Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

IN DIE NOUTE BRING VAN DIE REGVERDIGES
B.D.5949 - 5 Mei 1954
Die lot van die regverdige is dikwels ondraaglik, omdat die kragte van die duisternis heel in die besonder teen hom woed, omdat hulle hom as teenstander beskou, wat homself nooit by hulle sal aansluit nie en aan wie hulle daarom die geloof sou wil ontneem, sodat hy onstandvastig kan word en self sonder weerstand aan hulle oorgee.
Die mense wat hulleself aan God wy, wat lewe volgens God se Wil, word deur die duistere kragte en hulle Heer gehaat en hierdie haat plaas hulle oor deurdat hulle mense, wat aan hulle gebonde is, daarmee vervul en hulle tot dade van grote liefdeloosheid aanspoor. U mense sal dit nie kan begryp nie en ook dikwels geneig wees om te twyfel aan God se liefde en Barmhartigheid, vanweë sulke dade wat teenoor regverdige mense begaan word.
Die is die tyd van die einde en die kragte van die hel is losgelaat en woed op die mees verskriklikste manier. Dit word hulle nie belet nie, maar niks bly ongestraf nie, en die straf wat hierdie duiwels in mensegedaante tref, is waarlik `n regverdige vereffening, want hulle word gevange geneem. Hulle wat vry en ongerem kon handel, word gebind en van eindelose tye van hulle vryheid beroof en onvoorstelbare kwellinge is hul lot.
Maar die mens kan maar net `n kort tydjie ly, tot die dood hom verlos; wat sy siel egter as wins behaal, is vir u mense nie in te dink nie, maar sou u egter duidelik maak, waarom God toelaat dat die bose die oormag het oor die goeie, want hulle kan slegs die liggaam kwel en dood, maar het oor die siel van die mens geen mag nie en sy trek daar haar voordeel uit: Die weg na God word korter gemaak, wat anders aansienlik langer is.
`n Besondere swaar aardse lot het egter sy motivering, wat u mense self nie weet nie, maar vir God duidelik blyk. Die heilsplan van God is goed oorweeg en is ontwerp deur God se liefde en Wysheid. Met elke onreg, elke sonde is rekening gehou en elke moontlikheid om ryper te word is gesien en lê daarin geslote, en daarom kan alles wat `n mens oorkom as goed en heilsaam vir sy siel aangemerk word, ofskoon die menslike verstand anders sou wil oordeel.
Maar die beloning, die resultaat is nie te skat nie, en elke siel wat die swaarste leed moes deurmaak en daardeur die weg tot die ewige lewe vind; sal haar God en Vader van ewigheid dankbaar wees, sy bedank Hom dat sy vry van elke skuld geword het wat haar liggaam op homself geneem het en daarvoor gely het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205