Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE LIEFDE VAN GOD - KAN GOD LY?
B.D.4444 – 27 & 28 Sept. 1948
Hy wat Homself aan u bekendmaak uit oorgrote Liefde, probeer u met alle volharding te wen en Hy gee u nie op nie, omdat u sedert ewigheid van Hom is. Sy Liefde is onveranderlik, Sy is egter ook wet in Haarself, dit wil sê, alleen liefde kan haarself voeg by liefde en waar God die ewige Liefde Self is, verlang Hy ook na liefde en probeer daarom al Sy skepsels te vorm tot liefde, sodat Hy Homself met hulle kan verenig. En dus probeer Hy die liefde van Sy skepsels te wen en het ewig geen ander doel nie, omdat die vereniging in liefde geluksaligheid beteken vir die skepsel en ook die vreugde van God voortdurend verhoog.
God is volmaak en as volmaakte Wese in staat om onbegrensde geluksaligheid te gee, net soos Hy egter omgekeerd hierdie ook van Sy skepsels wil ontvang, wat uit die krag van Sy Liefde voortgekom die. Geluksaligheid berei stel egter steeds liefde voorop. As God dus na die liefde van Sy skepsels verlang, omdat Hy Homself aan hulle wil skenk, moet die ontbering van die liefde ook die gewende Liefde beperk, dus hoewel Sy nie kan afneem nie, word haar krag tog begrens, wat ook verminderde geluk beteken, by die volheid van die goddelike Liefde eers dan vermeldenswaardig wanneer nagenoeg alle skepsels hulleself van Hom afwend, dus hulle liefde van Hom weerhou, `n toestand wat aan die einde van `n verlossingsperiode in die skepping voorkom.
(28 sept.) Dan neem `n onvergelykbare verlange die plek van vreugde in, wat weliswaar nie, netsoos op aarde vol leed is nie, maar wat vergrote wil om te help en oorgrote barmhartigheid in werking stel. God kan nooit ly nie, tog sal die vergrotende verwydering van Sy wesens van Hom, toenemende ontplooiing van Sy krag tot gevolg hê, dus onophoudelik sal die Liefde van God die liefde van Sy skepsels probeer te wen, omdat Hy hulle nie opgee nie, al gaan daar ewighede verby, totdat hulle hulleself in liefde na Hom toe wend.
`n Toestand van lyding sou haarself alleen dan voordoen, wanneer dit wat eens sy oorsprong uit die Liefde van God gehad het, vir goed aan Sy teenstander verlore sal wees, wat egter nooit moontlik sal wees nie, omdat die volheid van die goddelike Liefde niks verlore laat gaan nie, ja selfs Haar teenstander self (terug) win, al is dit ook na `n eindelose lang tyd, waarvoor geen skatting meer menslik moontlik is nie.
Dat die Liefde van God ooit minder sal word, moet heeltemal tersyde geskuif word, want liefde is so iets geweldig dat sy alles bymekaar kry en die krag van die goddelike Liefde voldoende sou wees om Sy skepsels dadelik aan Hom te bind as Hy Haar in totale volheid werksaam sou laat word. - maar Sy vreugde word groter as Sy skepsels self na Hom toe kom en hulle liefde vir Hom aanbied. En daarom werk Hy net in die geringste mate op hulle in, steeds pogend om die wil aan te spoor dat sy daarna strewe om op Hom gerig te wees.
Keer die wil van die mens homself van God af, dan verminder die krag van God se Liefde ook, maar gee hom tog nie op nie. Die meeding na die liefde van Sy skepsels is eweneens `n daad van geluk, wat weliswaar eers dan vir die mense begryplik word wanneer hulle self die liefde beantwoord, wat ook nooit sal ophou om te probeer om die liefde van die ander te wen nie.
Vervulde liefde is geluksaligheid, maar onbeantwoorde liefde `n toestand van vereensaming wat homself laat voel as kragteloosheid of `n groter krag voortbring, na gelang van die graad van die liefde, om welke rede die wesens van die ligryk voortdurend in liefde werksaam kan wees, ofskoon hulle dikwels teen weerstand stuit van die kant van die mense; omdat hulle vervul is van liefde en ook onbeantwoorde liefde geen vermindering van hulle krag is nie, veel eerder `n verhoogde aansporing om aktief te wees. Die mense op die aarde het nog `n toevoer van krag nodig, wat tot hulle kom deur liefde en daarom beteken gebrek aan liefde, ook gebrek aan krag en energie vir hulle en word dus as toestand van lyding ondervind. Maar die bewussyn bly die mens altyd by dat hy steeds seker is van die Liefde van God, dat die liefde van die mens altyd beantwoord word as sy uitgaan na Hom en dat Sy Liefde die ware geluksaligheid is vir elkeen wat Haar begeer.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205