Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

TROOSRYKE WOORDE
B.D.7543 - 9 Maart 1960
Ek wil u deur alle nood heen lei, as u uself maar net aan My sal toevertrou, wanneer u uself sal skik volgens My Wil, wanneer u My geen teenstand bied deur u eie wil of verkeerde handeling nie. Ek wil u in die hart lê wat u moet doen of uitlaat, en steeds sal u kan glo dat dit My Wil is en u sal sonder enige beswaar altyd so kan handel soos wat u van binneuit aangespoor word.
Steeds sal daar weer tye kom waarin u skynbaar die innerlike vrede kwytraak, maar net so goed sal u dit weer terugvind; want ook dit hoort by die geestelik ryper wording van u siel - dat u uself tot My wend om hulp, dat u steeds weer die verbinding sal soek met My, sodat u nie onverskillig sal word in die arbeid aan u siel nie.
En dit moet u as troos goed onthou, dat Ek van al u node op hoogte is en wanneer die tyd daar is, dit ook sal laat ophou. U hoef nie moed te verloor wanneer u uself eenmaal aan My leiding oorgegee het nie; u sal seker wees daarvan dat Ek u korrek lei en dat u elke weg deur My uitgestippel is, dat u dus na Hom toe sal kan gaan en Hy altyd na die doel sal lei.
Dog die lewe kan nie sonder stryd en lyding by u verbygaan nie, want daar sal andersins vir u geen geestelike vooruitgang te behaal wees nie, waarvoor u egter op aarde leef. Maar Ek sal steeds u toevlug en beskutting wees. Ek sal steeds daarvoor sorg dat u nie beswyk onder die kruis, wat Ek u oplê tot u heil nie. Dit sal nie swaarder wees as wat u sal kan dra nie en dit sal ook weer van u weggeneem word wanneer dit sy doel vervul het: Dat dit u siel `n graad van rypheid sal oplewer wat haar geluksaligheid sal verhoog, wanneer sy eens die liggaam kan aflê en die geestelike ryk binnegaan.
Die kruis word weer van u afgeneem, sodra die doel bereik is, want Ek laat u nie langer ly as wat nodig is nie en Ek help u ook om dit te dra, wanneer dit soms te swaar vir u voorkom. U kan werklik onbesorg deur u aardse lewe gaan, dit sal vir u verdraagsaam wees, u sal dit met My hulp bemeester, want u het My die reg toegeken om langs u te gaan, sodra u My uitgekies het as u Leidsman.
En dit moet vir u steeds `n sekerheid wees, dat u geen verkeerde weë gaan nie, want dit verhinder Ek, omdat Ek u liefhet en u uself deur u wil na My toegekeer het. En wat u beswaar; offer dit slegs op aan My en dit sal u tot seën strek.
Maar laat u nie terneergedruk word deur klein onenighede waarmee u steeds weer gekonfronteer word nie; maar wat nie van lange duur is nie. Bring maar net steeds weer die innige band met My tot stand, wat die sin en doel is van alle aardse nood en u sal spoedig ook `n verandering ervaar, u sal weer blymoedig en opgewek deur die lewe gaan; u sal bevry wees van u las en My steeds meer leer liefhê as u Vader, Wie u beskerm en lei deur alle nood.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205