Boek 36 - Die Hemelliggame
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

IS DIE SKEPPING VAN GEESTELIKE AARD? ONDERSKEID TUSSEN DIE MATERIËLE HEMELLIGGAME
B.D.8838 - 7 en 8 Augustus1964
Oor die skeppings in die heelal verlang u opheldering en Ek wil dit ook aan u gee, vir sover u in staat is om dit op te neem. Daar is skeppings wat deels van geestelike en deels van materiële aard is, hulle kan egter nie as aards-materieël beskou word nie, want My Wil om te skep is van `n dergelike veelsydigheid, en u sal nooit dieselfde gesteldheid op ander hemelliggame kan aanneem soos wat die aarde dit vertoon nie.
U moet egter bedink dat nie slegs die aarde geestelike het wat gekonsolideer is as materie wat in homself vervat is nie, maar at die tallose hemelliggame wat vir u oë sigbaar is, deur My in die lewe geroep was; dat hulle almal help om mensesiele, wat nog nie die graad van rypheid bereik het om hulleself in die skeppings in die hiernamaals verder te ontwikkel nie, opwaarts te laat gaan. Die totale skepping is krag wat uit My uitstraal en die aarde is die armsaligste skepping, omdat dit uit grof stoflike materie bestaan.
Wie dus die gang deur haar skeppings aflê, kan dit tot volledige vergeesteliking bring van dit wat die mens as siel die lewe gee. Maar die grade van rypheid, waarin die siel by die dood van haar liggaam, die aarde verlaat, is baie verskillend. En so word sy deur ander skeppings opgeneem, wat haarself volgens haar begrippe dus wel in die hiernamaals bevind, maar wat volstrek nie maar net geestelike skeppings genoem kan word nie, omdat ook die substansies daarvan, bestaan uit die geestelike wat gekonsolideer is, naamlik Krag uit My, eens voortgekom as wesens, wat buite My Wil in aksie kom. Hierdie materie is egter baie soepeler en meer aanpasbaar, sodat die siele wat hulleself daarin bevind, aangespoor word om ywerig besig te wees en mekaar te dien, dus steeds verder ryp word.
(8 Aug.) Daar kan dus van materie gespreek word wat maklik oplosbaar is, maar wat tog ook die geestelike in homself berg wat My eens ontrou geword het, maar wat nie in so 'n mate ly as wat op die aarde die geval is nie - dat dit graag diensbaar is om vir die siele hulle verdere ontwikkeling moontlik te maak. Hierdie materie vergaan sodra hulle hierdie taak vervul het. Die skeppings op hierdie hemelliggame word bewoon deur wesens - wat dus ook as mense te bestempel is, wat eweneens die taak het om die siele te help om self verder te ontwikkel en daarom moet daar ook materiële skeppings bestaan, maar hierdie moet mens homself nie so voorstel as die op die aarde nie. Die wesens bevind hulleself te midde van `n wêreld wat hulle iets ongelooflik bied en wat tog `n reële wêreld is, omdat die krag van My Gees alle wesens deurstraal en hierdie wêreld solank `n werklikheid sal bly tot die algehele vergeesteliking van alle wesens bewerkstellig is, wat dan nie meer `n materiële wêreld nodig sal hê nie.
Omdat dit egter nog ewighede sal verg en die hemelliggame dus vir u mense aan die uitspansel te sien sal wees, word u so met die doel onderrig dat al hierdie wêrelde My Wil is wat tot vorm geword het, dat Ek krag uitgestraal het wat die meer of minder diep gevalle geestelike was, dat hierdie krag homself gemanifesteer het, dus sigbaar is en bly vir die bewoners van hierdie hemelliggame, wat nou op verskillende hoë vlakke van insig staan en dus ook bewoners van die aarde kan opneem om hulle te help om hulleself verder te ontwikkel. U mense bevind u dan "aan die ander kant" van die aarde en tog in My ryk, na gelang van u rypheid sal u van verblyfplek verwissel om in skeppings, wat altyd vergeestelik is, binne te gaan.
Maar wat u oë as hemelliggame sien aan die uitspansel, is almal skeppings wat My Wil laat ontstaan het, en hierdie skeppings is die oergeeste wat van My afvallig geword het, aan wie Ek opgawes gestel het, wat dit nou ook vervul, wat My ook weer meer of minder erken, wat dus nie so diep gesink het nie, maar tog materiële skeppings nodig het om hulle taak daarin te vervul. Maar daar kan nie van aardse materie gespreek word nie, aangesien dit die mees diep gesonke geestelike is wat deur die mens op aarde in eindelose lang tye oorwin moet word; terwyl die eersgenoemde materiële skeppings aan die mens ter beskikking gestel word om hulle gelukkig te maak, sodat hulle daarvan kan geniet. Want `n sigbare hemelliggaam moet ook sigbare skeppings besit, wat die al ryper geeste die grootte en mag van hulle Skepper aanskoulik moet maak en tewens aan hulle, wat hulleself nog moet ontwikkel, die geleentheid gee om te dien. Die probleem is vir u nie so maklik op te los nie, want u begryp slegs wat daar op u aarde is en ook daaroor is u kennis begrens. Hoe die uitwerking van andere hemelliggame egter op u gedagtes is, sal vir u verborge bly, solank u nie in staat is om geestelik `n opname te maak nie. Dan is die ryk egter ook vir u ontsluit en u sal van die een verbasing in die ander val oor wat elke hemelliggaam afsonderlik as skeppings bevat.
Maar al My werke het hul motivering en dit bewys My liefde en Wysheid en Mag. En wat vir u ondeurgrondelik voorkom, sal u te wete kom, hoe verder u vooruitgaan in u sielerypheid, dan sal daar vir u geen vrae meer wees wat nie vir u beantwoord sal word nie. En u sal verruk wees weens die ryklike kennis, ook wanneer dit tans nog vir u verborge is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205