Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

DIE INDRINGING IN DIE HEELAL IS NIE VOLGENS GOD SE WIL NIE
B.D.7886 - 5 Mei 1961
Die krag wat van My en My Woord uitgaan, sal op u siel oorgaan, en u sal die vrede vind in My. As u bereid is om My te dien, sal die krag u ook toestroom om My Wil te vervul, wat Ek Self in u hart lê. U sal dink, wil en handel volgens My Wil. En so kan u steeds u weg onbesorg gaan, My seën sal u begelei. Ek sal u by die hand neem en u so lei, soos wat dit goed is tot seën vir die sieleheil van u en u medemens. Vertrou u aan My toe en Ek sal u vertroue waarlik nie teleurstel nie. En of ook u liggaam die krag nie duidelik bespeur nie, die siel ontvang dit egter in groot mate en is dankbaar vir alle hulp. Die siel kom tot rypheid en verenig haarself met haar gees, en sy gaan onverwyld steeds nader na die Vadergees, en die verbinding met My word steeds inniger.
En as Ek My kind nou kan aanspreek, dan is dit ook `n bewys van My teenwoordigheid en dan moet die vrede ook sy intrek neem in sy hart, elke sorg moet van hom weggeneem word en die kind moet slegs nog maar luister na wat die Vader vir hom te sê het: En daar is nog baie wat Ek aan u sou wil openbaar, want ons gaan die einde met rasse skrede tegemoet. En u sal nog dinge belewe, dat u aan My en My Woord sal twyfel. U sal uself afvra, waarom Ek nie My mag aanwend as die mensdom hulleself aanmatig om in die heelal te wil deurdring nie. Maar aan hulle voornemens is grense gestel en vir lank sal hulle hulle pogings nie kan uitvoer nie, want ook die handeling verhaas maar net die einde, die komende oordeel.
Ek laat hulle begaan, omdat hulle steeds weer sal besef dat hulle mag nooit sal volstaan om hulle voornemens geheel en al tot uitvoering te bring nie. Hulle het hulleself in die hande van My teenstander begewe, wat hulle steeds deur middel van gedagtes sal beïnvloed en wat hulle ook `n sekere krag besorg, wat egter altyd `n noodlottige uitwerking sal hê op die mense en ook op die skeppingswerke, wat die teenstander wil vernietig. Dit is die tyd van die einde - wat maar net nog weer deur so 'n handelwyse beklemtoon word, want die geestestoestand van die mense trek self die einde nader. My teenstander wil die geloof in My bestaan en My mag vernietig en die mense het reeds aan hom ten prooi geval, aangesien hulle alle geloof verloor het en hulleself beskou as Heer van die skepping en bewyse daarvoor probeer lewer.
Maar hulle sal nie baie tyd meer daarvoor hê nie, omdat hulle die einde self verhaas, omdat hulle self die wette van die natuur omvergooi en self dus `n werk van vernietiging ten aanskoue bring wat die hele wêreld betref, net soos alles wat geskape is in, op en bo die aarde. Die handeling van die mense is gerig teen God en sal ook die daaruit voortvloeiende uitwerking tot gevolg hê. Ek laat dit egter toe dat My teenstander raas en woed, maar die mense self kan hulleself daarteen verweer en beproef om nie ten prooi te val aan sy heerskappy nie. Die mense word waarlik steeds op My en My mag aangewese en sou baie goed ook die weg na My kan neem. Maar hulle wil is vry en daarom hinder Ek hulle nie in hulle aktiwiteite nie, dog My mag en My Wil openbaar homself ook aan hulle wat verantwoordelik is vir die werke, wat alle mense kan nagaan waarmee hulle hulleself verset teen God.
Ook aan hulle word steeds weer getoon dat `n goddelike mag homself altyd weer openbaar, wat aan hulle hulle verkeerde denke bewys. Want Ek trag tot aan die dood van die liggaam toe om elke siel te wen sodat sy weer terugkeer tot My, maar Ek dwing haar nie. En omdat My teenstander haar ook nie kan dwing nie, werk hy des te sterker in op alle slegte eienskappe in die mens, en hy wen hulle vir sy skandelike spel, omdat die heerssug en die geldingsdrang ongewoon sterk ontwikkel is by hul wat nie in My glo nie. Want dit is die kenteken van die teenstander. Dit is sy aard wat hy op hulle oorbring. Spoedig egter is sy tyd verby en spoedig sal ook My mag homself duidelik openbaar. Maar nooit sal Ek u sulke kennelike bewyse van My Self gee dat u moet glo nie. Dit moet u steeds weer bedink, dat Ek `n vrye geloof van u mense verlang, wat u deur die liefde moet wek. Dan begryp u dat u in die eindtyd leef, waarin My teenstander op ongewone wyse werksaam is, totdat hy en sy aanhang gekluister sal word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205