Boek 36 - Die Hemelliggame
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

"IN MY VADER SE HUIS IS BAIE WONINGS"
B.D.5449 - 26 Julie 1952
In My Vader se huis is baie woninge. Kan u die sin van hierdie woorde van My begryp? Dat Ek u inwoning beloof in die huis van My Vader, u egter tegelykertyd te verstane wil gee, dat `n woning vir iedereen van My skepsele berei is, wat geskik is om elkeen afsonderlik op te neem - dat Ek daarmee vir u wil sê: Wat nog nie u op aarde bereik het nie, sal nog u in My ryk kan nastrewe, aangesien Ek ontelbare moontlikhede het om u voltooiing in die geestelike ryk te bevorder. Nie net die aarde staan My ten dienste nie, maar al My skeppings is verblyfplekke vir die nog onvolkome geestelike om ryper te word; totdat hy uiteindelik sover in sy ontwikkeling is, dat hy `n hemelse geluksaligheid in besit kan neem van die heerlikste geestelike skeppings, want: “In die huis van My Vader” is oral, in die bereik van My oneindige liefde, en steeds sal hy homself daar ophou, waar die Vader `n woning berei het, wat ooreenkom met die graad van sy liefde en sy bekwaamheid om te bestuur en te werk in die ryk wat vanuit My aan hom toegewys is.
In die huis van My Vader is baie wonings. Geen wese is sonder `n vaderland nie, die ewige vaderland neem alle siele op, maar die vaderland is veelsydig ingerig. Dit kan die heerlikste blommetuine en die mooiste paleise te siene gee, maar dit kan egter ook eindelose verre verlate streke bevat waarvan die deurreis ook eindelose lang tye verg. Maar in die woeste streke splits daar ook weë af wat na `n land vol blomme voer, en dit kom maar net daarop neer of die reisigers ag slaan op hierdie weë, of hulle oplettend speur na `n uitweg uit die woesteny en hierdie uitweg ook betree, Elkeen word opgeneem in My ewige vaderland en aan elkeen kom dit toe om `n woonplek in besit te neem. Hoe dit egter daar uitsien, hang slegs van hulle wil af en daarom sê Ek: "In die huis van My Vader is baie wonings" Want elke mens, elke wese, berei dit vir homself, na gelang van die graad van sy volmaaktheid.
Maar of hierdie woning van hom ook hoe armoedig is, dit kan deur sy wil en sy arbeid waarlik vinnig omvorm word en daar kan die lieflikste onderdak ontstaan, as die siel maar net met verlange na so iets koester en ywerig na verwesenliking streef. Dan staan tallose helpers haar tersyde en skep en werk met haar en dit kan `n paradysagtige woonplek word, waar dit tevore `n verlate en duister streek was.
Eendag sal elke siel na haar ware vaderland terugkom, maar solank sy nog onvolmaak is, sal sy haarself uit haar plek voel, ofskoon sy al die ryk betree het, waarvan sy eens weggegaan het. Maar Ek het baie skoolgeboue en die positiewe ontwikkeling sal met sekerheid vorder, ofskoon daar dikwels lang tye daarvoor nodig sal wees. Eendag sal ook die verlore seun weer terugkeer en weer die woning betrek wat hy eens besit het, hy sal in die vaderhuis vertoef, waar alle kinders om die Vader byeen gebring is, hy sal liefdevol opgeneem word deur die Ewige Liefde, Wie hom die plek sal aanwys naas Hom. Dog eindelose tye sal nog verbygaan tot al My kinders na die huis teruggekeer het, totdat hulle in My huis kom woon, eindelose tye sal nog verbygaan, maar geeneen van My kinders gee Ek op nie. Die liefde van die Vader trek hulle aan en geeneen van My kinders sal hierdie liefde vir ewig kan weerstaan nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205