Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

WAT IS ONDER "SKYNLIGTE" TE VERSTAAN?
B.D.6639 - 8 September 1956
Omdat die mense hulleself steeds verder van die waarheid verwyder, word die geestelike nood steeds groter, want hulle besit geen oordeelsvermoë meer nie. Dwaling en leuen skyn vir hulle geloofwaardiger te wees as die suiwer waarheid en die bring daarvan word steeds moeiliker, juis omdat hulle denke verward is deur die invloed van hom wat teen die waarheid is, omdat hy teen God is - en wat daarom alles doen om die mense verward te laat bly dink.
Daar kan werklik van `n geestelike chaos gespreek word, en die waarheid moet weer na u toe gebring word, en dit kan slegs geskied deur mense wie die lig van die waarheid van God ontvang het en dit dus ook as ligdraers probeer versprei. Maar ook vir hierdie ligdraers sal dit moeilik wees om `n gehoor te vind, omdat die gebiede waar hulle wil werk, heel in die besonder deur vyandige kragte ingesluit is, wat dus daarteen werk - en wel op `n manier asof hulle vir dieselfde opkom, om diegene nou ook in verwarring te bring wat bereid is om die waarheid aan te neem.
U mense kan geen begrip vorm van die stryd van die duisternis teen die lig in die laaste tyd voor die einde nie. Tog hoef die mense nie aan hierdie stryd ten offer te val nie, want wie die waarheid uit die diepste grond van sy hart begeer, hy sal waarlik geen verkeerde denke te vrees hê nie en hy sal steeds insien wanneer die teenstander binnegesluip het in `n geestelike lering wat die mense aangebied word. Dus sal hy ook insien waar die waarheid te vinde is en hy sal homself aansluit by die ligdraers en graag die waarheid uit God van hulle aanneem.
Die waarheid straal, maar dit is geen skynlig nie. En onder skynligte is alles te verstaan wat die oog verblindend soos `n bliksemstraal tref, om dit dan ongeskik te maak om die suiwer lig te herken, dat slegs `n sagte skynsel uitstraal wat die oog weldadig aandoen.
En as u nou bedink hoe eenvoudig en natuurlik die leer van die Christus (Christus) is, en hoe kragtig die uitwerking is van die suiwer woord van God. As u daarteenoor stel - hoe die mensdom in onrus, spanning en in `n sfeer van sensasie gebring word deur berigte waarin voorspel word dat dit ook van geestelike oorsprong is, terwyl die mens egter daardeur ongevoelig word vir die eenvoudige leer van die Christus, en hy sy oog altyd maar afwend om die ongewone, opwindende te sien - dan weet u ook wat onder skynligte te verstaan is en dat dit u geen seën vir die siel kan bring nie. As u uself tot God wend, sal u ook deur God gegee word. As u uself egter tot die kragte in die heelal wend waarvan u die werksaamheid nie mag beoordeel nie, dan sal u ook uit die heelal opflitsende skynligte te verwagte wees. En u mense raak dan in verwarring, wat ook nie anders te verwagte is nie, omdat God se teenstander dan die geskikte grond gevind het waarop hy homself kan vestig .
En solank die mense, in plaas van die goddelike Woord, `n spys aangebied word wat meer die sinne as die hart aanspreek; solank die werksaamhede in die geestelike wêreld in verband gebring word met verskynsels van misterieuse aard, solank daar dus sensasie gesoek of voorspel word, wat egter geen veredelende invloed op die siel van die mens te siene gee nie, is dit nie God wat Self aan die werk is nie. Dit is maar Sy teenstander, wat homself agter `n masker verberg om die mense te wen, om hul die innerlike gevoel vir die lig uit die hoogte, vir die suiwer Woord van God, te ontneem.
En hy slaag in ontstellende mate daarmee, solank as wat die sinne van die mens nie uitsluitlik na God uitgaan nie, solank die wêreld nog nie geheel en al oorwin is deur diegene wat glo om geroepe te wees om die wêreld en die mense te verbeter nie, by wie die sagte glans van die goddelike liefdeslig nie volstaan nie en die voorkeur aan verblindende bliksemligte gegee word - en in die felle lig blind sal word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205