Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

WIE MY GEBOD ONDERHOU... NA HOM TOE WIL EK KOM EN MY AAN HOM OPENBAAR
B.D.4107 - 19 Augustus 1947
Laat My tot u spreek op alle plekke, te alle tye en in alle lewensomstandighede, in vreugde en leed, in nood en sorge van liggaam en siel, deurdat u u gedagtes na My wend en verlang om My stem te hoor.
Ek wil tot u spreek en elkeen wat My woorde verwag, sal van My verneem. Want Ek het u die belofte gegee dat Ek My wil sal openbaar aan hom wat My liefhet en My gebod onderhou, wat My dus tegemoet snel en in die liefde leef.
Wie My gebod vervul, die sal ook my taal herken, hy sal My openbaringe aanneem en gelukkig wees in die besef, dat Ek tot hom spreek. Om die kennis, die woorde van liefde van My te verneem, sal hom gelukkig maak, en des te inniger sal hy na My toe kom en met steeds meer verlange na My Woord luister in stilte. Hy sal sy hart vir My open en Ek sal by hom ingaan, My intrek neem in sy hart en My met hom verbind en voortdurend omgang met hom hê.
En dit is die toestand waarna u mense, almal op aarde strewe: Deur die woord in blywende verbinding met My te staan, in u gedagtes hierdie verbinding tot stand te bring en in salige vereniging met My, My vlees en bloed te geniet, dit wil sê, My krag tot u te neem. En as u hierdie stadium bereik het, dan kan u self met `n geruste hart soos een van My kinders voel, en u kan met elke versoek soos `n kind na die Vader kom. U mag uself bemind voel en u hoef u oor geen aardse nood ongerus te maak of verlate te voel nie, want Ek is nou altyd by u. Ek waak oor elke tree wat u gee, Ek lei en behoed u en Ek vervul aan u elke versoek wat u in Gees en in waarheid tot My rig. Want Ek hoor u roep, al word dit nog so stilletjies na My opgestuur. Want Ek het u lief, u wat na My toe wil kom. En omdat oorgrote liefde My steeds met u verbind, sal Ek dit ook nie toelaat dat u verdwaal as u voor `n kruispad kom en nie weet waarheen u uself moet wend nie. Ek sal u saggies lei na die goeie weg. Ek neem u by die hand sodat u nie struikel nie, Ek verlig vir u die weg wat donker geword het as u nie meer in staat is dit te herken nie.
En weer sal u My stem steeds mag verneem, en dit sal u die sekerheid gee dat Ekself by u is. U moet die aarde slegs as `n oorgangstasie beskou om op haar die graad te bereik wat My nabyheid toelaat. En het u hierdie graad bereik, dan hoef u aards nie die geringste meer te vrees nie, want dan is u as begenadigde van die geestelike Ryk aangeteken - en hierdie sal hulle doel onherroeplik bereik.
Wat u dus nog aards opgelê word, dit moet u nie laat skrik nie, want dit is maar `n verbygaande periode van baie korte duur, wat u nie meer net aflê nie, maar in voortdurende geselskap met My, waardeur u ook teen alle onheil gevrywaar bly. Harte waarin Ek vertoef, is onherroeplik van My, en wat in My besit oorgegaan het, laat Ek vir ewig nie meer los nie. Hierdie versekering moet vir u die lewe ligter maak, u moet aan haar geloof skenk en u steeds soos My kinders voel wat onder My leiding sekerlik na u Vaderhuis sal terugkeer.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205