Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

REÏNKARNASIE, DIE LEER VAN DIE HERBELIGGAMING - DWAALLEER – HEMELLIGGAME
B.D.4590 - 17 Maart 1949
Laat u nie deur vermeende teenstrydighede op `n dwaalspoor bring nie. Soek die verklaring slegs daarin dat u bevattingsvermoë dikwels ontoereikend is om iets korrek te begryp waar `n teenspraak wat slegs deur u veronderstel word, nie hoef te bestaan nie. Dit moet vir u genoeg wees om te weet dat Ek u nooit verkeerd sal onderrig nie en dat Ek u die kennis steeds so sal oordra, dat u voordeel daaruit sal haal vir u siel. Die leer van die “karma” (noodlot) is nie geskik om u tot `n sterker geestelike strewe aan te spoor nie, dit is meer `n beweegrede vir `n lou lewenswandel in geestelike opsig. Reeds daarom is dit vir die siel van min nut en het dit ook nie My volledige goedkeuring dat u mense reken op `n herhaaldelike terugkeer tot die aarde - en daardeur nalatiger word in u geestelike strewe nie.
Die opwaartse ontwikkeling van die geestelike word weliswaar deur My gesteun en waar Ek `n sekere moontlikheid sien om u siel tot rypheid te help, daar is Ek ook tot elke toestemming bereid, ewenwel steeds ten grondslag liggend aan die wette van My ewige ordening, nooit egter deur maar willekeurige moontlikhede te skep nie. Dus moet dit vir u ook begryplik wees dat Ek u nie sal wys op `n herhaalde ontwikkelingsgang op hierdie aarde, wat `n totale mislukking van u gedurende die aardse lewe veronderstel nie. Ek sou u dadelik wil behoed teen mislukking, en daarom waarsku, vermaan en onderrig Ek u - om `n mislukking te verhinder.
Dit sou `n verkeerde manier van onderrig wees as Ek u `n ander weg in die vooruitsig stel om u doel te bereik, terwyl u die korrekte weg nog voor u het wat u dus moet gaan en kan gaan by `n korrekte koers van u wil. En as Ek u die eindelose baie beliggaminge van voorheen voor oë stel, dan is dit om u bewus te laat word van die groot verantwoordelikheid, wat u het vir die kort aardse lewensweg. Die kennis hieroor dien dus slegs om by te dra tot `n vergrote strewe. Egter nie dat u verkeerde gevolgtrekkings maak en nalatiger word in u strewe in die hoop op `n herhaling van `n beliggaming op hierdie aarde - as u nie die doel sou bereik nie.
My Gees sal u sekerlik opheldering gee en as u uself vol vertroue tot My wend; gee Ek u deur My dienare uitsluitsel in hoeverre u denke korrek is. Want as u weet van die oneindige baie moontlikhede om tot rypheid te kom op die tallose hemelliggame in die heelal, dan sou u glad nie op die gedagte kom dat `n siel weer teruggeplaas word op die aarde nie. `n Siel wat egter nog nie volledig voltooi is nie, moet wel nog die baie personifikasies deurmaak waarin sy haarself steeds weer bewys, om dus opwaarts te kan ontwikkel. Die leer van `n reïnkarnasie van die siel berus dus wel op waarheid, maar dit wil nie sê dat die siel dan weer in die vlees gebore, op hierdie aarde sal verskyn nie. Daar bestaan talryke moontlikhede vir `n verdere ontwikkeling op ander skeppings, waar die siel in `n stoflike of geestelike vorm weer voor `n opgawe gestel word, waarvan die vervulling haar `n opstyging sal verseker.
Wanneer `n siel nogmaals na hierdie aarde gebring word, is dit `n groot uitsondering wat `n geestelike missie veronderstel, maar wat nie veralgemeen kan word nie. Onvolmaakte siele wat van die aarde weggeneem is, sal altyd van mening wees om nog op die aarde te lewe. Hulle sal hulself in gebiede bevind waarvan hulle glo om in bomatige woeste en totaal onvrugbare streke verplaas te wees en tog bevind hulle hulself op `n ander hemelliggaam, wat ooreenkomstig hul sielerypheid voorsien is van skeppingswerke van die primitiefste aard - en wat daarom vir die siele `n armoedige en neerslagtige verblyf beteken. Dit is `n moontlikheid vir die loutering van baie materieel gesinde mense wat hul neigings moet oorwin, om dan na gelang van hul wil, op `n ander skeppingswerk geplaas te kan word om self daar verder te ontwikkel.
Maar omdat u nog te veel ’n "liefhebber" van hierdie aarde is, beteken die woord “reïnkarnasie” vir u ook maar net dat hierdie aarde die verblyfplek is van `n siel wat opnuut beliggaam is, terwyl u egter op die onvoorstelbare groot skeppingswerk van My liefde bedag moet wees, wat tog maar net vanweë die ontelbare geeste ontstaan het, wat die weg van voltooiing moet gaan en dan ook gaan op die een of ander wyse. In stoflike skeppings, solank die siel nog nie vergeestelik is nie, dit wil sê, solank sy nog nie ontvanklik vir die lig geword het nie en in geestelike skeppings, waarin ook die vergeestelikte siel self geleidelik hoër kan ontwikkel, waarin dit steeds meer uitkristalliseer en haar self bekwaam maak vir die ontvangs van die "uitstraling van Myself”. Stel uself die oneindigheid voor, beskou die sterrehemel waarvan die ontelbare sterreskeppings is van My liefdeswil, bestem vir die opneem van siele wat nog `n verdere ontwikkeling nodig het. Dan sal u begryp dat nie net is hierdie aarde die draer van wesens wat opwaarts moet strewe nie, maar dat dit waarlik nie nodig is om siele wat in die aardse lewe faal, opnuut op die aarde te plaas nie. Ofskoon dit die enigste plek vir die bereik van die kindskap van God (God is, kan dit tog nie willekeurig meermale gekies word as plek vir die voltooiing van die siel nie.
Sodoende sal die leer van die reïnkarnasie op hierdie aarde as dwaalleer betitel en bestry moet word as skadelik vir die siele. Want dit verswak die wil van die mens en bring `n ernstige verandering van die wese in groot gevaar deur die vooruitsig, om die versuimde in `n volgende lewe te kan inhaal tot die uiteindelike voltooiing.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205