Boek 37 - Verstand - Kennis – Insig
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

AARDSE KENNIS IN DIE HIERNAMAALS
B.D. 5331 - 7 Maart 1952
Elke insig wat u op aardse wyse vir u verwerf het, is vir u mense nutteloos, want dit is vir u slegs van waarde solank u op aarde leef. Gaan u egter die ryk hierna binne, dan is elke herinnering daaraan vir u verlore, as u nie geestelik vir uself `n graad van rypheid verwerf het wat u geskik maak vir die ryk van die lig, waar u helder en duidelik alle kennis en ook u aardse kennis, wat u dan bygebly het, in geval van nood kan gebruik. Maar vir `n gestorwe ongelowige siel sien dit dan sleg daaruit. Want hoe meer sy besit het aan aardse kennis, soveel te meer word sy van die armsalige toestand bewus wat nou heeltemal sonder kennis blyk te wees, haarself weinig of heeltemal gladnie kan herinner nie en haarself op geen enkele manier kan onderskei nie.
Aan so 'n ongelowige siel ontbreek dit ook dikwels aan die herinnering aan haar lewensomstandighede op aarde, en sy vind die herinnering eers dan terug as sy moeite doen om omhoog te kom tot die lig. Dan is sy egter ook buitengewoon dankbaar vir elke greintjie onderrig en sy besef haar toestand, haar nalatigheid op aarde en dikwels ook haar skuld.
Laat dit steeds weer vir u gesê word, dat u u lot vir die ewigheid self op aarde berei, dat u daarvoor moet oppas om op die aarde na aardse goedere, roem, eer en te groot aardse kennis te strewe, omdat dit alles verganklik is. Aardse kennis behoed u nie teen geestelike duisternis nie. Inteendeel, aardse kennis kan baie daartoe bydra om u gees te verduister - en daarteen moet u steeds gewaarsku word. Want in die geestelike Ryk is dit dan moeilik vir `n siel, wat voor die tyd nooit geïnteresseerd was nie, om kennis op te doen in wat die geestelike Ryk haar wil bied, omdat sy haarself deur aardse wetenskap ongeskik gemaak het vir geestelike kennis.
Maar bomatig seënryk kan `n siel werk in die geestelike Ryk as sy die lig besit, geestelik en aards. Want sy kan dan ook die mense op aarde bystaan en hulle raad gee in aardse nood, en haar aardse kennis gebruik waar dit nodig is. Die siele van die duisternis word weliswaar dikwels deur laer kragte beïnvloed, om hulleself te uiter en met hulle vermeende kennis van hulleself te laat hoor. Maar dan is dit nie meer die siel self nie, maar kragte wat deur haarself uitgestraal word, wat bewustelik poog om dwaling onder die mense te versprei, om hulle denke te verwar ten gunste van die duister magte. Daarom is die verbindings van die aarde met die geestelike Ryk ook skadelik, wanneer die geestelike voorwaardes nie aanwesig is nie, naamlik dat geestelik strewende mense hulleself bewustelik met die ligwêreld verbind, dat hulle onderrig wil word, maar om vir die duistere kragte egter geen geleentheid te gee om hulleself te uiter nie - deurdat hulle sal bid vir beskerming teen dwaling en slegte wesens.
Om lig uit te deel, kan slegs deur wesens gedoen word wat self in die lig staan, en die wesens moet bewustelik deur My aangeroep word. Hulle sal gewilliglik hulle kennis uitdeel en gee aan die mense wat geestelike goedere wil ontvang, omdat slegs dit waardevol en onverganklik is, omdat die siel slegs dit met haarself saam kan oorneem na die geestelike Ryk.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205