Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE LIEFDE IS DIE SLEUTEL TOT DIE WYSHEID
B.D.7251 - 10 Januarie 1959
U sal verkeerd dink, as u die gebooie van die liefde tot God en u naaste buite beskouing laat. Dit help u niks, al ondersoek u nog soveel en dink u nog soveel na, sonder `n eie lewe van liefde sal die resultaat van u ondersoek altyd `n mislukking wees, dit wil sê, dit sal nie aan die waarheid beantwoord nie.
U kan die proef egter maak en u sal verbaas staan, dat en hoe u denke verander. Elke mens kan homself tot liefde verander, omdat die vermoë om lief te hê, vir hom in die hart gelê is en dit meestal aan sy wil lê as hy hierdie gawe nie wil gebruik nie, as hy nie tot liefdevolle handelinge wil oorgaan nie. Daarom sal maar weinig mense hierdie proef wil doen - en tog kan hulle hulleself daardeur so maklik `n bewys verskaf, wat hulle oneindig sal verbly, omdat dit skielik lig sou word in hulle hart. Dat die wysheid, die lig van die insig, slegs die gevolg is van `n lewe in liefde; wil egter nie deur die mense as waarheid aangeneem word nie, want hulle kan die aandrang van die hart nie in ooreenstemming bring met werk van die verstand nie. Hulle wil die gevoelslewe nie verbind met skerp verstandelike denke nie.
En tog is die liefde die sleutel tot die wysheid en geen mens sal in die waarheid wandel wat nie die gebooie van die liefde tot God en die naaste onderhou nie. Tog is dit so 'n eenvoudige verklaring, dat God die WAARHEID en ook die LIEFDE Self is. Die een is nie sonder die ander denkbaar nie, soos ook die vuur volgens die natuurwet lig uitstraal, so is ook uit die vuur van die liefde die lig van die wysheid afkomstig. Die verstand is nie voldoende om die waarheid te deurgrond nie, maar die verstand met liefde gepaardgaande ondersoek, is die diepte van die goddelike wysheid. En al lyk hierdie uitspraak ook hoe aanmatigend vir u mense, u sou uself die bewys kan verskaf as dit u ernstige wil sou wees om maar net in die waarheid te wandel.
Daarom sal al u pogings vrugteloos wees as dit daarom gaan om agter geestelike geheime te kom, agter dinge wat homself nie laat bewys en wat tog vir `n waarheidsliewende mens van betekenis is. `n Mens wat egter sy wese, wat in die begin van sy beliggaming vernaamlik net eieliefde ken, verander het in onbaatsugtige naasteliefde; sal ook sodanig dink dat dit volgens die waarheid sal wees, en hulle veel nader is as die denke van `n verstandsmens, waar die liefde ontbreek.
U mense moet dit glo en u wese verander, sodat dit tot liefde word en u sal u opdrag op aarde vervul het en helder lig van insig is dan reeds u loon op aarde - en nog veel meer in die ryk hierna, wat u almal weer sal betree na u lewe op hierdie aarde, omdat dit u ware Vaderland is, wat u eens vrywillig verlaat het en u in die duisternis laat stort, deur die uitdoof van die lig van die liefde in u.
Op aarde is u nie bewus van die geestelike verband nie, maar ook daar was die liefdeloosheid die faktor wat die skuld was van u geestelike duisternis. En dit kan dan eers weer lig word in u, as u u eieliefde verander in onbaatsugtige naasteliefde en u weer daardeur nader aan die Godheid kom, wat in Haarself Liefde is en wat u weer wil terugwen.
En sodat u denke weer ophelder en u ook die samehang leer begryp wat met u aardse opdrag in verband staan, moet u weer die liefde in u laat ontbrand. U moet, om dit eenvoudig te sê, weer tot God terugkeer, u met Hom verbind, wat in Haarself die LIEFDE is. Dan sal lig en krag en vryheid u weer beskore wees soos dit was in die allereerste begin. En u sal alles oorduidelik insien, u sal weer salig wees as die ewige LIEFDE u deurstraal soos eertyds.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205