Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

`N FISIESE ONTMOETING TUSSEN BEWONERS VAN VERSKILLENDE HEMELLIGGAME IS ONMOONTLIK
B.D.6065 - 26 September 1954
Slegs dit wat die beste is vir u siel word as kennis aan u gestuur. U sal nooit mag binnedring in gebiede wat u tot skade van die siel sal strek nie, solank dit u wil sal wees om met My in verbinding te staan. Maar met die hulp van sataniese kragte, kan u sulke kennis onregmatig u eie maak. Dan behoort u egter nie tot Myne nie, wat Ek behoed teen elke beïnvloeding deur My teenstander.
U word deur My Gees onderrig en so ontvang u kennis wat ten doel het om u positief te ontwikkel. En u kan met hierdie kennis weer werk, u kan haar deurgee aan u medemens, u kan hulle daardeur op die goeie weg plaas, u kan dus help om lig in die duisternis te bring, soos wat dit My wil is.
En u sal solank ondersteun word as wat u ook maar die wil sal hê om lig te versprei. Solank sal die kennis wat u ontvang, aangepas wees aan die gebruik deur u. Wat nodig is om `n siel, wat in die duisternis ronddool `n lig te ontsteek, dit stroom u toe, en hoe meer vrae aan u gestel word, soveel oorvloediger word u deur My bedag, dat u hierdie vrae moet beantwoord. Maar Ek sal loutere nuuskierigheid nie bevredig nie, Ek sal geen kennis uitdeel wat op geen enkele wyse vir `n geestelike ontwikkeling nodig of geskik is nie, maar Ek sal ook nie swyg as `n kind My smekend vra, want hy moet My dan sy vertroue skenk en hy sal daarom nie teleurgestel word nie.
Daar is geheime wat die menslike verstand nie kan deurgrond nie, maar wat tog `n heel natuurlike verklaring het. Daar is wette, natuurkragte, wat werksaam kan word as die voorwaarde daarvoor gegee is. En hierdie voorwaarde is: Ongewoon ontwikkelde intelligensie van mense, wat dus die effekte van die natuurkragte kan bereken en hierdie berekeninge van hulle nou toepas op proefnemings, waardeur die kragte van die natuur nou skynbaar vir hulle diensbaar word, dat die mense dus die baas word oor die kragte deurdat hulle die, deur die gevonde resultate, vir hulle doel tot nut maak. Vir die mense wat minder intelligent is, skyn sulke ondernemings onmoontlik te wees - en wat vir die mens nie begryplik is nie, verplaas hy graag na die gebied van die bonatuurlike. Hy plaas dan eerder hierdie stap in die geestelike ryk, as wanneer aan hom, met die doel om homself geestelik te voltooi, die betreding van die geestelike gebied aanbeveel word. Vir die mense wat minder intelligent is, skyn sulke ondernemings onmoontlikte wees - en wat vir die mens nie begryplik is nie, verplaas hy graag na die gebied van die bonatuurlike. Hy betree dan bereidwilliger hierdie tree in die geestelike ryk, as aan hom, met die doel om homself geestelik te voltooi, die betreding van die geestelike gebied aanbeveel word.
Waar die menslike verstand nie verder kan nie, maak die mens toegewings en begin met moontlikhede te reken. Maar sy denke raak die weg kwyt en vermeng die aardse met die geestelike - en tussen beide bly `n skeiding. Geen mens sal ooit in staat kan wees om met wesens buite die aarde in verbinding te tree nie, behalwe op geestelike wyse. Dus kan die mens homself te alle tye verbind met bewoners van ander wêrelde as dit geskied met die bedoeling om geestelik vooruit te gaan, maar nooit sal hierdie verbinding plaasvind op so 'n manier, op sigbare wyse, dat bewoners van ander wêrelde met bewoners van hierdie aarde mekaar ontmoet nie, omdat dit totaal onmoontlik is, aangesien daar vir allerlei lewende wesens andere sfere vereis word, wat netso oerwetlik vasgelê is.
Ook hier is `n sataniese invloed herkenbaar om die denke van die mense nog meer te verwar, want hierdie valse gevolgtrekking bevorder nie die geestelike strewe van die mense nie, wat nou ook met boaardse en met verstandelike argumente probeer wegdoen en dat dit dus ook die sogenaamde bewys van lewende wesens op andere hemelliggame slegs wetenskaplik verwerk word, maar dit lei nie tot die oortuiging van `n geestelike ontwikkeling of verdere ontwikkeling op die hemelliggame nie.
Volgens die wet van ewigheid is die hemelliggame van mekaar geskei en bly dit geskei, omdat die ontwikkeling van die siele hulle opdrag is, en dat dit op elke afsonderlike hemelliggaam plaasvind onder totaal verskillende lewensomstandighede. Die uitlê oor ongewone prosesse is in die opsig dus foutief, maar dat `n ongewone uitwerking van krag benut kan word op `n wyse wat nog onbekend kan wees, moes u mense laat dink het.
Want ook dit behoort tot die tekens van die eindtyd, dat ongewone kragte aktief sal word en dat die doel waartoe hierdie kragte gebruik word, ook die oorsprong van die krag verraai. Ook My teenstander het teen die einde baie mag, en hy benut dit tot sy eie voordeel. Geluk dit die mense om die vir hulle tot nog toe onbekende kragte diensbaar te maak tot heil van hulle medemens, dan sal My seën ook op hulle inspanning rus. Is die doel egter ingegee deur minderwaardige motiewe, dan is ook hy aan die werk wat u ten gronde wil rig. En hy sal ook nie die sluier oplig oor sy praktyke nie. Hy sal die mense in verwarring bring, hy sal alles verhinder wat dienstig is om opheldering te gee. Die goddelike, goeie, en ware kom egter te voorskyn en hou homself nie verborge nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205