Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

DIE PLIG VAN DIE ARBEIDERS IN DIE WINGERD OM OP DWALINGE TE WYS
B.D.8553 - 9 Julie 1963
Alles, wat die liefde as grondslag het is vir My welgevallig. En as u in die liefde leef, sal ook alles wat u wil doen of agterweë laat, volgens My Wil wees. U moet uself egter rekenskap gee welke motiewe u beweeg by u handeling, wat dit ookal is.
Wil u `n mens help of die gemeenskap van nut wees? Wil u help en u naaste beskerm teen skade en gebrek van allerlei aard? Wil u skenk en opheldering verskaf? In een woord: Wil u gee - of wil u neem, verniel, onrus skep, u medemens belas?
Wil u teen die dwaling ingaan en in plaas daarvan u medemens die waarheid bring? Dit alles moet u bekyk in die lig van die liefde wat u ook moet vervul, en dan sal dit wat u doen, met My Wil ooreenstem.
Ek wil u egter ook daarop wys dat Ek dit so wil dat die dwaling reggestel word - dat Ek van u verlang om die waarheid te versprei en dat hierdie opdrag baie dringend is. Want Ek bring daarom die suiwer waarheid na die aarde, sodat sy as lig uitstraal in die duisternis.
En die geestelike leer wat van My uitgaan sal homself nooit teenspreek nie, anders sou Ekself nie die Bron wees waaruit die geestelike stroom ontspring is nie. Dwaallere kan nie uit My voortgekom het nie, en dus moet u, wat die suiwer waarheid van My ontvang, daarteen ingaan. Maar u moet altyd daarop let dat u die gebod van die liefde nakom, dat u as brengers van die heil, hulle tegemoet tree wie in die dwaling voortlewe.
Sodra u hulle leerstellinge met My Woord uit die hoogte kan weerlê, die wie hulle denke van My ontvang het, kan hulle met `n goeie wil insien WIE deur u tot hulle spreek. Want altyd sal Ek gefundeerd teen die dwaling ingaan, sodat dit dan as sodanig herken word. En Ek sal dit kan doen deur `n "opnamehouer" wat geskik is om die geestelike stroom uit My op te neem.
Weliswaar sal elkeen die reg vir homself opeis om `n opnamehouer van God te wees. Maar wie ernstig ondersoek, sal My stem herken, en `n korrekte oordeel sal nie vir hom moeilik wees nie. Want die dwaling word op `n sodanige manier blootgelê, soos dit slegs van die kant van hulle wat weet, kan gebeur.
Maar een ding is seker, dat alle geestelike onderrig wat van My uitgaan, hulle laat insien dat Ek Self ook die Gewer daarvan is, in soverre as dat dit in vorm en inhoud van `n volmaakte Gewer blyk uit te gaan, Wie in alle duidelikheid en baie begryplik sulke probleme oplos wat nie met die verstand deurgrond kan word nie.
Gebrekkigheid en onwetendheid wys dit af. Want aan die laaste herken u mense die inwerking van kragte wat nog nie volmaak is nie - wat in die lig staan - om nou in My opdrag geestelike leringe na die aarde te kan stuur. Maar as die mens in sy aanmatiging so 'n tekortkoming nie insien nie, dan sal ook die bring van die suiwer waarheid deur My bodes hom ook geen eie klaarheid skenk nie. Want aan hom ontbreek dan die innerlike ootmoed, wat hom die begrip van die ewige waarheid waarborg.
En u sal daarom steeds weer teen weerstand stuit, waar My teenstander homself al gevestig het deur die toestuur van dwaling en die mense nie bereid is om die dwaling op te gee nie, in die vaste oortuiging om van Myself hierdie mededelinge te ontvang het. Ek laat egter elke mens sy vryheid van wil toe. Ek sal hom steeds net weer aanraak en probeer om hom oplettend te maak. Maar slegs sy wil beslis.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205