Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

LIEFDE - KENNIS –WAARHEID
B.D. 8031 - 3 November 1961
Ek sal groot kennis vir u ontsluit, as u sal toelaat dat Ek My aan u openbaar, want hierdie belofte het Ek u gegee toe Ek op aarde geleef het, dat Ek u met die waarheid sal bekendmaak. En dit beteken, dat Ek u `n sodanige kennis wil laat toekom, dat u uself nie meer in duisternis van gees hoef te bevind nie, dat u - al is dit in die begin slegs gering, insig sal verkry - dat u opheldering gegee word oor Myself en u verhouding tot My.
In totale onwetendheid het u die aarde as mens betree, en dit is `n toestand van geestelike duisternis wat u waarlik nie gelukkig kan stem nie. En in hierdie duisternis kan u nie die weg na My vind nie, wat u tog tydens u lewe op aarde moet gaan - omdat u terugkeer tot My, die enigste doel van u aardse lewe is. Dus moet die duisternis eerstens verdrywe word, daar moet `n klein ligvonkie in u begin straal en u moet langsaam in kennis binnegelei word oor u God en Skepper - en dat u van Hom uitgegaan het. U moet aanwysings ontvang oor Sy Wil en die gevolge van die vervulling van hierdie Wil. U moet die gebooie van die liefde tot God en die naaste leer ken en weet dat u saligheid van die vervulling daarvan afhang. Dat dit die doel en die betekenis van u aardse bestaan is, omdat u andersins ewiglik nie na My toe kan terugkeer nie.
En so moet u ook tot kennis kom dat u God en Skepper `n Wese is, wat in hoogste volmaaktheid werksaam is, dat in Hom Liefde, Wysheid en Mag is en dat die Wese gedurende u aardse lewe eise aan u stel, en dat u hierdie eise moet nakom. Word die kennis in alle waarheid vir u bygebring, dan sal dit ook u lewensweg soos `n lig verlig. En dan lê dit by die wil van elkeen persoonlik om die lig steeds helderder in homself te laat straal; wat geskied deur die vervulling van My Wil, deur die vervulling van die gebooie van die liefde. Want "wie My gebooie onderhou - hulle is die wat My liefhet, na hom toe wil Ek kom en My aan hom openbaar!"
Ek kan dus nou die gebied van sy kennis vergroot. Ek kan hom opheldering gee op elke manier. Hy sal steeds maar net vrae aan My hoef te rig, wat Ek vir hom sal beantwoord, regstreeks of ook wel in die vorm van gedagtes wat aan hom van My af gestuur sal word. `n Omvangryke kennis kan aan hom gebring word oor My en My Wese, oor My bestuur en werk, oor die gehele samehang wat die ontstaan van die skepping verklaar, oor die sin en die doel van alle skeppingswerke en oor die eintlike opdrag van die mens wat op aarde leef. Ek kan die mens uitvoerig deur My openbaringe onderrig en `n aansienlike mate van kennis aan hom laat toekom, sodat hy dan ook kan sê dat hy die ware insig het, dat hy weer `n lig in homself ontsteek het, wat hy self deur sy afval van M, uitgedoof het, sodat hy in die diepste duisternis geval het. En langsaam kan hy nou weer nader aan sy oertoestand kom, want die duisternis van gees het eers deur die verval gekom en die lig verkry hy deur die terugkeer tot My.
En of u mense nou oor `n skool se kennis beskik, is nie beslissend vir die toestand van u gees nie, want dit sal vir u onbegryplik bly, ook al is dit volgens die waarheid, solank as wat u nog nie deur die liefde, die lig in uself ontsteek het, wat u nou van binne uit kan verlig nie - en u nou die waarheid as sodanig kan herken. Maar u moet tot die waarheid kom, aangesien u andersins blind deur die aardse lewe sal gaan en geen enkele samehang sal kan begryp nie.
Die liefde skenk u daardie lig, dit wil sê, is die liefde in u, dan staan u in innige verbinding met My en dan verlig Ek u Self en u kan nie anders as om korrek te dink nie. U begryp alles en u is dan nie meer in die geheel onwetend nie. U kan egter nooit wetend wees of word sonder liefde nie, want die liefde is die lig wat u binnelei in die waarheid, maar sonder liefde sal u vir ewig in die duisternis bly.
Ontvang u ook kennis wat alles verklaar en wat u ook sal bevredig, dan sal u toeneem in wysheid, geloof en krag. Want hoe dieper u binnedring in geestelike kennis, hoe oortuigender kan u glo en hoe nader kom u na My toe en ontvang van My krag in `n regstreekse vorm.
Onuitputlik is die bron van kennis en onbegrens die gebied wat slegs Ek vir u kan ontsluit. En al vergaan daar ewighede, u sou nooit tot `n einde kom nie, omdat My skepping oneindig is, en omdat wat volmaak is, ook ewig onbegrens moet wees. Daarom kan kennis wat betrekking het op `n geestelike gebied, nooit afgesluit wees nie. Dog wat vir u mense nodig is om te weet, wat vir die voltooiing van die siel absoluut noodsaaklik is, dit kan u ook in beperkte mate aangebied word. Maar dit hang van u vrye wil af of u hierdie maat wil verhoog of tevrede is met dit wat Ek u gee.
AMEN B.D.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205