die lig van die dag.
Ekself het u dit beloof toe Ek op die aarde geleef het, dat Ek u nie meer alleen sal laat tot aan die einde van die wêreld nie. Ek wys u op "die werksaamheid van My Gees" in u, Wie u vertroud sal maak met die waarheid, want tevore was die siel nog met die oerskuld belas, wat dit onmoontlik gemaak het dat die verbinding van die mens met My so innig was dat hy My stem in homself kon verneem.
Want die verlossing deur Jesus Christus, wat die groot skeiding tot My ophef, moes eers plaasgevind het. Die mens moes My baie bewustelik erken het in Jesus Christus. Hy moes dus die terugkeer aanvaar vanuit sy wil het, wat hom dan ook weer die aanstraling van My liefdeskrag oplewer en hom die weerklank van My Woord in homself verseker, as dit sy wil was. As hy homself bewustelik oopstel en nou die Geesvonk in homself aanleiding gee om haarself te verbind met die Vadergees van ewigheid.
Daartoe behoort slegs die ernstige wil, om in My Wil binne te gaan. Daartoe is die erkenning van Myself nodig, aan Wie die wese eens sy erkenning ontsê het. En daarvoor is `n lewe in liefde nodig, omdat My Gees homself nou kan uiter, soos wat Ek dit beloof het. Liggaamlik kon Ek nie by u mense bly nie, maar Ek gee u die troos om My Gees te stuur en dus altyd "by u te bly tot aan die einde van die wêreld". En hierdie belofte moet u ernstig neem. U kan altyd van My teenwoordigheid bewus wees en bly, u hoef dit maar self te wil dat Ek by u aanwesig is. U hoef slegs die verbinding met My tot stand te bring in gedagtes, in die Gees of in die werksaam wees in liefde.
Dan sal u My ook voortdurend kan verneem, want Ek Self is in u en die Geesvonk verloor nimmer die verbinding met die Oergees van ewigheid nie, slegs kan hy homself nie uiter as die mens homself nie oopstel in vrye wil nie, as hy nie self luister om te hoor wat die Gees uit My deur die Geesvonk aan hom oorbring nie.
En sodoende lê dit steeds net by die mens self, dat hy die vonk in homself laat ontbrand, dat hy hom die moontlikheid gee om homself te openbaar, dat hy My Self vra dat Ek by hom mag wees, hom onderrig en bekend maak met die waarheid volgens My belofte.En Ek sal hom waarlik as `n Trooster tersyde staan. Ek sal hom binnelei in die waarheid, Ek sal Myself aan hom bewys deur My aanspreking. Ek sal by hom wees en bly tot aan die einde.
AMEN

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205