Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

WAARHEID IS LIG; DUISTERNIS `N GEVOLG VAN LIEFDELOOSHEID
B.D.8519 - 5 Junie 1963
Wie soek, dié sal ook vind, dog nooit sal slegs die verstand kan beoordeel wat waarheid en wat dwaling is nie. Sy wil om vas te staan in die suiwer waarheid moet uit die diepste van die hart kom, dan sal ook die hart in staat wees om waarheid van dwaling te onderskei. En daar is baie dwaling in die wêreld verbrei, sodat daar wel van `n digte duisternis gespreek kan word, want slegs die waarheid is lig. En byna lyk dit asof die waarheid geen ingang meer kan vind nie en deur die duisternis verslind word. Tog sal sy steeds weer soos `n ligstraal deurbreek en opheldering bring aan die mens wat vurig na die waarheid verlang. Dog suiwer verstandelik sal sy nie verwerf kan word nie, anders sou intelligente mense ook altyd die waarheid moes besit het - en vir `n minder begaafde mens sou elke lig dan `n verborgenheid wees. `n Ander faktor is egter beslissend om in die besit van die suiwer waarheid te kom, naamlik:
Die hart moet in staat en bereid wees om lief te hê, dan word die lig in die mens self ontsteek en hy sal dan waarheid van dwaling kan onderskei. Hy sal die waarheid begerig aanneem en elke dwaling afwys. Dat die aarde nou in die diepste duisternis lê, is gegrond in die liefdelose lewenswyse van die mens. Die liefdeloosheid is sinoniem met die verduistering van die gees. Liefde alleen is die lig wat die helderste insig skenk.
Liefde wek die geestesvonk in die mens tot lewe, en liefde straal die lig van die wysheid uit. Wie dus `n hart het wat bereid is om liefde te skenk, sal ook nie ten prooi val aan dwaling nie. Sy denke sal na die waarheid wees, want hy is reeds deur die liefde met My verbonde - en dan kan My ligstraal in sy hart val en hom insig verskaf oor alles wat hy begeer wat kennis betref.
Ook sal alleen `n liefdevolle mens daaroor nadink of hy reg dink, of hy die waarheid besit of in dwaling verval het, wanneer geestelike leringe vir hom aangebied word. Want dit laat `n liefdelose mens onverskillig of sy denke korrek gelei word of nie. Dog gelukkig sal alleen die mens wees, wat die waarheid herken en aanneem, want die waarheid sal hom vrymaak en sal ook aan sy aardse lewe die egte inhoud gee. Slegs die waarheid sal hom opheldering gee oor die sin en die doel van sy aardse bestaan. Die waarheid sal altyd innerlike vrede besorg en hy sal die doel dat hy in die waarheid glo en dit erken - waardig vind om na te strewe.
Deur die waarheid sal die mens ook nader aan My kom, hy sal My herken en nastrewe en hy sal elke dwaling as teen My gerig beskou, en afwys of bestry. Ook sy aardse lewe sal vir hom dan waarde verkry; as kennis volgens die waarheid aan hom gebring word oor elke samehang en die korrekte verhouding van die mens tot God, sy Skepper en Bewaarder. En hy sal op Hom afpyl in die besef, om die geluksaligheid te bereik wat hy nog nie as mens vermag het om te ervaar nie. Die aardse lewe sal vir hom dan eers sinvol voorkom, wanneer hy oor alles volgens waarheid onderrig is.
Die duisternis daarenteen kan `n mens nie gelukkig maak nie, en elke dwaalleer is geestelike duisternis wat nooit `n mens kan verbly nie, maar wat deurbreek sou moet word deur `n ligstraal, wat `n waarheidsgetroue kennis beteken.
Hoe ryk is `n mens wat na die waarheid verlang, want hy sal dit ook onherroeplik ontvang; omdat Ek die Waarheid self is en elke verlange na My vervul sal word.
Maar dit is baie moeilik om in die diepte van die geestelike duisternis waarin die mense momenteel verkeer, `n lig na binne te bring; juis omdat die mense blind is en ook nie meer in staat is om `n ligstraal te sien nie. Hulle oë is deur verblindende ligte verswak en kan nie meer `n sagte ligstraal onderskei nie. En hierdie skynligte jaag hulle na en hulle beland in steeds dieper duisternis. Hulle kan egter nie gedwing word om `n egte lig aan te neem nie. Hulle moet in die duisternis met hulle hele hart na `n ligstraal verlang, dan sal dit ook in hulle ontbrand en hulle so weldadig aandoen dat hulle die duisternis sal wil ontvlug.
Ek laat steeds weer die lig na die aarde straal en Ek ken die wat na die waarheid verlang. En waarlik, hy sal dit ontvang, maar die ernstige verlange daarna moet dit voorafgaan. Die wil van elke mens is egter vry, en wend hy homself na die lig - dan sal hy dit waarlik nie hoef te betreur nie. Soek hy egter die duisternis - dan sal hy in die duisternis omkom, want dit sal hom altyd maar net in die bereik van My teenstander voer; terwyl die waarheid na My lei, wat slegs deur die waarheid te bereik is. Want die waarheid gee u mense `n duidelike beeld wat u nodig het vir u siel, sodoende is die waarheid die weg wat na My en na die Ewige Lewe lei. Die waarheid is die lig wat van My uitstraal in elke mensehart wat in die liefde leef, en homself by My; as die ewige Liefde, wil aansluit. Hy sal sy doel bereik en met lig deurstraal terugkeer in sy Vaderhuis.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205