Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

BESETENHEID - SONDESKULD VAN DIE VADERE
B.D.6691 - 17 November 1956
Elke mens is met gawes deur My begunstig, wat hom die rypwording van sy siel waarborg; en of hy ook skynbaar van nature liggaamlik of geestelik misvormd is, in elke mens is die siel in die staat van rypheid wat `n beliggaming op aarde toelaat.
Nou kan daar egter kragte, wat uit die diepte kom, besit neem van die liggaam van `n mens, wat ook uiterlik te sien is, wanneer `n mens dinge volbring wat heeltemal teen My ordening is, waaraan die eintlike siel van die mens egter geen deel het nie, maar haarself net nie kan verweer teen hierdie kragte nie, wat haar self verdring en hulle kwaad in die menslike omhulling bedryf.
En dat Ek so-iets toelaat, het ook sy wyse rede, maar u mense moet egter nie besluit dat sulke mense vir ewige tye verlore sal gaan nie, want Ek staan die siel by dat sulke kragte geen besit van haar kan neem nie en die stille leed wat vir haar daardeur ontstaan, dra by tot haar eie loutering, sodat haar gang oor die aarde ook nie sonder resultaat sal bly nie, ofskoon haar medemens meen dat hulle met `n mees verdorwe skepsel te doen het, wat ryp is vir die hel.
In die laaste tyd egter spu die hel alle slegte geeste uit en hulle soek nou `n ‘onderdak’ vir hulleself, deurdat hulle hulleself nie laat beliggaam by 'n verwekking nie, maar swak liggame in besit neem, dikwels op `n manier waar die betrokke mens sy helder verstand en die vermoë tot alle verantwoordelikheid ontsê word, dat die mens nie van homself bewus is nie en as geestelik versteurd bestempel word.
Tog is in hom `n bewuste siel beliggaam wat egter by haar eintlike taak op aarde gehinder word deur sulke lae geeste, wat hulleself uitleef in opdrag van hulle Heer. Die siele van hierdie mense maak `n gang oor die aarde van heel besondere hardheid, waaraan die mees verskillende aanleidinge ten grondslag lê; maar hulle is ook nie sonder geestelike beskerming nie en hulle hulpeloosheid teenoor hulle plaaggeeste, hulle kwellende angste, dra dikwels baie meer by tot hulle loutering as `n normale gang oor die aarde.
Dat sulke kragte egter hulself ongestraf van `n menslike liggaam mog bedien, is dikwels die skuld van mense self wie se sonde hulle uitwerking laat voel op hulle kinders. Mense wat hulleself tydens hulle aardse lewe al te gewillig laat beïnvloed deur My teenstander, mense wat dade verrig het wat baie genoegdoening vereis het en wie se sonde nog geen vergewing gevind het deur Jesus Christus nie, omdat hulle nog nie insae het wie Hy was en die vergewing nog nie afgesmeek het nie.
Die nakomelinge van sulke mense gaan nog gebuk onder hierdie las van die sonde, maar die siele van hulle hoef nie dieselfde slegte begeertes in hulleself te hê nie, maar die liggaam wat deur die sonde van die voorouers verswak is, kan hulleself nie teen die bose geeste verweer nie, wat ook sy siel sou wil besit. Maar dit word hulle belet, want Ek laat wel liggaamlike lyding, as versoening vir die skuld van die vadere, toe, maar nooit dat `n siel skade ly deur die lae geeste nie, want hulle offer hulleself vrywillig op en deur so `n offer verlos hulle hulleself en help hulle ook om die onverloste siele in die hiernamaals, wat dit deur hulle aangedane onreg insien - die weg te neem na My in Jesus Christus.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205