Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

MISTERIEUSE VERSKYNSELS II
Voortsetting van 6674: B.D.6675 – 23 Oktober 1956
Dit is eie aan die mens om sy aandag steeds te rig op dit wat sy liggaamlike sinne aanspreek, daarenteen om by alles verby te gaan wat die siel `n impuls tot opbloei kan gee. En dit is eweneens die invloed van My teenstander, wat hom self ten doel gestel het om elke ligskynsel van die siel verwyderd te hou en die omhulsel om die siel steeds uit te brei - waartoe die liggaam homself gewilliglik bereid verklaar.
Reeds daarom moes die mense al vrae gaan stel by al die aardse vreugde en genietinge, as dit hulle erns sou wees om die doel, naamlik hulle sielerypheid, te bereik. Maar sulke bedenkinge maak die mense nie, en as hulle daarop attent gemaak word, staan hulle maar slegs afwysend daarteenoor.
Die tyd tot die einde is egter maar kort, en om nog sukses te bekom moet daar ongewone middele gebruik word. Middele wat die gedagtes van die mense in die rigting stuur wat hulle nie wil gaan nie. En sulke middele staan My ryklik ter beskikking in velerlei noodtoestande, in rampspoed of onverwagte gebeurtenisse, wat almal geskik is om liggaamlike verlange agter te stel en homself vir geestelike invloede oop te stel, sonder om hom egter te dwing daartoe.
In geen geval sal Ek My toevlug neem tot misterieuse verskynsels om `n inkeer by die mense te bereik nie. Want sulke verskynsels is nie geskik om die mens tot geestelik strewe te bring nie, dit verhoog eerder die drang om te ondersoek, dit gee veel meer voeding aan die verstand van die mens, egter nie aan die siel nie. Daarenteen bedien My teenstander homself van sulke middele, wat tog ook die mense, wat reeds die verbinding gevind het met die geestelike wêreld, beïnvloed, wie egter wondere verwag, dus diegene wie se denke nog te veel aards gerig is.
Sulke verskynsels sal hulle wel geen skade berokken nie, omdat dit hulle steeds weer aan My sal vashou. Maar tog wen My teenstander nog veel mense vir homself, want hoe meer die verstand besig is om die verskynsels te deurgrond, des te minder kom die gees in hulle aan sy trekkrag. Op so 'n manier beïnvloed Ek nooit die mense, dat hulle tot meer verstandelike arbeid aangehits word nie. Want Ek wil die mense lig bring en geen onoplosbare probleme skep nie.
En as die onoplosbare probleme wat My teenstander u voorlê, as dit ongewone onaardse verskynsels betref, sal hy aan die einde van die tye dit in `n skouspel omskep om verwarring te stig. En hy sal ook op die mense, wat aan hom gebind is, so inwerk, dat hulle sal toelaat dat dinge ontstaan wat weliswaar aards - materieel, maar tog van `n raaiselagtige aard sal wees en wat hy eweneens as middel sal aanwend om die denke van die mense op `n dwaalspoor te lei.
Wie homself deur sulke verskynsels laat verblind, wie die ewige wette van die ordening nie ken nie, wat onveranderd sal bly bestaan, omdat dit ook net `n verdergaande ontwikkeling van die geestelike waarborg. Wat van My uitgaan, wat dus van goddelike oorsprong is, sal altyd lig wees, helderheid wees en lig skenk aan hulle wat die lig verlang.
Wat egter onopgehelder bly, wat tot ontelbare gissings aanleiding gee en altyd weer veronderstellinge bly, dit kom van My teenstander af, wat ook groot mag het, maar tog slegs dan as hy deur die gedrag en die ingesteldheid van die mense versterk word: Dan kan hy homself ook sigbaar uiter en skynbeelde tevoorskyn tower wat slegs `n uitvloeisel van sy sataniese wil is.
Die middele wat Ek aanwend om nog voor die einde siele te wen, is van `n ander aard, want dit beperk nie die vrye wil van elkeen afsonderlik nie, terwyl die doel van My teenstander is om aan die mense, deur raaiselagtige verskynsels, `n gedagtegang op te dring en hulle so die vryheid van wil te ontneem. Dit sal hom nie geluk om dwang uit te oefen nie, maar die mense gee self liewer aan hom gehoor as aan die sagte stem waardeur Ek hulle aanspreek. Maar

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205