Boek 36 - Die Hemelliggame
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

MATERIE IS VERDIGTE GEESTELIKE KRAG
B.D.8961 - 10 April 1965
Al My skeppings is die gevalle geestelike, oerwesens wat eens hulle werksaamheid geweier het en daarom omvorm word tot al die skeppings wat u sien en ook sulkes wat vir u oë verborge is, maar die gevalle geestelike, wat deels as uiterlike omhulling dien of self nog gebonde is, is in allerlei skeppings. U sal moet weet dat Ek die skepping laat ontstaan het juis omrede van die geestelike, dat daar egter ook geestelike skeppings ontstaan en sal ontstaan, wat My Wil maar net vir die wêreld skep wat homself in die lig bevind, en dat hierdie skeppings egter nie vir u voorstelbaar is nie, omdat dit tot die heerlikhede behoort wat Ek berei het vir hulle wat My liefhet.
So is dus al dit wat vir u sigbaar is - ook die verste sterre wat vir u as ligpuntjies te sien is vanaf die wêreld, wat My grenslose Liefde vir die gevalle geestelike geskape het, tog in hulle aard ewenwel so veelsydig dat hulle ook die geestelike in alle grade van rypheid kan opneem, maar wat nie vir u kenbaar sal wees nie. Wat vir u egter nie sigbaar is nie, is die geestelike skeppings wat My Wil, om voortdurend vorm te gee, buite Homself plaas, wat dus slegs deur u gesien kan word, wanneer u self `n graad van rypheid bereik het, wat vir u die geestelike aanskouing daarvan moontlik maak.
Die getal van die gevalle wesens is vir u onbegryplik groot en dit vra weer om eindeloos baie skoolgeboue. U moet nie net die skeppings van die aarde as sodanig beskou nie, ook wanneer daar van "aardse" materie gespreek word - veeleer is al hierdie skeppings meer of minder vaste substansie, wat volgens die graad van hulle afvalligheid, hulleself verder of minder ver van My verwyder het, of ook geestelike wesens wat al die afstand tot My verklein het maar tog nog nie die hoogste volheid van lig bereik het nie. Dog het al hierdie wesens eens My teenstander gevolg toe hy afvallig geraak het van My, maar hy kon hulle nie teëhou, toe hulle hulleself van hom skei en nie tot in die uiterste diepte weggesink het nie. Hulle substansies gebruik Ek by die skeppings wat baie makliker lewensvoorwaardes besit, waarvoor dus nie sulke armsalige en skamele skeppings vereis was soos wat die aarde dit te siene gee nie, omdat die hardste substansies nog op haar tot ontwikkeling moet kom, maar dat hierdie rypwording slegs op hierdie aarde voltooi kan word, met die bereiking van die kindskap van God.
My veelsydigheid ken geen grense nie en u sal ook steeds weer nuwe skeppings kan aanskou tydens u rypwording, wanneer die aardse lewe u nie die resultaat opgelewer het wat u heeltemal vergeestelik het om die ligryk te kan binnegaan nie, waar wonderlike geestelike skeppings op u wag, wat u onmeetlik gelukkig sal maak. Dat Ek nou egter ook materie kan laat ontstaan uit iets geestelik wat nie gevalle is nie, hoef nie betwyfel te word nie, want vir My is niks onmoontlik nie, en alle materie is verdigte geestelike krag, wat homself dus verdig het tot vorm. Maar so 'n proses vind slegs dan plaas wanneer Ek Self `n bepaalde doel voor oë het daarmee, soos wat dit gebeur het, toe Ek vir `n suiwere Liggees `n uiterlike omhulsel geskep het waarin Ek My Self wou beliggaam het en dit ewiglik nie moontlik kon gewees het in die materie van `n siel wat eens geval het nie. Want ook `n nie-gevalle gees wat oor die aarde gaan, met die doel om kindskap van God te bereik, moet deur die diepte heengaan en sal derhalwe `n aardse liggaam nodig hê, wat egter heelwat vinniger tot rypwording kan kom, omdat die weerstand teen My makliker verbreek kan word en wat met sekerheid ook sy doel in `n aardse lewe sal bereik. Maar Ek is op hoogte van die toestand van iedere siel afsonderlik, en dit is My strewe om My teenstander se siele in so ’n kort moontlike tyd af te pers en om die oergees Lucifer dus die een siel na die ander afhandig te maak, sodat daar op die laatste slegs nog die verlore seun agterbly, wat homself weer aan My sal oorgee, wat Ek weer sal opneem, omdat hy teruggekeer het na sy vaderhuis.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205