Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

DIE GEESTELIKE DIEPTEPUNT IS BEREIK
B.D. 6417 - 4 Desember 1955
Die mense op hierdie aarde verander nie meer nie, want hulle is met liggaam en siel die wêreld toegedaan en daarmee hom, wat Heer is van hierdie wêreld. Alle teregwysings is nutteloos. `n Paar sal hulleself nog wel van die massa afsonder en hulle eintlike bestemming insien, maar die meeste kom nie onder die indruk daarvan nie. En wat daar ookal gebeur, dit word steeds maar net met die oë van die wêreld deur hulle bekyk, nooit egter word daar `n geestelike beweegrede ingesien of aangeneem nie en sodoende verander die mense nie, nóg in hulle denke, nóg in hulle handelinge. En hulle verblyf op hierdie aarde is heeltemal nutteloos, sodat dit beëindig moet word.
Die mense is voortydig ryp vir die ondergang, want die dag van die einde is vasgestel sedert ewigheid en word ook aan gehou, ofskoon die dieptepunt al voor die tyd bereik is. Tog word tot op die laaste dag nog alles gedoen, juis vanweë die weiniges wat nog kort voor die einde vir God kies en om hulle ontwil is die dag van die einde later vasgestel. Want die worsteling om hierdie laaste siele is uiters swaar en vra volharding, maar dit is nie sonder hoop nie, wat God van ewigheid al voorsien het.
Hy is egter vir elke afsonderlike siel lief en Hy doen daarom alles om haar nog te wen voor die einde. En daarom moet Sy dienare op aarde ook ywerig werksaam wees en steeds bedink, dat elke siel wat hulle probeer beïnvloed, een van die laastes kan wees, wie se verlossing God aanleiding gee om die einde nog vir so lank uit te stel - tot die reddingswerk voltooi is.
Hulle mag daarom nie ophou met hulle arbeid in die wingerd nie, hulle moet weet dat elke afsonderlike siel God na aan die hart lê en Hom tot barmhartigheid en lankmoedigheid beweeg omdat Hy haar liefhet. Die eindtyd sal die goddeloosheid steeds openliker aan die lig laat kom en soms sal hulle daarna uitsien, al was die aarde net nog maar deur duiwels bewoon, sodat die arbeid vir die Ryk van God lyk soos `n spel van swaksinnige mense.
Tog moet die werk ywerig verrig word, want dit sal nie ongeseënd bly nie, en selfs mense wat nog vroeër gesterwe het op hierdie aarde, kan in die hiernamaals deur die arbeid op aarde van die knegte van die Heer, vinniger die lig bereik en dan weer diegene met wie hulle nou verbonde is op aarde, nog tot verandering van gedagtes help.
Daar is maar baie min mense wat nog te wen is en tog word die einde om hulle ontwil uitgestel. En daarom sal ook die aktiwiteite van die teenstander van God duidelik aan die lig kom, want hy ondervind geen weerstand meer by die mense nie, almal is hom onderdanig, want hulle het hulleself laat gevange neem deur die wêreld, wat sy ryk is.
Hy woed waarlik vreeslik voort, maar vir homself sal dit nie gunstig wees nie, omdat hy almal wat hy dink hy gewen het, verloor wanneer die aarde opnuut sal voortbestaan - omdat hulle almal aan sy mag onttrek word en opnuut gekluister word, waardeur sy krag aansienlik verswak word en hyself ook gekluister sal word vir `n lang tyd.
Nog staan hy boaan en triomfeer oor die mense wat hy omlaag getrek het in die afgrond in, maar oorwinnaar sal hy nie wees aan die einde van die aarde nie, want Een is daar sterker as hy, Wie hom wel sy tyd en sy aktiwiteite sal toelaat, tot sy uur gekom het soos wat dit geskrywe staan.
Wat hom dan egter in kettings sal slaan en saam met hom, almal wat hulleself verset teen God. En dan het die einde gekom vir die aarde en haar bewoners, dan sal daar `n nuwe tyd aanbreek van vrede en saligheid vir die mense, wat God trou gebly het tot die einde.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205