Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

BEPROEWING VAN DIE GELOOF
B.D.6753 - 3 Februarie 1957
So nou en dan verberg God Homself wel, maar Hy verlaat u nie. Hy wil maar net dat u Hom soek, dat u teenoor Hom nie onverskillig word en dat Hy Homself steeds weer aan u kan openbaar wanneer u in nood is.
Ook die gelowige mens het so nou en dan `n aansporing nodig om aktiewer (opwaarts) te strewe, omdat die wêreld steeds weer op hom afkom en hom in beslag wil neem. U staan midde in die wêreld en sal daarom ook steeds aan versoekings blootgestel wees, maar wat u nou moet weerstaan. En die krag om weerstand te bied, kan u maar net van God Self verkry en dit vra `n voortdurende band met Hom, wat tog dikwels in gevaar is, wanneer die wêreld homself besonder sterk opdring en haar tol vereis.
En dan gebeur dit dat hy gekonfronteer word met aardse nood wat die band met God moet verstewig. Dit gebeur egter ook dikwels dat God Homself nou verborge hou, dat die nood nie dadelik ophou nie, dat dit soms nog hewiger word en die geloof van die mens dus op ’n uiterste beproewing gestel word, maar dan moet hy homself ook waar maak.
Die mens mag nie verslap in die gebed nie en sy geloof moet onwrikbaar wees, sodat hy geholpe sal word as die tyd daar is, dat God sy uitroep hoor en Sy getalm nie sonder rede is nie. En sy geloof sal korrek blyk te wees, want des te inniger sal die band nou wees en God openbaar Homself in Sy liefde en Mag. Die mense sou waarlik alles by Hom kan bereik as hulle die geloof kon versterk en, in welke nood dan ook, nie tekort skiet in gebed nie. En dat God Homself soms verborge hou, mag so 'n geloof nie aantas of aan die wankel bring nie; veeleer moet die mens self aan sy geloof vashou, hy moet onversteurbaar op God vertrou sodat die hulp op die korrekte tyd sal kom, maar dit deur God Self as korrek gesien en bepaal word.
In die eindtyd werk die teenstander van God nou duidelik sigbaar en hierdie aktiwiteite van hom bring ook dikwels die geloof van `n mens aan die wankel, wanneer dit nie sterk is nie. Maar juis in die eindtyd openbaar God Homself ook in Sy liefde en Mag, om die aktiwiteit van Sy teenstander kragteloos te maak. En daarom hoef die geloof nie in gevaar te wees nie, want ook God laat Sy aanwesigheid vir die mense blyk op die mees duidelikste wyse, egter slegs aan diegene wat Hom aanroep om hulp.
Die swakgelowige, maar gewillige mens sal die hulp in nood baie vinnig bemerk, omdat sy geloof sterker word. Dog wanneer God talm, wanneer Hy nie dadelik tot hulp bereid is nie, dan moet die geloof des te sterker wees en moet die mens nie verslap in sy aanbidding nie, want hy self sal dan steeds meer oortuig word in sy geloof, omdat hy tog bereik wat hy afsmeek.
Want God beskaam nie die wat op Hom vertrou nie, en daaraan moet elke mens vashou in nood. Sowaar as wat daar `n God is, wat u Skepper en Vader van ewigheid is, sowaar hoor Hy u wat Hom aanroep as u Vader ook. Hy bepaal egter die tyd en aan Sy Wil moet u uself berustend onderwerp; dan sal u nie tevergeefs wag nie, omdat `n gelowige kind by die Vader bereik wat dienstig vir hom is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205