Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

GELOOFSBEPROEWINGE OM DIE GELOOF TE STAAL
B.D.5377 - 29 April 1952
U is aan voortdurende beproewinge van die geloof blootgestel, maar slegs sodat u geloof gehard kan word, want dit is nog swak soos die van `n kind, gemeet volgens die eise wat nog in die komende tyd aan u gestel gaan word. Daarom sal u steeds weer in nood raak waarin u uself veilg sal moet maak, in soverre dat u uself tot Diegene sal moet wend, Wie u nood kan verdryf.
Soos `n wolkformasie sal die nood verdwyn, as u uself vol vertroue aan die hemelse Vader oorgee en uself aan Hom en Sy barmhartigheid toevertrou. U het so 'n seker middel om elke nood te oorheers, u hoef maar net u nood aan Hom voor te lê en Hom innig vra om hulp en u sal geholpe word. Maar die vaste geloof moet u vooraf laat ryp word, sodat Hy u kan help en Hy wil help. So 'n geloof verdryf elke nood. Maar om dit te bereik moet u self van Sy teenwoordigheid bewus wees: U sal in so `n innige verbinding met Hom moet staan, dat u nooit die gevoel sal hê om alleen te wees nie, inteendeel, u sal Hom, u VADER van ewigheid, steeds langs u voel en dan ook heeltemal daarvan oortuig wees, dat Hy u help.
`n Lewe sonder stryd, sonder nood van aardse of geestelike aard, sou u nie vooruithelp in u geestelike ontwikkeling nie, want slegs deur stryd word u krag gestaal, slegs teenoor weerstand bewys die krag homself en word ten slotte oorwinnaar. Daarom is aardse nood nie uit te skakel nie, dit is in `n sekere sin maar net `n beproewing van kragte om dit te ontplooi, waardeur u moet gaan om sterk te word in die geloof. Want u sal groot geloofskrag nodig hê in die komende tyd, waar slegs die mens kalm en seker sal bly, wat deur `n sterk geloof so vasstaan, dat hy homself altyd onder die hoede van die Vader in die hemel voel en daarom Heer is oor alles wat kom.
Daar gebeur niks in u lewe of Hy weet dit en niks kan u oorkom sonder Sy Wil nie; wat daar egter oor u kom is Sy Wil en is steeds die beste vir u siel. Prent hierdie woorde diep in u geheue, dan sal u uself steeds gelei voel deur die liefde van die hemelse Vader en geen oomblik sal u twyfel aan Sy hulp as u in nood is nie. Alles is goed wanneer u gedagtes op Hom gerig is; Wie maar net u roep verlangend tegemoet sien om u helpend te kan bystaan. Hy wil dat u uself na Hom wend, Hy wil u vaste Begeleier wees, Hy wil om raad gevra word in al u node, hetsy geestelik of aards, Hy wil u altyd help, maar kan dit slegs doen as u deur u geloof aan Hom, u ook vry uitgespreek het vir Hom. Dan egter is u onder veilige hoede, dan sal u ook die swaarste noodlot tegemoet kan sien, dit sal vir u ten beste wees, u sal aards gehelp word en geestelik sal u die grootste seën behaal uit alles, wat die Vader oor u stuur om u vir ewig te wen.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205