Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

KENNIS DEUR STUDIE - OF DEUR DIE GEES
B.D.7428 - 14 Oktober 1959
Dikwels dink u mense dat u baie weet, en tog is u geestelik blind, want al die geestelike kennis word eers lewend, wanneer u gees gewek word. Voor die tyd bly dit egter dooie kennis, aangeleerde opvattinge, wat nie waardevoller of beter is as aardse kennis nie. En al probeer u hoe diep grawe, wat u maar net kragtens u verstand probeer verwerf, sal nooit geestelike kennis genoem kan word nie - want eers is dit nodig dat die gees gewek word om ook die kennis te begryp en u eie te maak.
Dit gaan nie slegs oor die inhoud van geestelike leringe nie, sodat dit onder geestelike kennis getel kan word nie. Dit gaan slegs daarom, of die mens met `n gewekte gees oor hierdie kennis nadink en homself tot eiendom van sy gedagtewêreld maak. Want dan eers kan hy spreek van geestelike kennis wat hom vervul. Dan eers sal hy ook dit begryp wat hom vir die tyd, nieteenstaande die grootste denkarbeid, nie juis duidelik is nie. En so kan twee mense verskillende weë gaan, maar tog oor dieselfde geestelike kennis beskik, dit kan slegs vir die een begryplik wees, terwyl die ander slegs die letterlike sin begryp en geen geestelike gewin uit sy kennis haal nie. Want juis die weg waarmee hy tot die kennis gekom het, is maatgewend vir die waarde daarvan.
Die een neem dit van buiteaf op deur studie en ywerige denkaktiwiteit, die ander word dit meegedeel deur die gees, wat in elke mensesiel woon.
En hierdie gees is `n lewende deel van God - en daarom moet ook dit wat hy leer, lewend wees. Die mens moet in kennis binnegelei word wat helder straal en `n ware lig beteken vir diegene, wat voorheen in die duisternis rondgedwaal het.
En oor die kennis kan die eerste nie beskik nie, want hy het slegs die letterlike sin begryp, hy het homself met die “letter”-like sin besig gehou, sonder dat dit lig in hom word. Want slegs die gees kan die ware lig aan hom verskaf, wat maar net gewek hoef te word om homself ook te uiter deur die innerlike stem.
En `n ontwaakte gees kan nou ook vir die medemens opheldering gee, wat vir diegene wat nog nie ontwaak is nie, onmoontlik is. Want hy gee slegs die dooie letter weer, wat hy tot homself geneem het. Die mens moet die gees in homself tot lewe wek, dan eers kan hy van `n korrekte kennis, van die waarheid en van die lig spreek. En die gees kan slegs deur die liefde tot lewe kom. Die mens moet `n lewe in liefde lei, getrou aan die goddelike gebooie, en onherroeplik sal sy gees daardeur lewend word en hom van binne-af onderrig.
Dog, as die proses van die wek van die gees nog nie plaasgevind het nie, dan sal die mens homself ook met vrae pla, as hy dit ernstig bedoel met die waarheid. Of hulle beskik oor `n dosis geestelike denkbeelde, wat hulle ywerig uitdra as waarheid, maar kan innerlik self nie die oortuiging opbring om vir die suiwer waarheid te stry nie, omdat ook die gees eers hierdie innerlike oortuiging vir hulle oorbring. En solank dit nie kan gebeur nie, sal ligte vertwyfeling steeds die mens verontrus, selfs as hy van mening is dat hy die suiwer waarheid verdedig.
Is die gees egter gewek, dan weet die mens ook dat hy in die waarheid vasstaan - en hierdie innerlike oortuiging maak hom tot `n ywerige arbeider in die wingerd van die Heer. En slegs hulle is ware knegte, wat die Huisvader in Sy wingerd kan gebruik. Dit is die dissipels tot wie Hy spreek: "Gaan uit in die wêreld en onderrig al die volkere." Want slegs hulle sal die Evangelie van die Liefde binne Sy Wil verkondig en na hulle sal geluister word deur almal wat van goeie wil is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205