Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

OPHELDERING OOR O.V.V.’S (U. F. O’S)
B.D.8698 - 13 Desember 1963
Deur My goddelike openbaringe word daar vir u op alle gebiede opheldering geskenk. Daar sal vir u geen vraag onbeantwoord bly wat u in die volste vertroue aan My voorlê nie, omdat Ek u opheldering daaroor sal gee. En daarom hoef daar vir u niks onopgehelder te bly nie, u hoef maar net self te vra om ook volgens waarheid antwoord te ontvang.
Steeds weer kom daar twyfel in u op of daar geen bewyse te lewer is van die bestaan van sogenaamde ruimteskepe, wat van ander hemelliggame na die aarde kom nie. Gaan u egter in erns hierdie sogenaamde verskynsels na, dan sal u besef dat gissinge of selfs suggesties altyd die rede van sulke beweringe is, waarvoor geen bewys te gee is nie. En dit kom daarvandaan, dat die mense nou eenmaal aan die aktiwiteite van die teenstander ten prooi geval het, wat veral in die laaste tyd na leuens en bedrieglike middele gryp en dit ook kan doen, omdat die mense self iets sensasioneel wil belewe en daar vir hulle niks fantasties genoeg kan wees nie en omdat hulle denke totaal verward is.
Sou die mense geestelike insig besit het, dan sou hulle ook geweet het dat daar geen verbindingsmoonlikhede tussen die afsonderlike hemelliggame bestaan nie - dat dit vir die bewoners van ander hemelliggame nooit moontlik sal wees om hulle sfere te verlaat en kontak te soek met ander hemelliggame nie. Dit is volkome uit die lug gegrypte beweringe wat die mense aanbied, en geen mens kan vir sy bewering, om met bewoners van ander hemelliggame in kontak te gekom het, `n bewys lewer nie. Maar die mense kan aan die begogeling van die teenstander ten prooi val. Hulle kan self deur hulle fantasie ontvanklik wees vir illusies wat afkomstig is van My teenstander, maar wat nooit 'n materiële bestaan kan hê nie, omdat die mag by die teenstander ontbreek om materiële voorwerpe te laat ontstaan.
As dit nou egter werklik oor materiële dinge gaan wat deur die mense gesien is, dan het dit ook op hierdie stoflike wêreld ontstaan. Dit is proef-objekte van wetenskaplikes op die gebied waarvoor alle inspanning in toenemende mate gelewer word - om die ruimte buite die aarde aan hulleself te onderwerp. Wat oor boaardse wesens, wat van andere hemelliggame moes gekom het, versprei word, is bewustelike leuens, want daarvan sal geen mens `n bewys kan lewer om met sulke sogenaamde bewoners van andere hemelliggame in gesprek te gewees het nie. En die kring van hulle wat hulleself positief instel teenoor sulke verskynsels, sal nooit die geestelik ontwaakte mense omvat nie, want hulle is uitgesproke dienare van My teenstander wat hy vir sy eie doeleindes kan gebruik. Altyd aangenome, dat dit oor aardse proef-objekte gaan wat elke mens sou kan sien. Wat dan ewenwel deur geestelik onontwaakte mense, of deur aanhangers van die teenstander voorgestel word as voorwerpe, afkomstig van andere hemelliggame.
Steeds weer lê Ek nadruk daarop dat daar geen verbinding bestaan tussen die afsonderlike hemelliggame nie en dat dit ook sy redes het. En as u mense nou ook nog hierdie sogenaamde bodes van boaardse hemelliggame toedig dat hulle na die aarde wil kom om u te help, dan sou hulle, in die hoedanigheid in My opdrag vir u mense werksaam moet wees. Derhalwe sou hulle steeds die verbinding tot stand moet bring en onderhou met hulle wat aan My behoort, wie Ek dus teen die einde sou wegneem, as Ek hulle hierdie funksie toegewys het. Dan sou die wat Myne is, egter ook hierdie voorwerpe en hulle insittendes kon sien, wat egter nooit die geval sal wees nie, want aan hulle gee Ek opheldering oor die dwaling en onderrig hulle in die suiwer waarheid. Hulle wat egter sulke beweringe glo en opstel, kan nie in hulle gees verlig wees nie, hulle jaag steeds net suiwer aardse doeleindes na en glo die beloftes van hom, wat die mense wil weghou van die innige verbinding met My, wat die enigste waarborg is vir `n redding aan die einde van hierdie aarde, wat u te wagte staan.
Glo dit tog, dat dit vir My waarlik moontlik is om elkeen persoonlik beskerming te gee en hom ook aan die einde van hierdie aarde weg te neem, want die ondergang van die aarde, in die toestand waarin sy haarself nou bevind, is onvermydelik. En glo dat Ek ontelbare baie engele daar het wat gereed is; dat hulle hulleself egter nooit vooraf aan die mense sal vertoon as bewoners van ander hemelliggame nie. En as Ek die suiwer waarheid na die aarde stuur, omdat die mense dit dringend nodig het, dan sou Ek u waarlik ook daarvan in kennis stel as dit met die waarheid sou ooreenkom. Maar Ek waarsku u steeds teen bedrieglike kunste van My teenstander in die laaste tyd voor die einde, wat homself sowel van aardse aktiwiteite bedien om die mense te mislei, asook van die in verwarring bring van hulle denke, omdat hy aan hulle kan suggereer sodat die mense blindelings glo wat hulle voorgesit word, solank hulle nog nie vervul is van 'n waarheidsdrang nie, wat hulle dan egter ook steeds die suiwer waarheid sal oplewer.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205