Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE ONTVANG VAN DIE WAARHEID
B.D.6729 - 5 Januarie 1957
Die ontvang van die waarheid vra die prysgee van die kennis wat `n mens al het.
Van buite af sal geestelike goed steeds weer vir u gebring word, waarvan die waarde egter slegs dan groot is, as dit uit dieselfde bron ontspring het en as dit u uit die hoogte gestuur word - wat uit die Oerbron van die wysheid Self gestroom het. En dit kan u, wat My Woord regstreeks ontvang, baie spoedig beoordeel, omdat daar reeds kennis vir u ontsluit is, wat u bekwaam maak om korrek en passend te oordeel, en dat elke geestelike lering daarom ook met die kennis moet ooreenstem.
Al My kinders vul Ek met My Gees, wat hulleself tot My wend in `n diep verlange na die waarheid, wat dus bereid is om My en die waarheid te dien, deurdat hulle dit wil verbrei. Want omdat die dwaling die grootste gevaar is vir die geestelike ontwikkeling van die mens, sal Ek steeds sorg dat hierdie dwaling deur die waarheid onskadelik gemaak word. Dus sal die stuur van die waarheid My vernaamste sorg wees en elkeen wat sy diens vir My aanbied, elkeen wat self vervul is van `n verlange na die waarheid, sal deur My aangeneem word om dit te versprei.
Maar juis die verlange na die waarheid moet aanwesig wees, om ook die waarheid deur My te kan ontvang. Ek verheug My oor elke strewe na die goeie en ware. Ek verheug My, as `n mens steeds weer die groot waarheidsverlange te kenne gee, as hy met `n leë hart tot My kom, om dit deur My te laat vul. Want slegs dan kan hy die suiwer waarheid in ontvangs neem, as hy bereid is om die, vroeëre kennis wat nie deur My na hom toe gestuur is nie, op te gee. Hierdie kennis kan ook ooreenstem met die waarheid, maar dan sal dit ook deur My na hom toe gestuur word, hy moet "homself slegs heeltemal ontdoen van geestelike opvattinge” wat vooraf verkry is om `n vermenging van verskillende waardevolle leringe te verhinder en die suiwer waarheid sodoende nie in gevaar te bring nie.
Maar juis hierdie eis van My word maar selde in ag geneem en maar selde word aan hierdie eis voldoen. En daarom is dit ook maar selde moontlik om `n opnamehouer te vind wat homself heeltemal geledig het en hom vir die goddelike geestestroom open en nou gevul kan word met 'n kostelike inhoud. Want die suiwer waarheid uit My is `n kostelike ding. Dit is `n stroom van bo, `n weggee van Myself, `n genadegawe, aangebied deur My Vaderlike Liefde, wat haar kinders vir ewig wil terugwen.
En die kosbare dinge moet sorgvuldig beskut word teen verontreiniging, teen vermenging met ander geestelike goed, wat My Gawes waardeloos sou kan maak. Wat Ek u aanbied deur die innerlike woord, wat dus duidelik deur My regstreekse aanspreking na u toe vloei, moet daarom ook soveel moontlik woordeliks weergegee word, dit mag nie tot inhoud gemaak word van verstandelike uiteensettinge en met eie gedagtes vermeng word nie, want menslike denke is nie vry van dwaling nie - omdat dit baie maklik deur My teenstander beïnvloed kan word.
Slegs as `n mens voor My in My Naam spreek oor dit wat My Gees hom geopenbaar het, kan hy verseker daarvan wees dat My Gees dan ook deur hom sal werk en Ek hom die woorde wat hy moet uitspreek, in die mond sal lê. En daarom lê Ek elke ontvanger van My Woord met alle nadruk op die hart om My Woord suiwer te hou. Want waar Ek spreek, waar Ek My Woord na die aarde stuur, daar is `n toevoeging deur mense waarlik nie meer nodig nie, maar eerder `n gevaar waarteen Ek waarsku. Want wat u nodig het aan kennis, dit deel Ek Self aan u uit; wat u nie besit nie, hoef u nie te weet vir die missie waarvoor Ek u uitgekies het nie, waarvoor Ek u oplei, sodat u dit kan vervul. En steeds sal Ek u Self gee, as u begeer om te ontvang en u sal altyd in die besit wees van die suiwerste waarheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205