Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

DIE AKTIWITEITE VAN DEMONIESE KRAGTE, GEKAMOEFLEER AS LIGENGELE
B.D.8484 - 2 Mei 1963
Stryders moet u wees vir My en My ryk, en dus moet u ook standhou teen alle aanvalle van die kant van My teenstander. Maar u stry nie alleen nie, u het My as leëraanvoerder en waarlik, - Ek sal u na die oorwinning voer, want hy sal u nie tot `n val kan bring nie, omdat u `n stryd voer met My krag en as My afgesante. En My mag is waarlik groter, maar u moet u geheel en al aan My toevertrou, dat u dus ook in die volle besit van krag kan wees, as dit daarom gaan om aan hom weerstand te bied.
Ongeag in welke vorm of gestalte hy u ook tegemoet tree, u hoef hom dus geheel en al nie te vrees nie. Hy het baie gewade waarin hy homself hul en steeds probeer hy om by Myne vrees aan te jaag, maar hy sal nie slaag waar Ek om beskerming gevra word nie. Maar dit moet u weet, dat Ek geen twee soorte waarhede spreek nie. Dat nie die ene dit en die ander een die leer en opheldering ontvang nie, en dat daar dus twee meesters aan die werk moet wees waar verskillende geestelike onderwysings plaasvind nie.
Ek ken die hart van elke mens, Ek ken sy ingesteldheid teenoor My, sy God en Skepper van ewigheid en daarom neem Ek ook besit van die hart wat haarself geheel aan My toevertrou - en Ek lei die mens op al sy weë. En as u nou sou kon sien hoe die ryk van My teenstander homself uitgebrei het en met welke middele hy stry om nog die opperheerskappy in die eindtyd te behaal, dan sou u uself nie verwonder dat soveel destruktiewe geeste hulleself manifesteer en dat die suiwer waarheid op alle moontlike maniere van die kant van die duistere wêreld bestry word nie.
En steeds weer moet Ek vir u sê: Vertrou op My deur uself geheel en al aan My oor te gee en My vir u te laat sorg. Laat u nie in die war bring deur sataniese aktiwiteite nie. Want Ek sal u die bewys lewer dat My mag sterker is en ook hom teregwys, as die tyd gekom het. Glo dit dat daar van die geestelike ryk ook sterk bande bestaan met die aarde en dat die teenstander besonder hard aan die werk is en homself kamoefleer as die helderste ligwese en hy kan, omdat die toestand van die siel van die mens self hom die mag daartoe verleen het.
U het geen idee van hierdie demoniese kragte, wat in die eindtyd alles op die spel plaas om die mense in die verderf te stort nie. Wie homself eng by My aansluit, het hierdie kragte waarlik nie te vrees nie, al probeer hulle ook om alles te doen om die siel, wat haarself aan My toevertrou het, te verontrus.
Daar is in die eindtyd ook baie slegte geeste op aarde beliggaam, wat as afgesante van die hel hulle Heer dien en baie geestelike onheil aanrig. Ook hulle is die vryheid gegee, want ook hulle sou verlossing kan vind van `n ewigdurende toestand van ellende, as hulle in die aardse lewe die verlossing deur Jesus Christus sou wil aanneem.
Dit is deur demoon besete siele wie se tyd van beliggaming as mens gekom het, wat egter nog geheel satanies ingestel is en hulle weerstand nie opgee nie, wat nog geheel onder die invloed van die teenstander staan en vir hom goeie handlangers is. In hulle gedagtes waan hulle om lig te versprei, terwyl hulle maar steeds probeer om die lig uit te doof.
Hulle bevind hulleself in die diepste nag en vind hulle weg nie uit die duisternis nie. Tog moet hulle hulle weg op aarde in vryheid van wil aflê, wat hulle ewe goed ook verlossing kan bring.
En hierdie demoniese geeste sal ook probeer om iedereen in versoeking te bring wat deur sy wil aan My behoort. Maar altyd sal Ek Self tussen hulle en u staan, en hulle vrees My en vlug vir die lig. Daarom, vrees hulle nie, solank u uself aan My toevertrou kan u niks oorkom nie en My vergrote toevoer van krag sal u iedere aanval laat afweer.
U mag nie deur hulle aangetas word nie, omdat Ek u self sal beskerm in alle nood en elke gevaar en omdat u werksaam is vir My, en daarom ook altyd van My hulp verseker kan wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205