Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

`N SKERP VERSTAND IS GEEN WAARBORG VIR DIE INSIEN VAN DIE WAARHEID NIE.
B.D.8959 - 4 April 1965
Dit is geen goeie teken as die mense in ongelowigheid verdwaal raak nie, want dan staan hulle buite alle verbinding met hulle God en Skepper. Hulle dink slegs suiwer wêrelds en alles wat hulle onderneem, dien slegs tot die onderhoud en welsyn van die liggaam, wat egter vergaan as die laaste uur van die mens geslaan het.
En waar slegs die aardse wêreld die inhoud van die lewe is, daar bly die aardse lewe nutteloos, die siel verlaat die liggaam presies soos haar toestand was by die begin van die beliggaming - en sy het geen stap verder gekom nie. Die mens het sy aardse lewensdoel gemis, selfs al was hy verstandelik hoe hoog ontwikkel.
Juis die skerp verstand hinder hulle om `n geestelike wêreld te sien, as hulle heeltemal sonder liefde is. Dan sal hulle `n God en Skepper ronduit verloën en alle skeppings slegs volgens die wette van die natuur aanvaar – sonder dat hulle daaroor sal nadink, dat daar `n Wetgewer moet wees aan Wie se Wil alles onderworpe is. Sodoende is dan die "hoëre ontwikkelingstrap” van die mens reeds bereik vanuit suiwer menslike oogpunt. Die mens glo dat hy deur sy verstand aan die top staan en kan byna nie meer oortref word nie. Maar in die ontwikkeling van sy siel het hy nie die geringste vooruitgang gemaak nie en hy kan van `n mens, wat verstandelik ver onder hom staan, tog die mindere wees, omdat hy deur God gewaardeer word volgens sy liefde, wat in hom ook `n geloof aan `n Godheid tot gevolg het, ongeag hoe hy dit ook noem.
En as hierdie mens nou deur sy liefde ook die werksaamheid van die gees in homself toelaat, dan sal sy denke steeds nader aan die waarheid kom en dan is hy gered vir tyd en ewigheid.
En so bestaan nou ook die gevaar dat selfs die mense by wie `n versekerde geloof aan God nie ontken kan word nie, homself aansluit by onware geestelike rigtings, waaraan hy met hardnekkigheid vashou, wat Jesus Christus nie as Verlosser van die wêreld wil aanneem nie, en wat daarom, as hulle nie voor die tyd die korrekte inligting kry nie, sonder Hom by hulle dood die ryk hierna binnegaan - en ook daar niks daaroor wil aanneem om Hom ten laaste te vind nie. En die getal van diegene is baie groot.
En daarom sal steeds weer die lig van die waarheid verlig, want slegs die waarheid maak vry. Maar juis die waarheid word nie deur mense met `n ongewone skerp verstand aangeneem nie, behalwe die paar wat dan ook korrek dink en hulleself afhanklik voel van `n alles oorheersende Mag. Hierdie weiniges sal ook hulle kennis van wêreldse dinge saamneem na die hiernamaals en ook weer van daar af die mense opheldering kan gee oor vrae betreffende die wêreld, wat nou presies so dink sodat hulle God erken, wat egter maar selde die geval sal wees.
Die ander gaan egter totaal sonder enige kennis die hiernamaals in. Hulle staan heeltemal leeg en arm aan die poort van die ryk hierna en `n groot donkerheid omring hulle, wat ook nie sal verdwyn, alvorens hulle nie langsaam deur ligwesens tot `n verandering van hulle denke kom nie. Maar die gevaar bestaan ook dat hulle nog verder sal wegsink in die duisternis en dat hulle weer opnuut gekluister gaan word, wat aan die einde van `n aardse tydperk maklik die geval kan wees, omdat daar vir hulle nie meer veel tyd oorbly om van gedagtes te verander nie.
Hulle het dus van hulle ontwikkeling, wat vooruitstrewend moes wees, geen enkele nut nie. Hulle staan geestelik nog ver onder `n mens wat vanweë sy ras geminag word, en wat tog in die hart die liefde kan laat ontbrand, wat nog in `n God glo, ongeag hoe hy Hom voorstel, maar hy voel en glo dat hy uit die Mag voortgekom het.
En wanneer so 'n mens nog in die kennis gebring word oor die goddelike Verlosser Jesus Christus, dan sal hy ook tot die verlostes behoort. Want juis hierdie mense neem dit veel ernstiger en lewe hulle aardse lewe meer bewustelik in hulle verantwoording. Want hier geld ook weer: "Die laastes sal die eerstes wees". Daarom lê daar `n groot seën op die werk van die "predikers" wat hulleself oor sulke mense bekommer, deur hulle die Woord van God te bring, wat teen geen moeite opsien nie en homself onbaatsugtig instel vir die verbreiding van die leer van die Verlossing deur Jesus Christus, want dit is die vernaamste waarvan die mense kennis moet neem.
Wie egter glo dat die lewe met die aardse dood ten einde is, die het sy skerpsinnigheid sleg benut, want daar is genoeg bewys dat daar geen verganklikheid bestaan nie - maar dat alles verander. Daar is niks wat ophou om te bestaan nie, maar alles verander maar net sy uiterlike vorm. En so is ook die siel van die mens onverganklik, maar na die dood kom sy weer in die vorm voor wat ooreengekom het met haar aardse lewe. Sy keer dus weer terug in `n toestand van die dood, omdat sy op aarde versuim het om haarself die lewe te gee. En hierdie toestand is buitengewoon kwellend, maar kan altyd nog `n verbetering ondervind deur die hulp van die ligwesens, wat geen siel aan haarself sal oorlaat as sy haarself nie weer in haar substansie sal verhard nie - en die gang oor die aarde opnuut moet aflê.
Want God is regverdig en die aardse lewe is `n barmhartigheidsgeskenk, wat die mens ook moet benut. Want dit is vir hom moontlik om die lewe vir homself te verwerf wat hom vir ewig tot `n geluksalige wese sal maak.
Maar teen sy wil in kan die saligheid nie aan hom geskenk word nie, want God eerbiedig die vrye wil van die mens.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205