Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

GOD WIL ONS VRAE BEANTWOORD - DWALING
B.D.8536 - 21 Junie 1963
Glo, en laat geen twyfel in u opkom nie, want My woord wat vir u uit die hoogte weerklink is waarheid, en alles sal gebeur soos wat dit aan u verkondig word. Glo dat daar weliswaar baie vir u onbegryplik sal wees, solank u nog nie in alle dieptes van die wysheid kan binnedring nie, maar wat Ek u leer, sal vir u nog begryplik word, as die tyd daarvoor gekom het.
Steeds weer sê Ek dat Ek u onderrig na die maat van u graad van rypheid, wat u te alle tye kan verhoog, en dat daar ook antwoorde tot u sal kom op vrae wat die mense op aarde, of die wesens in die hiernamaals sal stel en wat Ek aan hulle deur u beantwoord.
Die diepste insig in My skeppings - en heilsplan sal u egter eers dan besit in die stadium van hoë sielerypheid, dan sal alles vir u duidelik wees, ook dit, wat u nou nog aanleiding tot twyfel gee.
Van My af kan slegs die suiwerste waarheid uitgaan, en dat Ek Self deur My Gees in u werk, sal aanvaar moet word, omdat Ek Self op hierdie gang van sake gewys het toe Ek op die aarde geleef het. En u kan Myself nie as leuenaar uitskel nie, want Ek is die Waarheid Self.
Oor die ontwikkelingsgang van die skepping kan u eers dan grondig onderrig word, as u self u voltooiing bereik het - en word u vooraf reeds ietwat kennis bygebring, dan sal u steeds weer vrae stel en dit wil Ek bereik, omdat Ek u steeds meer kan laat weet, hoe meer u uself met gedagtes sal besighou met vrae wat steeds net Ek Self vir u sal kan beantwoord.
Ek wil ook altyd weer u gedagtes opwek, as u dieper in die geheime van die skepping probeer binnedring, omdat Ek u wil onderrig. Ek wil u die waarheid gee, maar daarvoor is u verlange nodig om u sonder beperking te kan verryk met kennis, wat reik tot in gebiede wat nie met die verstand deurgrond kan word nie. Want hoe dieper u kennis is, des te meer staan u in die lig. En dan kan die duisternis u vir ewig nie meer bang maak nie.
Ek spoor u ook steeds weer aan om vrae te stel, omdat u aan die antwoord ook My liefde tot u besef, Wie elke versoek van u wil vervul. Want sodra u vra en `n antwoord verwag, open u u hart vir My, en dit beteken ook dat u My by u laat binnekom, dat u met My verbonde wil wees. En slegs daarop wag Ek, om My barmhartigheidsgawes onbeperk te kan uitdeel.
En so sal Ek u ook steeds oor dwaling opheldering gee, want dit stort die siele in die verderf. Ek sal u denke Self verlig, sodat u na My wil sal handel en teen die dwaling sal stry. Want die dwaling rig in die eindtyd groot verwarring aan, omdat die mense veel eerder die dwaling as die waarheid aanneem – as om hulleself te laat oortuig deur die suiwer waarheid. En daardeur bly hulle binne die bereik van My teenstander in die duisternis en vind nie meer die weg terug nie.
Aan u wat My Woord ontvang, is die opdrag gestel om teen die dwaling te stry en steeds weer die waarheid daarteenoor te stel, wat vir elke mens met `n goeie wil ook aanneembaar sal wees. En steeds sal Ek u ook bystaan sodat u korrek sal dink en handel en dat u sal praat indien Ek dit van u verlang, want u het uself vrywillig aangebied om My te dien en Ek het u diens aangeneem. U sal nou ook in My wil werksaam wees en Ek kan daarom ook `n opdrag aan u toevertrou wat steeds maar weer die verbreiding van die waarheid is, en wat die stryd teen die dwaling raak. En daarom sal alles ook so op u afkom, dat u volgens u gevoel daarop sal reageer, omdat Ek Self die gevoel in u opwek, dus u gedagtes ook so sal lei, soos wat dit vir u opdrag dienstig is.
My teenstander werk met lis en bedrog. Ek sal egter teen hom ingaan en sy dryfveer aan die lig bring. Maar dit lê aan die mense self of hulle na My sal luister en My woorde glo. Maar slegs liefde kan die suiwer waarheid herken - waar die liefde ontbreek, is weinig resultaat te verwag. Tog moet die waarheid aan die mense onthul word, oor My teenstander, wat homself ook as `n ligengel kamoefleer en nie daarvoor terugdeins om homself van My Naam te bedien nie, om hulle te mislei en op `n weg te trek wat gevaarlik is, omdat hy na die afgrond voer - as die mense nie betyds sy manier van doen insien en die korrekte weg kies nie. En Ek wil u steeds daarby help, as u uself maar tot My sal wend en My om die suiwer waarheid bid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205