Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

AARDSE KENNIS IS GEEN WYSHEID NIE
B.D.6931 - 30 September 1957
Ook al dink u om wys te wees, u is dit nie solank Ek My lig, wat u gees verlig, nie in u kan laat binnestraal nie. Want wat u as kennis aansien, sal u nie gelukkig maak nie, selfs as dit die waarheid benader. Want dit is slegs aardse kennis, kennis wat oor dit handel wat vir u in die aardse lewe wetenswaardig voorkom. En sou u môre reeds u liggaamlike lewe moet opgee, dan sou ook hierdie kennis vir u verlore wees - wanneer u geen geestelike vooruitgang sou kan aantoon nie. U besit egter nie die wysheid as u nie geestelik daarna streef nie.
Wysheid is die insig van die kennis, wat onverganklik is, wat slegs van My uitgaan en na hom toe stroom wat dit innig verlang. U mense heg egter altyd net waarde aan die resultate van die denke en u ontken alle waardes wat van geestelike resultate te verkry is. U bewys daarmee dat dit nog baie donker in u is, dat daar nog geen lig in u straal nie, dat u in `n betreurenswaardige toestand voortleef, omdat die tyd wat u tot nou toe op aarde geleef het, nutteloos was. U jaag waardelose goedere na as u uself tevrede stel met die kennis wat u tot nog toe vir uself verwerf het, wat uitsluitlik aardse vrae beantwoord, kennis wat probleme oplos wat geestelik beskou, waardeloos is. U bereik nie die doel van u aardse lewe nie, wat slegs daarin bestaan om die geestelike duisternis, waarin u siel haarself bevind, te verander, om u omhulsel op te los, wat die binnedring van die lig verhinder.
U mense besef nie eens u aardse lewensdoel nie. U ken geensins die eintlike opdrag wat aan u gestel is nie; maar u glo van uself om wys te wees as u kennis besit wat slegs aards georiënteerd is, as u oor `n skerp verstand beskik en die goddelike geskenk slegs benut om in suiwer wêreldlike rigting te ondersoek en te pieker. U kan op aarde tot `n hoë aansien kom, u kan ook iets groots presteer in verhouding tot u medemens, maar u kan uself nie wys noem nie, want u sal kragtens u verstand niks kan deurgrond wat buite die bereik is waarin u as mens leef nie. En aan die einde van u lewe sal u moet beken dat u niks ken nie, as u bewustelik u einde sien nader, wanneer u vlak daarvoor staan om deur die poort van die ewigheid te gaan en u oor die sukses van u aardse lewe nadink.
Dan sal die selfversekerdheid wat u het, u verlaat, dan sal u vermoedelik ook van die nutteloosheid van al u moeite bewus word en u sal dankbaar wees vir `n flou ligskynseltjie wat u nog sou kon verkry het oor die eintlike lewensdoel as mens.
Word u, wat dink om wys te wees, nou tydens u aardse lewe `n lig aangebied, dan versmaad u dit uit arrogansie, want as u onder die indruk van `n skynlig is, bespeur u nie die sagte skynsel wat tog in u hart wil binnedring nie, terwyl die skynlig - dit wil sê, u verstandelike kennis, geen innerlike helderheid versprei nie. U moet nooit `n lig afwys nie - al straal dit ook ongewoon. U moet nie probeer om so 'n lig met die verstand te verklaar nie; u moet die oë sluit wat reeds deur die skynlig verswak is en die ware lig in u hart laat binnestraal, dit wil sê, eenmaal al u aardse kennis opsy skuif en slegs stil luister, wanneer wyse woorde by u oor indring.
U moet eendag die tyd daarvoor neem, om net u gedagtes te laat dwaal in `n gebied wat vir u onbekend is, en daarna verlang ook om opheldering daaroor te verkry. En elke gedagte van die aard sal u tot seën word. Want dan sal u kennis ontvang wat u dan as "wysheid uit God" sal herken - en wat vir u waarlik `n groter sukses sal oplewer as deur u nagestreefde wêreldse kennis, wat vergaan soos u self na die liggaam vergaan en die siel nie die geringste voordeel gebring het nie, wat haar in dieselfde duisternis agterlaat as waarin sy die aarde as mens betree het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205