Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

SLEGS GOD IS GEBIEDER VAN DIE HEELAL
B.D. 8457 - 3 April 1963
Ook dit wys u op die einde wat naby is, naamlik, dat die mense steeds nuwe pogings aanwend om tot die geheime van die skepping deur te dring, maar nooit op geestelike wyse, waardeur hulle slegs opheldering kan ontvang nie. Hulle probeer met hulle verstand te deurgrond wat vir hulle nog verborge is. Hulle onderneem pogings om na te vors wat daar buite die aarde is, hulle wil natuurwette deurgrond en dit benut, weer ter wille van aardse gewin. Hulle skakel Myself as Skepper en Behouer, as Gebieder van die heelal uit en glo om eiemagtig ondersoeke te kan onderneem betreffende die skeppings wat buite die aarde bestaan.
Hulle sal ook hulle pogings voortsit, ofskoon dit steeds weer sal misluk, omdat dit nooit as te nimmer kan gebeur dat mense van die aarde kan bly op ander hemelliggame, sonder om hulle lewe te verloor nie.
Maar selfs dan nog laat Ek hulle die vrye wil toe. Ek hinder hulle nie, sodat hulle die nutteloosheid van hulle voornemens self insien. En of hulle nou al glo om te kan ingryp in My skepping of nie, hulle verloor die maatstaf vir dit waar die grense lê vir hul eie verstand.
Onbeperkte ervaringe sou hulle op geestelike manier kon versamel. Maar daarvan sou die siele slegs voordeel hê, die mense soek egter voordele vir aardse doeleindes en daarom kies hulle nie die weg wat hulle tot die korrekte insig sou kan bring nie. Maar al hulle pogings sal skipbreuk ly en steeds maar net 'n skadelike uitwerking hê op die mense wat hulleself as "proefkonyne" aanbied.
Die gebied vir die mense is en bly die aarde, soos wat ook ander hemelliggame as sodanig weer afgesonderd is en die wesens wat op elke hemelliggaam woon, hetsy die aarde of elke andere sterrewêreld, is onderworpe aan die natuurwette wat van My uit aan elke hemelliggaam gegee word. En geeneen van hierdie natuurwette sal dit kan uitskakel, of homself met wesens van ander hemelliggame kan verbind nie, en hulle sal met hierdie pogings met hul lewe betaal - omdat dit `n vermetelheid is om My wette te minag, wat hulle deur hulle verstand al moes weerhou om ondersoeke van die aard te onderneem.
En dit is al `n teken van die naderende einde, dit is `n teken van `n totale ongeloof in `n God en Skepper. Want anders sou hulle dit nie gewaag het om versteurend in My skeppings in te gryp nie, met die idee, om eweneens skeppingswerke te kan laat ontstaan wat die heelal deurlyn nie. Dit is dooie dinge sonder sin of doel wat bewys, hoe vermetel die mense op die aarde is en hoe verduister hulle gees is, ondanks hulle mees verbasingwekkende berekeninge, wat egter nie klop soos wat hulle steeds weer moet ondervind nie.
In alle bestaande natuurwette gryp die mense reeds in, nooit egter tot seën van hulle medemens nie, maar steeds tot skade, liggaamlik en geestelik. Want hulle verander deur hulle proefnemings ook suiwer natuurlik gesien, hulle lewensmoontlikhede. Hulle vergiftig die lug, die water en dus die lewensvoorwaardes slegs net liggaamlik gesien, soos wat dit egter ook deur hulle goddelose handeling groot skade aan die siele berokken, wat hulleself nooit kan voltooi op aarde op so 'n groot afstand van My, hul God en Skepper nie.
Hierdie verre verwydering egter word deur hulle bewys, want slegs sataniese invloed beweeg hulle denke en handelinge. Slegs die Satan gee hulle hierdie gedagtes in, omdat hy self probeer om My uit te skakel en hy die mense in totaal negatiewe sin beïnvloed.
Nooit sal en kan so 'n poging om op ander hemelliggame te kom, wat buite die aarde lê, vanuit My geseën wees nie, tog laat Ek tot op die laaste erbarming geld vir hulle wie se siele nog nie geheel aan My teenstander ten prooi geval het nie, omdat elke poging andersins vinnig tot mislukking veroordeel sou gewees het. Maar Ek worstel oor elke afsonderlike siel, en sodra hulle hulleself in innige gebed tot My wend in oomblikke van aardse nood, staan Ek hulle ook by en laat dinge skynbaar slaag, dog altyd slegs met die doel dat hulle die weg tot My terugvind en hulle hulle voornemens opgee, dat hulle moet insien dat hulle afhanklik is van `n sterker Mag wat hulle nooit met hulle verstand sal kan deursien nie, maar wat die hart tog kan begryp.
U sal nog baie hoor en wel verbaas staan oor die prestasies wat mense kan volbring. Maar weet, dat hulle die krag gegee word deur My teenstander. Dat hy, net soos Ek, probeer om dinge te laat ontstaan te midde van My skepping waartoe hyself nie in staat is nie en homself daarom bedien van die wil van die mense, wat hy maklik kan beïnvloed, omdat hulle min of geen geloof het nie. Maar dit is sy laaste poging, want sy tyd is uitgeloop en hyself trek sy val in die diepte na homself toe. Want as hy die grootste verwarring onder die mense teweeggebring het, sal Ek `n einde maak aan sy aktiwiteite en daar sal ook niks bly bestaan van die dinge, wat deur mense onder sy invloed ontstaan het nie. Alles sal vergaan en Ek sal die ordening weer herstel op die aarde, sodat sy verder haar doel as "skool van die gees " kan vervul volgens My Wil.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205