Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

GEESTELIKE KENNIS IS HOËR TE WAARDEER AS DIE RESULTATE VAN DIE VERSTAND
B.D.8611 - 15 September 1963
U kan oor alles waarmee u gedagtes hulle mee besig hou, opheldering ontvang, as u uself tot My sal wend en My vir die waarheid vra. Ek deel nie uit in beperkte mate nie - maar altyd in ooreenstemming met die graad van rypheid, sodat wat u ontvang, ook altyd begryplik vir u sal wees, wat daar deur middel van gedagtes of in direkte vorm deur My aanspreking van bo na u toe kom. Dit sal egter altyd dieselfde waarheid wees. En selfs as Ek die mens nog nie vertroud kan maak met die diepste kennis nie, sal sy vrae tog altyd volgens waarheid beantwoord word, maar steeds so dat hy dit kan begryp. En so moet alle onderrig wat sy oorsprong in My het, steeds met mekaar ooreenkom, anders sou u aan die Bron daarvan kan twyfel. Elke mens kan egter sy graad van rypheid verhoog, dus kan hy ook steeds dieper ingelei word in geestelike kennis. En hy sal dan seënryk besig wees op aarde, omdat geestelike kennis hom steeds sal aanspoor om dit deur te gee.
`n Mens wat eens My onderrig aangeneem het, sal nie meer kan swyg nie. En dan sal die ooreenstemming ook aan die dag kom tussen mense wat hulleself tot My wend om die korrekte denke en waarheidsgetroue kennis. En mense wat daar vas staan in die korrekte denke sal ook altyd bereid wees om arbeid in die wingerd te verrig, want hulle word innerlik deur hulle gees daartoe aangespoor om die medemens opheldering te verskaf.
Word `n mens egter regstreeks deur Myself onderrig deur sy gees, sodat kennis aan hom oorgebring word wat skriftelik vasgelê kan word, dan is hy ook gekenmerk as arbeider in die wingerd, want dan het hy ook die opdrag om die beskikbare geestelike goed te verbrei, aangesien Ek alle mense wil aanspreek en dat Ek `n kontakpersoon wat vir so 'n missie bekwaam is, daartoe opwek. En dan is sy opdrag ook duidelik, want `n omvangryke geestelik kennis is nou nie te ontken nie en kan ook nie sonder doel na die aarde gestuur word nie.
Hoewel `n sekere graad van rypheid nou ook weer eers nodig is dat sulke geestelike goedere opgeneem en begryp kan word, so kan dit tog daartoe bydra om die mense aan te spoor tot `n bewustelike lewenswandel, wanneer hulle eers eenmaal kennis geneem het van so 'n ongewone kennis. Altyd sal die wil van die mens beslissend wees en die verlange om kennis oor die waarheid te ontvang, want vrae kom wel in elke mens op oor gebiede wat nie vir die verstand toeganklik is nie, wat die gees in die mens egter kan deurgrond. En na gelang van die rypheid van die siel van `n mens, word die suiwer waarheid nou ook aan hom geskenk, tot heil van sy siel.
Nimmer mag die mens egter die resultate van sy verstandelike denke hoër aanslaan as die kennis wat die gees in die mens openbaar, want die gees staan bo die verstand, vir die gees wat `n deel van My is, is niks onbekend nie. Hy kan die mens oor alles opheldering gee, terwyl die gebied wat die verstand kan deurgrond, begrens is en nooit in die geestelike Ryk kan binnedring nie. Goddelike openbaringe is daarom nie te onderskat nie, inteendeel, geen skerp verstandelike denke lewer nog sulke resultate op wat daarmee te vergelyk is nie.
En so sal u ook die groot betekenis daarvan ten volle kan besef wanneer Ek `n omvangryke kennis deur `n mens na die aarde stuur, en u sal dit begryp dat dit My Wil is dat die kennis verbrei word, en dat Ek daarom alle pogings sal ondersteun wat van die kant van My ligdraers onderneem word, om aan hulle medemens lig te bring. U sal dit begryp dat Ek die mense seën wat My as knegte wil dien in My wingerd. Wat is daar wel belangriker in die aardse lewe as om in die waarheid vas te staan, dus om die medemens die waarheid te bring wat Ek van bo na die aarde stuur? Die mense kan hulleself gelukkig prys aan wie opheldering geskenk word, terwyl hulle self nog verkeerd dink, want slegs die waarheid skenk hulle die lig wat die weg verlig wat na My voer.
Wie self die waarheid innig begeer, die staan ook vas in die korrekte denke, omdat Ek hom self verlig, en hy sal homself verheug om die bevestiging van sy denke in My Woord te vind. Dog moet die weg eers vir baie mense gewys word. Hulle moet eers My Wil ken en aangespoor word om volgens My Wil te lewe. Dan eers begin die tweede lewe ook in hulle, sodat hulle naas hulle aardse lewe `n geestelike lewe lei. En dan sal die verlange na die waarheid ook in hulle ontwaak en volgens hulle verlange kan dit geskenk word.
Daarom, probeer almal om u graad van rypheid te verhoog, dan kan u ook steeds dieper in die waarheid binnegelei word. Daar sal die diepste wyshede ook aan u onthul kan word, wat vir u terwille van u lae sielerypheid onbegryplik was. Maar Ek deel nooit in beperkte mate uit as u My liefdesgawes begeer nie. Ek sal geestelik en ook aards aan u dink, want wat u vir siel en liggaam nodig het, sal u ontvang sodra, alleen geestelike goedere vir u die vernaamste is. Want u liggaam sal vergaan - die siel bly egter bestaan, en sy moet in die eerste plek versorg word, en haar verlange sal te alle tye vervul word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205