Boek 36 - Die Hemelliggame
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

ASTROLOGIE - DIE LOT UIT DIE STERRE
B.D.4748 – 27 en 28 September l949
Slegs dit is ter beskouing gegee deur My Gees, - wat die verlossing van die geestelike tot inhoud het, wat dus min of meer uitvoerig kennis gee van My heilsplan en gevolglik ook getuig van My en My Wese. Kennis wat buite hierdie kader val, wat dus in die mens nóg die geloof aan My Liefde, Wysheid en Almag wek, nóg die sielerypheid van die mens apart bevorder, `n kennis wat tewens in teenspraak is met die leer van die Christus (Christus) in soverre dat dit die vrye wil van die mens ontken, dus die mens volslae willoos aan die noodlot sou oorgelewer het, `n kennis wat verder sogenaamd deur My Wysheid vir die mens die verborge toekoms meen te kan ontsluier, is geen werksaamheid van die Gees en dus ook nie volgens My Wil nie, veel meer `n middel van My teenstander om die mense van die ware kennis af te bring en hulle denke op `n dwaalspoor te lei. Nimmer sal mense kan deurgrond of bereken hoe die lewenslot van die enkeling gestalte kry nie, maar al die soort beweringe is verkeerde gevolgtrekkings of vermoedens wat wel toevallig waar kan wees, maar dan nooit op grond van berekeninge of die invloed van bepaalde hemelliggame nie, inteendeel beantwoord die lewenslot aan My plan van ewigheid, waaraan die vrye wil van die mens ten grondslag lê.
In die groot skeppingsruimte is weliswaar eindeloos baie sterre vir die mense op aarde sigbaar, maar hierdie hemelliggame oefen nie `n bepaalde invloed op die mense uit nie, (28 Sept.) wat ook vir elkeen begryplik sal wees, as hy bedink dat tallose sterre in hulle toegewese bane rondgaan, dat hierdie wetmatigheid sedert ewigheid deur My Wysheid ingesien is as goed en korrek, dat alle hemelliggame lewende wesens dra met die positiewe ontwikkeling van hulleself as doel en dat ook hulle lot bepaal is, maar hulle word nooit deur ander hemelliggame beïnvloed nie. Slegs suiwer op natuurlike wyse kan die bewoners van die aarde atmosferiese strominge gewaar word, wat hulleself deur die nabyheid van bepaalde hemelliggame openbaar, wat egter geen invloed op die lot van die enkeling het nie.
Die wetmatigheid in die hele heelal, die ewige ordening wat in My skepping te sien is, is wel genoeg bewys van `n leidinggewende Mag. In dieselfde geordenheid word die ontwikkelingsgang van die wesens egter ook voltrek, en terwille van hulle het die hele skepping ontstaan. Dat hierdie skeppings nou `n bepaalde invloed het op die ontwikkeling van die geestelike wesens is korrek, maar slegs in soverre dat dit vir hierdie wesens `n voortdurende omvorming moontlik maak en sodoende `n langsame klim omhoog. Maar in die stadium van die vrye wil word die mens so met gebeurtenisse gekonfronteer, soos wat Ek dit in My Wysheid as gunstig vir die wesens ingesien het. Dat die hele aardse lewe homself in `n sekere wetmatigheid voltrek, gee die mense aanleiding om verkeerde gevolgtrekkings te maak, hulle het hierdie wetmatigheid volgens eie denke uitgelê en nou gevolgtrekkings gemaak, wat met die lot van die mens in verband gebring word. Maar op geen enkele manier beantwoord hierdie ondersoekinge aan die waarheid nie en word ook nie deur My goed gevind nie, want Ek sal steeds die vrye wil van die mens laat geld, ofskoon Ek die lewenslot bepaal het sedert ewigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205