Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

IS DAAR `N BEPAALDE KENNIS OP AARDE NODIG? DIE GEBOOIE VAN DIE LIEFDE
B.D. 1501 - 24 Januarie 1960
U sal geen kennis onthou wat nodig is vir die rypwording van die siel nie, en daarom word My Evangelie aan u verkondig, die goddelike leer van die liefde. Want eerstens moet u liefde beoefen om tenminste te kan begryp dat `n uitgebreider kennis gestuur aan u word vanuit My liefdevolle sorg vir die heil van u siel. My Evangelie verkondig aan u dus in die eerste plek My twee gebooie, die liefde tot God en die liefde tot die naaste. En as u dit sal vervul, sal u ook in staat wees dat u verdere kennis kan opneem. Want dan word u gees tot lewe gewek en hy onderrig u van binne af, dit wil sê, hy gee u die insig ook dan, wanneer die kennis wat van My uitgaan, u van buiteaf gebring word.
Die liefde is egter die vernaamste en `n omvangryker kennis sal u nie baat, as u die liefde nie het nie en dan in die gees totaal dood genoem kan word.
Maar die mens wat in die liefde leef, het wederom op aarde geen groter kennis nodig nie. Hy sal deur sy lewenswandel ryk word en plotseling die insig ingegewe kry, as hy die aardse wêreld verwissel met die geestelike Ryk. Ewenwel is `n geestelike kennis op aarde ook seënryk as dit op die korrekte wyse benut word. As die mens wil binnedring in die geestelike samehang, as hy homself `n korrekte voorstelling sou wil vorm oor My bestuur en My werksaamheid. Want dan sal hy My steeds meer leer liefhê en steeds 'n groter kennis begeer, omdat die geestelike honger gewek word deur onderrig wat van My af uitgaan.
En daarom word u mense deur My aangespreek, omdat slegs Ek as die ewige Waarheid Self, u die kennis kan laat toekom wat ooreenkom met die waarheid. Ek weet waarheen My Woord gebring word.
Ek weet waar dit weer 'n korrekte begrip ontmoet en Ek weet waar liefde beoefen word en die mens sy bes doen om volgens My Wil te lewe. En hulle ontvang dus `n kennis wat aangepas is volgens hulle siele rypheid, hulle verlange na die waarheid en hulle lewenswandel.En elkeen kan nou met hierdie kennis doen wat hy wil. Hy kan gebruik maak daarvan, deurdat hy dit verder bring, of ook homself intensief daarmee besig hou. En hy kan dit vermeerder, as dit sy ywerige strewe, en hy van goeie wil is. Dan sal aan hom steeds meer geestelike kennis gestuur word en hy sal die gegewe dankbaar uit My Hand aanneem; soos wat sy siel uitryp, so ook sal sy kennis toeneem, want `n dooie gees verlang om niks te ken oor die geestelike Ryk nie. Geen mens moet homself egter bedruk voel as hy nie baie geestelike kennis besit nie. Want as hy maar op aarde leef volgens My Wil, as hy maar net My twee gebooie vervul - en dus trag om homself te vorm tot liefde, sal dit eens bliksemsnel helder in hom word as hy die geestelike Ryk betree - en dan sal hy gelukkig wees en bly, want hy sal ook bliksemsnel begryp en alle samehang duidelik insien.
Maar hy moet lewe volgens My Wil, want om My gebooie van die liefde te vervul, kan geen mens gespaar bly nie. Dit is die vernaamste in die aardse lewe, dit is die grondsteen van My Evangelie wat u steeds weer toegestuur word, op welke wyse ookal. As u maar die gebooie van die liefde ter harte neem en dit probeer nakom, dan vervul u ook u aardse lewensopdrag en u help u siel om ryp te word. En die evangelie kan vir u oral uiteengesit word, u moet dit slegs vanuit u wil om My Self te hoor, in ontvangs neem.
U moet na My in My Woord verlang, u moet My daarin herken. U moet u oopstel wanneer My Woord in u weerklink, as Ek u aanspreek om My Wil aan u bekend te maak. Want My Evangelie, die blye boodskap en heilsleer, sal u altyd slegs My Wil verkondig, wat daarin bestaan om u tot werk van liefde aan te spoor en die resultaat van `n lewe in liefde voor oë te stel, sodat u siel ryp en salig kan word.
Dan sal die kennis wat u verlang en wat u nou mag ontvang, u gelukkig maak. U sal My steeds meer leer liefhê, u sal ook u naaste as My kind en u broeder leer sien, u sal ook hom liefde betoon en u wese nou langsaam verander tot liefde, wat u lewensopgawe op aarde is en sal bly tot u voltooi is.
Totdat u uself in liefde met My verenig het en dan met My verbonde bly tot in alle ewigheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205