Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE OPLEIDING VAN DIE DRAERS VAN DIE WAARHEID - DIE STRYD MET DIE SWAARD VAN DIE MOND.
B.D.4565 - 13 Februarie 1949
Alles wat u van My ontvang, is vir u nodig om te weet, as u begin om onderrigtend werksaam te wees om My te dien. U kennis mag geen gebreke toon nie, ofskoon u ook nie in staat sal wees om alle inligting weer te gee nie, maar u sal in alle gebiede goed tuis moet wees, omdat dit by al hierdie dinge daarop neerkom dat u teenwerpinge die hoof moet kan bied en ook die bewys kan lewer dat u onderrig is deur kragte wat `n omvangryke kennis besit waaroor u tevore nie aantoonbaar beskik het nie. Dat nou ook u verstand, in die besonder, deur My opgelei is, om die samehang te begryp, dus daarmee in ooreenstemming ook opheldering te gee, is eweneens `n barmhartigheidsgawe wat Ek uitdeel, wanneer die wil om My te dien, kenbaar is en `n regstreekse onderrigting toelaat.
Want u sal uself daarop moet voorberei, dat mense u kriskras en deurmekaar sal vrae stel, om enersyds, u kennis te toets of u te laat val, as mense hulleself as vyand van die waarheid teenoor u opstel. Wel beweer die teenstanders ook om te strewe na die waarheid, maar hulle lieg vir hulleself, aangesien hulle andersins met u sou moes instem, omdat die waarheid, as sy ernstig gesoek word, ook as waarheid herkenbaar is. Maar die waarheid is lastig vir hulle en daarom breek hulle u af as draers van die waarheid en probeer u onskadelik te maak.
En daarom lei Ek u so op, dat u elke teenwerping sal kan weerlê, dat u kennis ook die vyande sal verbaas en hulle `n werksaamheid van bo nie met oortuiging kan afwys nie, selfs wanneer hulle dit met woorde doen. En daarom herhaal Ek steeds weer die onderrigting, om u as lewendige verdedigers van My woord op te lei, wat verstandelik alles kan motiveer en daardeur die teenstander verslaan; wat dus vir My en My ryk stry met die swaard van die mond.
Ek maak u bekwaam om te praat en wel nie net deur My Gees gedrewe nie, maar ook die verstand sal reageer en dan eweneens getuienis aflê van die kennis wat die Gees hom deur die hart ingegee het. Dan kan die mens wel oortuig wees dat Ek Sy gedagtes korrek stuur en homself sonder bedenkinge wy aan die oplossing van die swaarste probleme as dit deur teenstanders verlang word, en steeds sal hy self kan begryp en verklaar waarvoor `n groot kennis nodig sou wees, as wanneer dit op `n skolastiese manier aan hom oorgebring sou gewees het.
Ek wil u geskik maak vir die arbeid in My wingerd en daarom sal alle gebiede vir u ontsluit word. Want die teenstanders sal van alle kante op u afstorm en u leerstellinge wil verwerp.
Maar een goeie leraar weerlê alle teenwerpinge wat met vyandige opset teen hom ingebring word, `n goeie leraar is selfs in staat om die teenstander te oortuig en hy sal sy kennis steeds versprei, selfs wanneer die plan om dit af te wys, oorheers en diegene wat onderrig, in sy werk gehinder word.
Die waarheid self handhaaf haarself en dat die waarheid haar korrekte verdedigers het, daarvoor sal Ek sorg, Wie die ewige Waarheid Self is en die mense na die waarheid wil lei. Ek sal My dienaars op aarde uitrus met elke bekwaamheid, wat `n suksesvolle arbeid vir My ryk sal verseker, Ek sal kennis aan hulle verskaf wat `n oortuigende uitwerking het en as goddelike wysheid erken kan word deur elkeen wat ernstig ondersoek en homself sal laat onderrig.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205