Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

IN DIE NOUTE BRING VAN DIE DRAERS VAN DIE WAARHEID, DEUR TEENSTANDERS VAN GOD. GOD SE HULP
B.D.3996 - 10 Maart 1947
Om `n geestelike taak te vervul is `n buitengewoon sterk wil nodig daarvoor, want die teenstander van God sal heel in die besonder moeite doen om op hierdie wil in te werk, om die mens te laat afsien om vir die suiwer waarheid op te kom, wat die taak van `n mens is wat homself in diens van God gestel het.
Daar sal steeds twee strominge onder die mense wees: Aanhangers en verkondigers van die suiwer waarheid en diegene wat die dwaling aanhang, en steeds sal die lig teen die duisternis moet stry, omdat die leuenvors voortdurend probeer om die waarheid kragteloos te maak en die dwaling in die plek daarvan te stel. Die vors van die duisternis stry teen God, die leuen teen die waarheid, die duisternis teen die lig. En hierdie stryd sal voortduur solank die aarde bestaan as verblyfplek om die geestelike te vorm wat hulleself moet bevry.
Hierdie stryd sal dan heel duidelik aan die lig kom, wanneer die waarheid openlik vanuit die hoogte na die aarde gestuur word. Dan wend die teenstander van God alle moontlike middele aan om haar te verdring, en hy verskyn dan ook in die vorm van `n verligtende gestalte om arglistig binne te sluip en homself te vestig, daar waar die minste weerstand gebied hom word. En in die eerste plek probeer hy om hulle, wat die waarheid verkondig, onskadelik te maak, deurdat hy elke geleentheid benut om hulle wil te breek, deurdat hy probeer om hulle te beïnvloed om hulle arbeid vir God op te gee en in die vreugde van die wêreld vervanging daarvoor te soek. Slaag hy nie om `n dienaar van God deur middel van die wêreld te bekoor nie, dan tree hy kragtiger op, deurdat hy alle geestelike suksesse, wat behaal word deur die medemens, probeer ondergrawe, deurdat hy op laasgenoemdes inwerk en hulle beïnvloed om hulleself vyandig op te stel en gevolglik die verbreiders van die lig hulle missie op aarde, op elke manier te bemoeilik.
En daarvoor is `n sterk wil nodig, ondanks hierdie teenwerking, om die taak op aarde te verwesenlik Daarvoor is `n buitengewone sterk geloof en `n toegewyde liefde tot God nodig, om vir Hom `n troue kneg op aarde te bly, om die teenstander te herken en te verafsku en die arbeid, met betrekking tot die medemens, met volharding en ywer uit te voer en ten slotte as oorwinnaar teenoor hom te staan, wanneer die laaste stryd deurstaan sal wees.
Maar God laat geen van Sy dienare en arbeiders op aarde sonder krag nie, Hy help hulle altyd as hulle dreig om swak te word, as sy wil aan te hewige gemoedskommeling blootgestel word deur die voortdurende inwerking van die vyand van die waarheid. Dan openbaar Hy Hom Self eweneens en voor Hom moet die teenstander wyk.
Die waarheid sal ook steeds die dwaling verdring, wanneer die mense ten minste nie hulleself daarteen verweer en dan voorkeur aan die dwaling gee bo die waarheid nie. Dan kry hulle van God hulle sin en Hy gee hulle wat hulle self begeer. Dan behaal die teenstander van God wel die oorwinning, maar hy sal homself nie daaroor verheug nie, hy verkry slegs dit vir homself wat hom al lankal toebehoort; egter nie die wat na God streef nie en daarom ook deur God vasgegryp word en wat ewig nie meer verlore kan gaan nie.
Wie egter op aarde `n verdediger van die waarheid is, sy wil sal altyd versterking ondervind deur die stuur van lig uit die hoogte. En sy wil sal nie meer sodanig verswak kan word dat hy die waarheid opoffer of nie daarvoor opkom nie, want hy het self plesier in sy werk en verrig die arbeid wat God Self aan hom opgedra het, vol ywer en wat Hy daarom ook seën. Sy seën beteken egter voortdurende hulp, toevoer van krag en onophoudelike toestuur van Sy Woord, wat as voortdurende bron van krag sy siel ook die rypheid sal besorg wat haar heeltemal sal bevry uit die mag van die duisternis en haar aan elke beïnvloeding van duistere magte onttrek. En hy sal vol wees van krag en opkom vir God en die ewige waarheid, hy sal op aarde `n bekwame arbeider in die wingerd van die Heer wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205