Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

SLEGS DIE WAARHEID VOER NA DIE LIG
B.D.9029 - 11 Augustus 1965
U kan `n lang weg op aarde gaan en tog nie by die doel aankom nie, as hierdie weg u op `n dwaalspoor bring. Daarom laat Ek u op hierdie weg voortdurend ligbodes teëkom, vir wie u weliswaar ook sou kan afwys - deur nie na hulle aanwysings oor die korrekte weg te wil luister nie. Ek sal hulle steeds weer stuur, omdat My Liefde u nie wil laat verdwaal nie. As u tog maar aandag daaraan sou wil besorg dat u nooit ongewaarsku u weg gaan nie; dat u altyd van `n kant af advies gegee word om goed en liefdevol te handel. Want dan sou u altyd lig ontvang, u sou dit insien as u in dwaling ronddwaal en dan sou die gevaar oor wees, dat u vir uself die weg onnodig verleng. Dan sou Ek u voortdurend krag kan laat toekom om steeds opnuut werke van liefde te doen. En spoedig sal dit helder en lig in u wees, sodat u die aardse weg sonder angs kan aflê om die ware doel te bereik.
Want alleen die dwaling is `n hindernis vir u versekerde vooruitgang, omdat die dwaling die werk van My teenstander is, wat alles doen om die waarheid teen te gaan. En solank u onder sy heerskappy staan, sal u uself ook teen die waarheid verset. Ek gee u egter die verstand wat u nou ook op die korrekte manier moet gebruik, deurdat u sal nadink wat wel die rede sou kan wees van u gebrekkigheid, wat u sou moet insien. En sodra hierdie gedagte in u erns is, sal daar ook `n bevredigende antwoord tot u kom, wat u weliswaar ook slegs as resultaat van die denke sal beoordeel, maar wat u nie deur deurslaande teenbewyse sal kan weerlê nie, sodat u nou ten volle hiervan oortuig sal wees.
Want in u is `n sagte stem wat u aanspoor en wat u ekstra gegee is, en dit, as u eerlik teenoor uself is, as My Stem herken kan word. Alles sal vir u maklik wees as u maar insien dat daar bo u `n God en Skepper is, en u uself gewillig aan Hom onderwerp. Dan lei Ek u Self, en waarlik oor `n weg wat vir u nie moeilik sal voorkom nie, want Ek is Self die Steun aan Wie u uself moet vasanker, wat u nie meer sal verloor nie, want Ek lei u totdat u u doel bereik het.
Slegs die geloof vra Ek van u, omdat u andersins eensaam en verlate deur die aardse lewe rondgedwaal het en `n speelbal geword het van hom - wat u na die afgrond wil voer. En net die waarheid moet maar daar vir u aangebied word, wat soos `n helder lig straal en u sal verbly. En die waarheid gaan van My uit en dit word eendag vir elke mens aangebied, maar dit moet uit vrye wil aangeneem word, want dit kan nie gedwonge gegee word nie.
Ook My teenstander kan u nie daartoe dwing om die waarheid af te wys nie. Dit bly slegs aan uself oorgelaat welke houding u inneem teenoor die waarheid, en daardeur ook teenoor My. Maar eenmaal sal u oor hom seëvier, wat u op `n dwaalspoor wou bring, wanneer u die waarheid teenoor hom sal kan stel.
En dan sal u weer in die lig staan, soos in die allereerste begin - toe u die helderste insig gehad het en salig was. Daarom let op My bodes wat op u weg staan en vir iedereen nog `n klein liggie wil aansteek, hoor hulle aan sonder beswaar, al is u nie dadelik eens met die inhoud van hulle woorde nie. Maar dink daaroor na en laat My, as u God en Skepper daarby aanwesig wees. En Ek sal waarlik u gedagtes goed lei en u ook steeds op die dwaling opmerksaam maak, sodat u dit nie sonder ondersoek aanneem nie. Dan toon u reeds `n verlange om in die waarheid te wandel en daarmee sal rekening gehou word.
Want dit is die grootste boosheid, dat die aardse wêreld alleen gebaseer is op dwaling, omdat sy die eens van My afgevalle geeste herberg, wat My teenstander in `n verkeerde denke laat verstrik het, en dat hulle nie vroeër daarvan kan vry kom, totdat die suiwer waarheid ingang gevind het - wat egter die mens self deur sy vrye wil moet doen. Daarom is daar so weinig lig onder die mense. Maar een en ieder wat die ernstige wil het en homself in volle vertroue aan My oorgee, kan tot die lig kom, omdat Ek hom in die waarheid sal binnelei – sodat dan ook aan hom gegee word, volgens sy wil.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205