Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

DIE STEM VAN DIE GEWETE
B.D. 7698 - 13 Augustus 1960
U moet na u voleinding gelei word en u het My ondersteuning daartoe nodig, want alle krag het u eens weggegee en u het swak, liglose skepsele geword wat so lank in die diepte moes bly, tot My liefde u vasgegryp het en u uit die diepte omhoog gehelp het. Nou is u wel al in `n sekere graad van rypheid, maar dit is nie voldoende om u die weg opwaarts te waarborg wat u nog moet aflê tydens u aardse lewe nie.
U het My krag en My leiding daarvoor nodig. En as u nou self van u swakheid bewus is en om u heen kyk vir hulp, dan staan Ek reeds aan u sy en wag slegs dat u My om My bystand versoek. Maar die versoek moet u in vrye wil tot My rig, omdat van My kant geen enkele dwang op u wil uitgeoefen sal word nie.
Dog Ek is te alle tye bereid om u die gevraagde hulp te verleen, soos wat Ek u ook altyd van krag sal voorsien as u dit maar begeer. En omdat in u die verlange daarna opgewek word, laat Ek u soms u swakheid en duisternis besonder sterk voel. Dit is slegs `n teken van My liefde vir u, omdat Ek daardeur u vir My wil wen, omdat Ek u wil beweeg dat u My vrywillig om hulp sal vra.
Daarom moet u vereers in My glo. Ook word u op hoogte gebring dat daar `n goddelike Skepper is, wat u maar net hoef aan te neem om daaroor na te dink en u is dan met `n goeie wil ook in staat om te glo. U kan verseker wees dat Ek u tot `n vaste geloof sal bring, as u slegs die wil het om korrek te dink en te handel, as u slegs aan die innerlike stem gehoor gee, wat u altyd die korrekte weg sal wys.
My stem klink in elke mens as die stem van die gewete, maar daarna kan geluister word, of ook nie na geluister word nie, en dit hang slegs af van die wil van die mens self. So sal die stem van die gewete die mens ook in kennis stel van wat goed en wat verkeerd is; hy word deur die stem van die gewete onderrig oor die grondwet, oor die liefde, want as mens weet hy presies wat hom vreugde verskaf en wat vir hom welbehaaglik is en wat hom leed en ellende bring. Daarom kan hy ook teenoor die medemens so handel as dit hulle tot welsyn dien, en hy kan hom teen skade aan sy liggaam behoed.
So kan die liefde in hom dus ook ontwaak, en met die liefde kan die lig van insig hom ook verlig, Elke mens kan tot `n korrekte denke en handeling kom, want vanuit My is die fynsinnige gevoel in hom gelê wat deur die "stem van die gewete" tot uitdrukking kom. En sodra hy aan hierdie stem aandag skenk, kan sy wese, wat in die begin van sy beliggaming as mens nog sterk met eieliefde behep is, homself verander tot naasteliefde. Dan is die sekerheid ook gegee vir `n sterk lewende geloof in My - sy goddelike Skepper.
Dan sal hy ook spoedig in My sy Vader herken, wat hom liefhet en na Hom toe wil kom. Hy sal hierdie verbinding nastrewe in vrye wil en Ek sal hom steeds nader na die voltooiing kan bring, want Ek skenk elke mens die hulp. Ek laat geen mens in swakheid en onwetendheid nie. Ek is en bly sy Leier sy hele lewe op aarde deur, solank hy homself nie teen My verset nie, solank sy wil homself deur die stem van die gewete laat beïnvloed. En dit sal steeds geskied wanneer die siel van plan is om die doel van die aardse lewe te bereik. Dan kan die mens altyd daarvan verseker wees dat van My kant af alles gedoen was om hom te help om homself te voltooi, dat hy nooit aan homself oorgelaat word nie en dat hy ook sekerlik sy doel sal bereik. AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205