Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

VERSOEKINGE
B.D.3684 - 12 Februarie 1946
Val nie ten offer aan die versoekings, wat steeds weer op u afkom deurdat Ek dit toelaat nie. Die vyand van u siel doen voortdurend moeite om u vir homself te wen en hy stel steeds weer valstrikke vir u, waarin u verward raak, hy trag om u tot `n val te bring, wetend, dat u maar moeilik orent sal kan kom en dat hy u swakheid dan vir homself kan benut.
En Ek verhinder nie sy voornemens nie, omdat Ek hom `n bepaalde mag oor u siele, in die stadium as mens, toegestaan het, omdat u in vrye wil `n beslissing moet neem en u uself, met My hulp en barmhartigheid, ook uit sy mag sal kan ontworstel.
Ek laat sy aktiwiteite toe, maar waarsku en vermaan u voortdurend, sodat u weerstand sal bied en oplettend sal wees en u uself nie van My verwyder nie, omdat Ek u te alle tye kan help, as u My roep en My hulp afsmeek. Die krag om weerstand te bied staan u steeds ter beskikking, gebruik dit daarom ook, kom met elke liggaamlike en geestelike kwelling na My, dat Ek u kan bystaan en u uself nie, sonder om te verset, aan My teenstander oorgee nie; want slegs deur stryd kom u hoër op, slegs deur stryd word u gehard en word u die vyand se baas.
Altyd sal u krag van My in ontvangs kan neem en dit teen hom gebruik, en u sal oorwinnaar bly omdat u wil homself van My teenstander afkeer. En word nie kleingelowig en angstig nie, al kom die versoekings hoe dreigend op u af. Dit is sy wapen: Om u vreesagtig te maak, u weerstand te verlam, u moet egter weet dat daar Een is Wat u in alle volheid krag kan gee en dat u daarom geen versoeking hoef te vrees nie, al mag u hoe onmiskenbaar daarmee gekonfronteer word. Slegs die wil om te oorwin moet u besiel, dan sal u ook seëvier, die wil moet egter opreg wees. U is voortdurend deur slegte kragte omgewe, wat u geestelike ondergang wil bewerkstellig, u het egter ook steeds helpers wat u tersyde staan, wat uit die ligryk kom, wie u in My opdrag behulpsaam bystaan as u My maar aanroep.
En vertrou u daagliks aan hulle toe, laat hulle u beskermers wees deur u wil en u oorgawe aan My en al die geestelike vol van lig, wat innig met My verbonde is en dus ook in My Wil werk. Laat hulle vir u sorg en dra hulle in gedagtes die las oor wat op u druk en u sal verligting bemerk, u sal nie meer angsvallig wees nie, u sal in rus en kalmte teenoor elke versoeking staan en dit dus ook oorwin.
Steeds is u seker van My beskerming en My hulp, want ofskoon Ek My teenstander ook mag oor u toegestaan het, so staan daar vir u tog ook in gelyke mate krag ter beskikking, want ook Ek wil u vir My wen en My doel is waarlik die korrekte. Slegs vanweë u wilsvryheid laat Ek die stryd en die versoekings van die kant van My teenstander toe, want slegs in wilsvryheid kan u die doel bereik om volmaak te word en dus geluksalig te wees tot in alle ewigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205