Boek 35 - Beproewings -versoekings - besetenheid – beskerming
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DUIWELSE INVLOED OP DIE DRAERS VAN DIE LIG - STRYD TEEN DIE WAARHEID
B.D.4438 - 21 September 1948
Die duiwelse invloed is veral sterk, waar die waarheid op die punt staan om baan te breek, en daarom word u dikwels deur gedagtes gepla wat die wesens u laat toestroom en wat bedoel is om u ongeskik te maak vir die opneem of verder gee van die waarheid.
Lig en skadu is steeds saam, die stryd van die lig teen die duisternis vind steeds plaas en die wil van die mens is bepalend welke kragte die sege behaal. Waar lig, dit wil sê, die waarheid is, daar drom die duistere wesens ook saam om dit uit te daag, om die waarheid deur leuen en dwaling te verdryf. En die uitwerking daarvan is sodanig dat alle geestelike arbeid swaarder gemaak word vir die draers van die lig, sodra hulle self nie die sterk wil kan opbring om onafgebroke werksaam te wees vir God en Sy Ryk nie.
Dan onttrek `n draer van die lig krag uit God en kan teen elke invloed van duiwelse kant weerstand bied, dan is hy sterker as die krag, dan het hy die geestelike wat vol van lig is, as `n beskermende wal om homself en kan elke invloed, elke verkeerde gedagte afweer. Die krag van die wil mag nooit verslap nie, dan bring ook die duiwelse kragte niks tot stand nie.
Maar steeds sal `n draer van die waarheid die nabyheid van die wesens bemerk, wat teen die waarheid stry, in soverre, dat die geestelike arbeid moeiliker verloop, dat die belemmerings en hindernisse haar beïnvloed en die mens ook steeds weer om nuwe krag moet vra van God en homself dus steeds inniger by God moet aansluit, as hy nie swak wil word en die sege aan die demoniese kragte oorlaat nie.
Maar hy bly nooit sonder hulp nie, want waar die lig eenmaal na die aarde gelei kan word, is ontelbare ligwesens bereid tot verdediging en wie eenmaal God sy dienste aangebied het, die sal in Hom ook `n troue helper en raadgewer vind, Wie hom nooit aan die vyand sal oorlaat nie, inteendeel hom teen dié se invloed sal beskerm.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205