Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

GOD SE BESKERMING VAN SY MEDEWERKERS
B.D.8998 - 18 Junie 1965
Wat daar ookal mag gebeur, vertrou u heeltemal toe aan My leiding, wat altyd sorg dra vir u, dat u My trou bly. Wat daar ook op u afkom, Ek weet dit en Ek weet ook oral van `n uitweg daarvoor, want daar is vir My baie geleë aan u medewerking, omdat die arbeid wat u verrig, maar net deur mense uitgevoer kan word wat My heeltemal toegedaan is.
Vir My is niks verborge nie, Ek stuur die gang van sake, en wat u nie as moontlik beskou nie, dit volbring Ek maklik en steeds weer sal u My leiding ondervind, u sal steeds weer ervaar dat daar vir My niks onmoontlik bestaan wanneer dit daarom gaan, om aan die mense die Lig van die Waarheid te besorg nie.
En solank u hierdie taak beskou as die vernaamste, sal u uself ook onder My besondere beskerming bevind en alles sal self so ontwikkel dat u My leiding duidelik sal ondervind.
Want slegs een ding is noodsaaklik: Dat die mense op hoogte sal wees van hulle taak in die aardse lewe, van hulle toestand en van hulle doel. En alles wat daarby help om hulle dit te wete te bring, sal Ek ondersteun, op elke manier en u sal u op hierdie toesegging kan verlaat; dat Ek altyd daarvoor sal sorg om vir u die voorwaardes te skep dat u hierdie arbeid sal kan uitvoer, dat daar maar weinig mense is wie My ernstig wil dien en Ek hierdie mense ook nie in die steek sal laat nie.
Maar laat dit aan My oor hoe Ek u sal help, want ook dit is betrokke in My ewige heilsplan, omdat alles homself in `n wetmatige ordening voltrek, waarby Ek steeds rekening moet hou met die wil, wat volkome vry moet bly, dus dat elkeen homself My vrywillig ter beskikking moet stel om dan in My Wil werksaam te wees.
Maar u sal verbaas staan welke weë Ek kies en daaruit ook kan agterkom hoe ontsaglik belangrik u arbeid vir My en My ryk is, want Ek wil nie dat die werk uitgestel moet word nie, omdat die tyd tot aan die einde nog maar baie kort is en elke geleentheid benut moet word, waar die mense My Woord gebring moet word, want dit is die enigste redding vir hulle wat dit wil aanneem.
En daartoe moet hulle geleentheid gebied word, omdat niemand sal kan sê dat hy nie deur My aangespreek was nie, ofskoon Ek baie maniere het om die mense aan te spreek, maar dit hoort nie tot u toepassingsgebied nie, u moet slegs daarna vir die moontlikheid sorg dat hulle `n verklaring het vir die rede van hulle menswees op hierdie aarde, dat u hulle in kennis stel van hulle oertoestand, van u huidige menswees en van die doel wat hulle moet bereik.
U moet die gebod van die liefde baie nadruklik aan hulle bekendmaak, dat dit die vernaamste is wat hulle in ag moet neem, om die doel van hulle bestaan na te kom. U moet hulle maar net inwy in die werk dat (die gevallenes) teruggebring moet word, dat hulle My eindelose liefde moet bewys en u moet hulle kennis gee oor My Wese.
Want hulle het geen geloof meer nie en daarom het hulle kragtige blyke van My werksaamheid nodig, wat u hulle sal kan gee vanuit u kennis. En daarom sal Ek geeneen van My medewerkers ongeskik (vir sy werk) laat word nie, veeleer alles doen om hulle die arbeid vir My en My ryk te verlig.
En steeds weer sal u My duidelike leiding insien wat u toon hoeveel dit vir My aan u medewerking geleë is. Want Ek kan alles doen, maar nie die wil van `n mens so bestem om My te dien nie.
En daar is maar weiniges te vinde wat die wil voortbring, wie Ek dan ook kan aanstel as troue knegte in My wingerd. Daarom sal Ek hulle steeds My besondere beskerming belowe, en Ek sal hulle lei en aan hulle kant gaan staan, sodat hulle hulle taak kan vervul.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205