Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

OMGANG MET BEWONERS VAN ANDER HEMELLIGGAME? "IN DIE HUIS VAN MY VADER IS BAIE WONINGS!"
B.D.7601 - Mei 1960
Deur die heelal trek ontelbare hemelliggame hulle baan en almal het hulle taak - om te help met die voltooiing van die onvolkome geestelike. En so begryp u nou ook die woorde: "In die Huis van My Vader is baie wonings!". En elke hemelliggaam neem die siele op van wie die toestand van rypheid volgens die omstandighede op die hemelliggaam aangepas is of anders gesê - die moontlikheid om homself te voltooi is op elke hemelliggaam anders en na gelang hiervan word ook die siele wat tot voltooiing moet kom, daarheen oorgeplaas. Maar steeds is die lewensvoorwaardes ook anders, omdat alle hemelliggame volgens hulle aard en hoedanigheid verskillend is van mekaar, en daar kan aan die mense op aarde geen nadere beskrywing gegee word nie, omdat baie daarvan onbegryplik vir hulle sou wees en `n geestelike insig vooropstel om begryp te kan word.
Maar daar is vir alle siele, vir siele in elke graad van rypheid ook die herkenbare hemelliggame om tot voltooiing te kom, waar die siele hulleself positief kan ontwikkel as hulle van goeie wil is. Want ook daar word met die vrye wil van die geestelike wese rekening gehou, ook daar is geestelike dwang uitgeskakel, ofskoon die aangewese lewensvoorwaardes die wese in `n sekere dwangposisie plaas, om homself daarin te voeg, omdat `n bestaan op so 'n hemelliggaam andersins nie moontlik sou gewees het nie. En oral word opheldering aan die wesens geskenk oor die doel van hulle bestaan. Of hulle nou die lig aanneem en benut staan hulle vry, maar dit is egter beslissend vir hulle opwaartse ontwikkeling. Maar al hierdie skeppingswerke van God is "wonings in die Huis van die Vader".
En gevolglik sal al die geestelike tog eenmaal die graad van voltooiing bereik, waarin hulle die aards materiële skeppings kan verruil vir suiwer geestelike skeppings, wat u mense nie met u aardse oë mag aanskou nie. Want alles wat vir u sigbaar is, is steeds nog skeppings, wat wesens herberg wat hulleself nog moet voltooi. Daarenteen is die reeds volmaakte wesens dan ook in die ligryk werksaam en het geen sigbare skeppings meer as verblyfplek nodig nie.
Maar al hierdie skeppings is eindeloos ver vanmekaar verwyderd en ook nie vir mekaar bereikbaar nie. Die bewoners van al hierdie hemelliggame is aan hulle eie wêreld gebonde - aan die hemelliggaam wat hulle dra. Slegs na die bereiking van `n bepaalde graad van rypheid kan hulle van verblyfplek verwissel, maar nie willekeurig nie, maar altyd volgens die grondwet van God, waarvolgens al Sy skeppings hulleself moet voeg –asook al die wesens wat aan hierdie skepping toebedeel is. Daarom is dit onsinnig om aan te neem dat bewoners van hierdie hemelliggame hulleself willekeurig kan verwyder en na ander hemelliggame sou kan gaan, sonder om bevrees te moet wees vir hulle eie vernietiging. Want die lewensomstandighede op alle hemelliggame is anders en dit kan nie eiemagtig tersyde geskuif word nie.
Gedurende die eindtyd sal ook sulke planne egter gemanipuleer word. Die teenstander van God sal die liggelowigheid van die mense gebruik, deurdat hy aan hulle sal voorspel, dat hulle verbindinge kan hê met bewoners van ander wêrelde - en dat hulle uit skynbaar goeie motiewe eweneens kontak wil maak met die mense op aarde. Want die teenstander probeer om een ding daarmee te bereik: Om die geloof aan die einde van die ou aarde te ondermyn, om so die mense te verhinder om hulleself aan die einde voor te berei.
Die mense moet egter daaroor ingelig word, dat die aarde `n hemelliggaam op sigself is, wat geen verbinding het met ander wêrelde nie en dat alle verbinding met die bewoners daarvan slegs geestelik tot stand kan kom. Dat die mens homself dus wel met bewoners van hoëre wêrelde van die ligryk kan verbind deur goeie gedagtes - vraend om hulp in geestelike nood - wat hom ook wel geestelik gegee sal word - maar dat dit vir hom nie raadsaam is om wesens aan te roep van hemelliggame, van wie hy nie weet in welke graad van geestelike rypheid hulle hulleself bevind nie en of hulle hom geestelike hulp kan verleen nie. In ieder geval kom aardse hulp nie in aanmerking, soos wat God se teenstander die mense sou wil laat glo - dat die wesens, voor `n vernietiging van die aarde, hulle invloed op die bewoners van die aarde sou kan laat geld nie. Ware hulp kan slegs deur God verleen word, as die tyd wat u mense vrees, gekom het, dat u daaraan glo, maar Hy verleen dit ook aan elkeen wie Hom daarom bid. En Hy het waarlik genoeg engele wat slegs op Sy Wil ag slaan om dit uit te voer en hulle sal hulleself ook oor die mense bekommer, as die uur gekom het.
Maar God se teenstander het in die liggelowigheid van die mense `n goeie bodem gevind, waarin hy waarlik baie slegte saad kan saai. En die mense neem eerder al hierdie onderrigting van sy kant aan as die suiwer waarheid, wat ook kenmerkend is vir die waarde van sy saaigoed. Want steeds probeer die mens `n voordeel vir homself uit die dwaling behaal, en wys hy die waarheid af, wat hom nie die voordeel beloof nie.
Die einde is naby en kom onherroeplik - en elke leer is vals wat die einde in twyfel trek, of aan die mense `n uitweg verkondig wat nie volgens die wil van God is nie. Want God neem Self elke mens uit alle gevaar - wie na Hom toe vlug - wie tot Syne behoort, wie `n einde nie hoef te vrees nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205