Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

UITLEG OOR GEVALLE VAN BESETENHEID
B.D.5472 - 26 Augustus 1952
My kinders wil Ek steeds korrek onderrig en hulle kennis verskaf, en dit is My Wil dat ook hulle, wat nie wetend is nie, onderrig moet word. Vir die mense beteken dit `n groot gevaar wanneer hulle hulleself, in geval van aardse nood, nie tot My Self wend nie, maar op eie krag en met hardnekkige koppigheid hulle nood wil bemeester en dan ook daarmee klaarspeel. Dan was dit egter nie hulle eie krag nie; maar hulle ingesteldheid, die onbewustelike innerlike afwysing van Myself, en veroorloof die kragte van die duisternis, om hulle krag van benede toe te voer en gevolglik ook die wil van die mens in beslag te neem om nou steeds meer en meer invloed te verkry.
Die mens hoef nie na buite toe as slegs kenbaar te wees nie, maar in trots en arrogansie en in aardse rykdom is die aanwysings te sien, dat die mag van benede besit van hom geneem het. Die nalaat van goeie werke sonder eiebelang, ongevoeligheid vir die nood van die medemens en oorgrote genotsug, laat steeds net die wêreldse mens ken, wie geen binding met My het nie, teen wie egter ook geen openlike oortreding van die wet in te bring is nie.
Vir sy medemens kom hy goed en regverdig voor, maar sy siel is sonder liefde en sonder geloof aan My. En sy einde sal nie salig wees nie, die aarde hou hom in die ban, in die hiernamaals begeer hy nóg haar goedere, omdat hy niks anders besit het nie en sy begeerte na die wêreldse te groot was. Hierdie mens was dus deur duister kragte geketting en tog het hulle nie geslaag om sy siel so na hulle hand te omvorm dat hy uitgesproke slegte handelinge begaan nie. Hulle verhinder hom weliswaar om na My toe te kom, maar hulle het hom nog nie heeltemal in hulle besit nie.
En daarom probeer hulle nou om hulle werkinge voort te sit, waar dieselfde aanleg, dieselfde denke en `n swakke wil te onderskei is, wat die maklikste onder die nakomelinge op aarde te vind is en dit kan gevolge hê op baie agtereenvolgende generasies; `n denke wat op My gerig is, kan egter ook die uitwerking daarvan verswak of heeltemal onmoontlik maak. Ook kan die mense slegs van tyd tot tyd in die noute gedryf word, maar dan so hewig, dat mens van `n geval van besetenheid kan spreek. Besonder erg gaan hierdie kragte te kere as hulle hulle vergeefse moeite insien, wanneer die mense steeds weer in hulle denke en wil op My aangewese word.
En dit kan vir solank moontlik wees, wanneer die siel van die eersgenoemde nog geen verlossing gevind het nie, as sy deur sy eie verkeerde wil en begeerte hierdie kragte toestaan om hulle intrek te neem in dit wat van homself afstam. Die mense sou hulleself weliswaar kan bevry deur `n baie innige gebed tot My, deur `n lewende verbinding en diep geloof, maar dit ontbreek hulle en My gawes van krag wys hulle af, beïnvloed deur die kragte wat verbitterd worstel om die siele.
Sodra die siel egter in die hiernamaals verlos is, is ook die mag van die duistere krag gebreek. En daarom bind Ek baie besonder die siele op u hart, dat u hulle sal help, omdat hulle alleen te swak is. Stel hulle in kennis van My en My liefde, dat hulle My moet aanroep om hulp en dit sal hulle ten deel val en tegelykertyd sal die siele op aarde ook bevry word wat onder die invloed staan van kragte waaraan die mag toegestaan word oor mense wat My nie om hulp aanroep nie, maar die krag van My teenstander betrek om die aardse lewe te bedwing.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205