Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DEUR DIE LIEFDE KOM U TOT INSIG
B.D.8134 - 24 Maart 1952
Ek wil My teenoor u uiter, sodat u kennis verkry ooreenkomstig die waarheid, en vanuit die kennis sal u nou ook leer om u aardse lewe met ander oë te bekyk, sodat u dit dan ten volle bewustelik leef in verbinding met My en uself gereedmaak om gestadig krag te ontvang. Want u mense is kragteloos, solank u geen beroep doen op die toevoer van My krag nie. Die lewenskrag staan weliswaar tot u beskikking, maar as u dit nie volgens My Wil toepas nie, sal u aan die einde van u lewe in die gunstigste geval aardse goedere versamel het, wat u egter moet agterlaat wanneer die uur van die dood gekom het.
Rig uself egter volgens My Wil, dan kan u ook met u lewenskrag goedere vir uself verwerf, wat blywend is en wat u sal volg in die geestelike Ryk. U kan vir u ook `n onafgebroke verbinding met My geestelike krag verwerf - en dan eers vervul u u eintlike lewensdoel. Die kennis daaroor wil Ek u verskaf, want u is nog solank sonder insig, terwyl dit u nog aan liefde ontbreek, as u nog geen werke van liefde verrig nie - waartoe die lewenskrag u egter in staat stel.
Dit is dus My Wil dat u moeite doen om in die liefde te lewe. Dan versamel u vir uself geestelike goedere, en dan ontsteek u in uself `n lig wat vir u insig beteken, `n kennis wat ooreenstem met die waarheid. Dan bring u ook die verbinding met My tot stand en dan kan krag regstreeks aan u gestuur word. En u sal die weg wat omhoog gaan, aflê en strewe na voleinding, u sal die doel bereik wat die sin is van u aardse lewe.
Solank hierdie kennis u egter totaal ontbreek, is u nog geestelik blind en leef u slegs vir hierdie wêreld. Al u gedagtes is slegs op die aardse gerig en u gebruik u lewenskrag slegs vir die welsyn van u liggaam, aan die siel in u dink u egter nie. Maar die liggaam is verganklik, die siel daarenteen kan nie vergaan nie - en oor haar lot moet u uself bekommer. Sy het krag nodig wat u haar ook net kan gee as u werk van liefde verrig. As u uself innig met My verbind in gebed, as u dit moontlik maak dat Ek u regstreeks krag kan laat toekom, as u My Self tot u laat spreek.
Dan word aan u `n mate van krag gestuur wat u in staat sal stel om `n korrekte lewenswandel te gaan op hierdie aarde. Die regstreekse toespreek is `n oordrag van krag van groot betekenis, en daarom sal Ek altyd bereid wees om tot u te spreek, omdat u almal baie krag nodig het, omdat u almal nog te min liefde beoefen en daarom is die toestroom van die krag van die liefde ook nog gering.
Maar Ek wil u aanspoor tot liefde. Ek wil u in alle wysheid onderrig wat u moet doen op aarde om salig te word, soos u was in die allereerste begin. Ek wil in u `n lig ontsteek, omdat u self in duisternis ronddool. Maar u moet self bereid wees om die lig aan te neem, u moet u vrywillig oopstel en My spraak aanhoor, wat u steeds sal doen as u My nie regstreeks verneem nie, maar om My dienare wat My Woord aan u oorbring, gewillig aan te hoor.
U sal groot seën ondervind deur u bereidwilligheid om My aan te hoor, want die krag sal in u binnestroom - omdat My Woord met My krag geseënd is. En die lig in u sal in intensiteit toeneem, hoe dikwels u My die geleentheid gee om u aan te spreek, u sal in kennis toeneem en u sal dit ook bemerk dat dit waarheid is wat aan u oorgebring word, want slegs die waarheid het die krag om u tot voleinding te bring. En as u in die besit van die waarheid wil kom, dan moet u uself aan My as die ewige Waarheid toevertrou. U moet uself met My verbind in gebed of deur werk van liefde en u wil moet steeds op My gerig bly. U sal dan vervul word met `n kennis na waarheid, want Ekself het u die belofte gegee dat Ek u sal binnelei in die waarheid, dat Ek My Gees vir u sal stuur, dat Ek Self by u sal bly tot aan die einde.
En waar Ek is, is ook die waarheid. Waar Ek is, is die Liefde en waar Ek is, is ook die Bron van krag van die ewigheid. Daarom moet u slegs vurig verlang na My nabyheid, My teenwoordigheid en waarlik, u sal nie leeg heengaan nie. U aardse lewe sal nie tevergeefs geleef wees nie. U sal `n oormaat aan lig en krag kan ontvang en na u dood sal u kan ingaan in die Ryk van Lig en Saligheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205