Boek 34 - Vrae oor die Wêreldruim
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24.

VERBINDING TUSSEN HEMELLIGGAME - VREEMDE VERSKYNSELS
B.D. 7208 - 16 November 1958
Daar bestaan geen aardse materiële wêreld, waarvan die bewoners suiwer liggaamlik die wêreld kan verlaat - sonder om hulle lewe te verloor nie – of hulle heeltemal vakant is, of soos hierdie aarde, of soos andere hemelliggame te verstaan is, wat lewende wesens dra van 'n vaste konstitusie, wat afhang van die gesteldheid van die hemelliggaam, dit wil sê, homself nie by hierdie aarde kan aanpas nie. En daarom bestaan die moontlikheid nooit dat bewoners van een hemelliggaam hulleself op `n ander kan begewe nie, omdat die hemelliggaam altyd slegs die lewensvoorwaardes aan die skepsel bied wat aan hom toegewys is deur die Wil van God.
Weliswaar is daar geestelike verbindings tussen verskillende wêrelde, wat egter altyd slegs geestelike doeleindes nastrewe en beoog, maar nooit sal die betreffende bewoners van `n hemelliggaam hulleself tasbare voordele sou wil of kan besorg, soos wat die mense self dit voorstel of hoop nie. Daar is geen verbindinge tussen verskillende hemelliggame nie, tensy, daar `n geestelike verbinding tot stand gebring word tussen die wesens van geestelike skeppings, wat na alle hemelliggame heen hulle lig kan laat uitstraal, en dus ook deur middel van gedagtes met die mense op aarde verbonde is, as hulle so 'n verbinding wil - as hulle hulleself oopstel vir hulle uitstraling. Dan kan die ligwesens ook wel raad gee in aardse opsig, hulle kan hulleself oor alle aardse nood van die mense bekommer en in werklik goddelike sin hulle invloed op die mense uitoefen. Maar dat hulle aan die mense sigbaar sal verskyn, sal `n groot uitsondering bly in baie besondere gevalle en om `n heel besondere rede, wat egter nie algemeen geneem mag word nie, deurdat `n massale optrede van sulke wesens `n verwagting kan skep of dan seker aangekondig sal word.
Die mense moes al bedink het dat hulle in die tyd van die einde lewe. Hulle moes al bedink wat dit beteken dat die teenstander van God kort voor die einde van sy vryheid staan - dat hy opnuut gekluister gaan word en dat hy weet dat daar nog maar `n klein tydjie vir hom oorbly. En tog glo hy nog in sy verblinding dat sy mag sal seëvier - en daarom deins hy vir niks terug om sy vermeende oorwinning te behaal nie. En as die mense dit weet, dan kan hulle ook baie sake verklaar wat vir hulle ongewoon raak of vir hulle raaiselagtig skyn te wees en die wetenskap gee op velerlei gebiede opheldering. Onopgehelderde verskynsels duik egter op buite die wetenskap in gebiede wat meer as buitesintuiglik te betitel is.
En juis hierdie gebiede benut die teenstander omdat sy ontmaskering daar nie so maklik opval nie - omdat hy die mense laat glo dat hulle aangespreek word uit die geesteswêreld vol van lig en hulle dan nou oorgee aan sy invloed. Hierdie invloed het altyd ten doel om die mense van die waarheid weg te lei, hulle denke deur dwaling te verduister - dus die terugkeer tot God te verhinder. Want die gedagtes van die mens word weer na die materie toe gelei, wat oorwin moet word tydens die lewe op die aarde.
Wat van die kant van God as "baie binnekort" aangekondig word - wat met die "naby synde einde" saamhang, word deur God se teenstander genegeer. En so word valse verwagtinge in die mense gewek wat onverskilligheid teenoor hulle siel tot gevolg het en `n groot gevaar vir die siele is, dat hulle die einde onvoorbereid tegemoet gaan en weer vir ewige tye verlore gaan. Mense wat hulle sinne nie op die wêreld gerig het nie, val nie ten prooi aan hierdie verleidingskunste van die teenstander nie, want hulle op God gerigte blik en hulle verlange na waarheid verseker hulle ook `n korrekte denke. En al kan hulle ook nie sulke verskynsels verklaar nie, dit maak geen dieper indruk op hulle lewenswandel nie, hulle gaan vasberade hulle weg tot aan die einde, steeds onder die beskerming van ligwesens wat verhinder dat die teenstander van God homself van hulle Heer maak. Want uiteindelik is die wil van die mens self beslissend of, en in hoeverre hy in die waarheid wil wandel.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205