Boek 36 - Die Hemelliggame
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

STERRE - GEESTELIKE EN AARDSE SUBSTANSIE
B.D.2143 - 7 November 1941
Vir die positiewe ontwikkeling van die geestelike is die dienende werksaam wees deurslaggewend, en daar word wel, na gelang van die verblyfplek, ook `n sekere aktiwiteit van die wese verlang en dit stem weer ooreen met die gesteldheid van die hemelliggaam wat die wesens as bewoners het. Aardse sigbare en tasbare substansie vereis ook `n werksaamheid wat weer die sigbare en tasbare tot stand bring en gevolglik moet ook die siel, die geestelike, homself in `n omhulsel bevind wat tasbaar en sigbaar is .
Die aktiwiteit kan egter ook uit suiwer geestelike aktiwiteit bestaan, dit wil sê, nie aan `n vorm of aardse skepping gebind wees nie, en tog eweneens `n dienende liefde wees, waardeur die wese tot volmaaktheid kom. Gevolglik hoef die rypwording van hierdie wesens nie van aardse skeppings, dit wil sê, materiële skeppings, afhanklik gemaak te word nie. Veeleer kan die positiewe ontwikkeling in geestelike gebiede vinniger en makliker plaasvind. Tog is aktiwiteit in `n geestelike omgewing moeilik om vir die mense uit te lê. Dit kan nie vir hulle duidelik gemaak word nie, omdat die mens nie `n lewe, sonder `n liggaamlike buitekant, vir homself kan voorstel nie, maar by God is geen ding onmoontlik nie en skep Hy dus dinge wat vir die menslike verstand onaanneembaar voorkom, wat volgens menslike begrippe as nie-bestaande uitgelê moet word, maar wat ewenwel nie uit die heelal weg te dink is en dus ook nie te verloën is nie. En dit is die hemelliggame wat vir die mens as aan die hemel staande sterre sigbaar is. Hierdie sterre is eindelose afstande van mekaar verwyder en is steeds `n aparte wêreld.
Elke skepping getuig van God se Almag, Wysheid en liefde, maar die mens sal nie die aard van die sterre begryp, solank hy op aarde vertoef nie, want hy kan homself niks voorstel wat nie uit aardse substansie bestaan nie. Die geestelike in die mens is egter ook volledig onafhanklik van die aardse materie substansie en dit laat al die aardse tasbare of sigbare op die aarde agter, sodra die siel, deur die poort van die ewigheid, die geestelike ryk binnegaan.
En dus is die verblyfplek van die siel na die liggaamlike dood geen skepping wat bestaan uit aardse substansie nie, inteendeel is die ontelbare sterre daarvoor bestem, wat vir die menslike oog sigbaar is as stralende hemelliggame, maar in werklikheid nie deur die menslike oog aanskou kan word nie, omdat dit geen aardse skeppings is nie, wat egter tog deur God geskape was vir die voortgaande ontwikkeling van die nog onvolkome geestelike.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205