Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

WESENS VAN ANDER WÊRELDE
B.D.6364 - 25 September 1955
Daar bestaan `n geestelike verbinding van die aarde met die wesens van ander wêrelde, solank dit gaan om ligwesens wat in My opdrag op u inwerk, dat u die korrekte weg gaan wat tot My voer. Die ligwêreld is onophoudelik besig om u te beïnvloed in `n goeie sin. Maar ook die kragte van die duisternis gebruik elke geleentheid om u te mislei om u van die weg van die waarheid weg te voer, om u denke te verwar. En daar sal juis in die laaste tyd voor die einde baie gebeur, wat vir u mense onverklaarbaar sal wees.
Dog bedink steeds dat die mense die weg na My sonder dwang sal moet betree. Dat verskynings wat dwing om te glo dus nooit van My kant af gebruik sal word nie, selfs dan nie as die mensdom homself in groot geestelike nood sal bevind nie. Bedink steeds dat die ligwêreld in My opdrag werksaam is, wat dus nooit iets vanuit hulleself sou doen wat nie in ooreenstemming met My Wil en My Wysheid is nie.
Is die ligwesens dus daarop bedag om u mense te help, dan kies hulle in geen geval `n verskyningsvorm wat twyfel, verwarring en twyfelagtige resultate teweeg sal bring by die mense nie. Juis in alle duidelikheid sal hierdie ligwesens hulleself teenoor die mense uiter en steeds so, dat hulle as liggewer herken kan word. Hulle sal hulleself dan altyd uiter teenoor hulle wat `n geestelike verbinding wil aanknoop, met die doel om hulleself geestelik te ontwikkel. Hulle sal egter nooit verontrustend inwerk, deurdat hulle na middele sal gryp wat vir die mense onverklaarbaar is nie, want hulle wil die onduidelikheid verjaag, hulle wil lig gee, egter nie die duisternis vergroot wat elke onnatuurlike verskynsel versprei nie.
Tallose ligwesens span hulleself in vir u geestelike welsyn, tallose ligwesens wil u help om die lig nog voor die einde te bereik. Want die einde kom onherroeplik, omdat My Liefde en Wysheid ook dink aan die wat nog gekluister is in die vaste materie, wat die verlossing uit die vaste vorm ook eens ten deel moet val.
In vrye wil gryp u mense in, in My natuurwette en bring derhalwe die laaste vernietigingswerk op hierdie aarde self teweeg. U sal u ook volstrek nie deur teregwysings van hulle wat weet van u voornemens laat afbring nie, selfs as engele uit die hemel neerkom om u te waarsku. Anders sou Ek nie voortdurend deur sieners en profete op die einde gewys het nie, as Ek slegs die geringste verandering van wil sou voorsien het.
Dus is die voornemens van u nie meer teë te hou nie, die einde kom onherroeplik. En daarom geld die inspanning van die geestelike wêreld altyd net u siel. En dit probeer sowel goeie as slegte kragte, slegs op totaal verskillende wyses. Die ligwêreld spreek altyd net u gees aan, die duister wêreld daarenteen u sinne. Die ligwêreld openbaar homself ook op die mees verskillende maniere, maar steeds deur bemiddelaars wat deur hulle geestelike rypheid en gesindheid met die ligwesens in verbinding staan, sodat hulle dan ook die openbaringe aan die medemens kan meedeel. Die duistere wêreld daarenteen werk regstreeks uit homself. Hulle spreek die mense willekeurig aan, hulle vind geloof by hulle eie aanhangers en stig verwarring by die ander en daar sal nie met sekerheid, `n uiting van goddelike krag te onderskei wees nie, veel eerder `n voortdurende vraag; en voortdurende onsekerheid kan oral daar opgemerk word waar slegte kragte werksaam is.
Wat van bo kom, wat van My uitgaan of van die in My opdrag werkende ligwêreld, sal altyd slegs lig versprei. Aan slegs die lig kan u mense, die werke, vol van lig, herken. Dan sal u egter ook nie meer vra nie, maar weet.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205